Video: Gewilde Bloem-kuierplek brand af

Foto: Johrné van Huyssteen/Twitter

Cubana, ʼn gewilde kuierplek in Westdene in Bloemfontein, het Saterdag afgebrand.

Dié kuierplek in President Reitzlaan was omstreeks 10:00 in vlamme gehul en is in die brand vernietig.

Volgens Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, was brandbestryders binne minute op die toneel en kon hulle die brand beheer sodat ander geboue nie ook aan die brand slaan nie.

Khedama het gesê niemand is in die brand beseer nie en hulle gaan nie nou spekuleer oor wat die brand moontlik veroorsaak het nie.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het aan Times Live gesê een van die werknemers van die restaurant het glo ʼn ontploffing gehoor en toe ondersoek ingestel en gesien dit brand. Nkabi wou egter net aan Maroela Media bevestig dat die polisie die oorsaak van die brand ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos ·

Wha ha ha!! Binne minute op die toneel…ja right…to brand die hele plek af!

Jacques ·

Lankal nie meer gewild nie. Tyd vir iets beter, baie beter!

At Dippenaar ·

Verlede jaar die tyd Die Dros in Middelburg net so. Kaboem toe brand alle en ons moet on steaks net so los en hardloop!!

IK ·

Steak is só duur, ek sou ná die brand gaan kyk het . . . dalk was dit net ‘well done’ en nog eetbaar? Ook in Warmbad was daar groot vuur by die waterfront. Ek sien die spelling is eintlik ‘Cubaña’ op die naamborde. Daardie ñ is ‘n afkorting vir nn.

Ellisras ·

Die brand by Warmbad het met die gras dakke so vinnig versprei dat niks dit kon keer nie. Gras en vuur is groot vriende

O aarde ·

O aarde! Nou waar gaan die plaaslike ANC nou al hulle skelm dinge uitwerk? Slegte nuus vir hulle.

Mornay ·

Gewilde kuierplek …. regtig … ??? Vir die tenderpreneers ja maar vir die res van ons … glad nie .

Staak saam ·

Ek besoek nie daai tiepe suipgate nie, vir my is dit n wins en nie n verlies nie.

George Pelser ·

Binne minute op die toneel? Hy se net nie hoeveel minute nie. Hoe klink 46?

Estellw ·

Lankal nie meer gewild onder regdenkendes nie. Dit is ñ vrot siek spul gewees. Op die SAUK se Youtube video maak die werkers klaar voorbrand (?) vir ñ lekker vet eis teen die eienaar, want hulle kla kwansuis al maande lank oor die elektriese probleme in die plek.

SUS ·

So bekende kuierplek hier in Honeydew het ook so 2 keer afgebrand …. Versekeringseis of regtig ‘n ongeluk???

Piet OVS ·

Versekering ? So n brand kan n man weer op sy voete bring !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.