Video: Goeie nuus: Kankervegtertjie inspireer musiekvideo

'n Skermskoot uit die musiekvideo. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die musiekvideo. Die video volg onderaan die berig.

Jordan Pelser, die dapper vierjarige seuntjie wat in remissie is nadat hy vroeër vanjaar met Burkitt-leukemie gediagnoseer is, se storie het ʼn musiekvideo geïnspireer wat geld vir liefdadigheid insamel en ook bewustheid oor kindersiektes skep.

Jordan en die ander sterre in die musiekvideo is almal dapper kankervegtertjies wat by die Unitas-hospitaal se pediatriese onkologie-eenheid behandel word. Hulle het onlangs by die hospitaal bymekaargekom om ʼn video vir die liedjie Life, deur Jaryd Rusty Smith op te neem.

Volgens Yolandi Pelser, Jordan se ma, moes van die tonele ʼn paar keer oor geskiet word, maar het die kinders hulle goed van hulle taak gekwyt. “Die kinders was regtig baie sterk, en het dit baie geniet,” het sy Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Die video beklemtoon ook hoe belangrik bloed, en bloedplaatjie-skenkings aan die kankerlyers is.

“Ek dink nie almal besef hoe hard dié kinders elke dag vir hulle lewens veg nie. As jy nie ‘n skenker is nie, oorweeg dit asseblief om ʼn skenker te word. Jy sal een van hierdie kinders se lewe dalk kan red.”

Pelser het gesê dit gaan deesdae baie goed met Jordan. “Hy is op nuwe medikasie, en sy haartjies begin om mooi terug te groei,” het sy bygevoeg.

Hier volg ʼn lokprent van die video. Die volledige weergawe van die liedjie kan vir slegs R12.99 by http://bananatunes.com/product/jaryd-rusty-smiths-gift-to-children-fighting-cancer/ gekoop word. Alle opbrengste gaan aan die Little Fighters Cancer Trust geskenk word.

Kamerawerk en regie: Joe du Toit en Eugene Koekemoer
Vervaardiger en versorger: Yolandi Pelser
Raadgewende vervaardiger en fotograaf: Kobus Schoeman

Lees hier meer oor Jordan se reis.

[wpvideo OxW7N3pe]

  • Hierdie artikel vorm deel van Goeie Nuus-week, ʼn gesamentlike projek deur GrootFM, Maroela Media, Finesse en Rekord. Van 17 tot 21 November plaas ons nie net die klem op goeie nuus nie – ons gaan soek ook goeie nuus wat jou warm om die hart sal maak. Klik hier om al die goeie nuus-artikels te lees wat ons reeds gepubliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marie Jacobs ·

Ek sit en huil snot en trane!! Ons almal kan iets by kinders gaan leer.

Marie Jacobs ·

Jammer dit is 2 x maar kan nie so lekker sien wat ek doen niel

Ria Dormehl ·

Wat ‘n fantastiese gebaar! Mense is nie bewus van wat jy as buitestaander kan doen om ook ‘n bydrae te lewer nie! Hou so aan!!! Mag julle van krag tot krag gaan en ‘n verskil maak!!! Dankie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.