[Video] Gordhan kry staande toejuiging

Die gehoor by die begrafnis van die ANC struggle-veteraan, Ahmed Kathrada. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, is Woensdag staande toegejuig by die begrafnis van die ANC struggle-veteraan, Ahmed Kathrada, te midde van bespiegeling dat die minister moontlik binnekort uit sy pos verwyder gaan word.

Neeshan Balton, direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting, het van die podium aan Gordhan gesê Kathrada het beplan om die minister na die hof te vergesel wanneer die saak tussen Gordhan en die land se banke teen die omstrede Gupta-familie aangehoor word. Balton het toe vir Gordhan gevra om op te staan.

“Oom Kathy het gesê hy sal saam met PG [Gordhan] gaan om hom na die hof te vergesel. Pravin, ongeag of jy in die volgende dae en weke wat kom minister is of nie, jy bly getrou aan die waardes en beginsels waarop Ahmed Kathrada sou trots wees,” het Balton onder luide toejuiging van die gehoor gesê.

Foto: GCIS

Kathrada (87) is Woensdag in Johannesburg se Wespark-begraafplaas ter ruste gelê ooreenkomstig Moslem-geloofsgebruike. Kathrada is Dinsdag ná ʼn kort siekte dood nadat hy ʼn operasie ondergaan het om ʼn bloedstolling in sy brein te verwyder.

Gordhan het later aan verslaggewers gesê hy hanteer die huidige politieke klimaat en gerugte dat hy afgedank gaan word “met professionaliteit”.

Hy het bygevoeg die begrafnis was “ʼn inspirasie”. “Dit is ʼn herinnering waarom ons die ANC is … waarom die ANC aan bewind is en vir wie ons daar is om te dien. Mnr. Kathrada se lewe was vol lesse en ek hoop my generasie en jou sal hieraan gehoor gee.”

Kathrada word oorleef deur sy vrou, Barbara Hogan (67), ook ʼn ANC-veteraan en voormalige minister.

SAUK Nuus het hierdie video van Balton se toespraak op YouTube gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hannah ·

Hierdie gee my weer moed! Dit vra nogal deesdae om jou geloof te probeer hou in hierdie land!

Johann ·

Om te dink dat selfs uit die dood, Jacob Zuma se karakter van gewetenlose self beheptheid skaamteloos uitgekryt word! Gewetenloose bron van barbaarse boosheid….

Johann ·

En die res van die ANC wat sooooo trots is op wie wat wanneer opge offer het? Net om tot niet gemaak te word deur EEN mens se onbesonne boosheid, magslus, korrupte karakter, gewetenlosheid en rasbehepte bloedlus??????? Jacob Zuma: jou barbaarse bestaan sal berou word deur geslagte hierna! Jou nageslag sal hul koppe moet hang in skaamte as daar na hulle gekyk word as deel van jou nalatenskap van n barre landskap van wat jou selfbesotte lafhartigheid agtergelaat het. !!!!!! SHAME ON YOU! Soos daar vandag soos een man teen jou opgestaan is vir iemamd met integriteit en n gewete, so daag ek my broers en susters wat jou blote bestaan verafsku; om hul rue op jou te draai in ontkenning van jou denke en dade en aanslag op wat goed is……..

G ·

Kyk na Gordhan se waardige houding en optrede. Hy huiwer om op te staan en ontvang die skae se applous met eerbied.Hy gaan sit weer vinnig. Hy vee ‘n traan van aandoening. Is dit nie die waardigheid van ‘n President wat ons in Suid- Afrika so nodig het nie Ek ondersteun geensins sy party of beginsels, maar het respek vir sy persoon

Cherokee ·

Gordhan het geen trane van aandoening gevee terwyl hy ‘n lid van die ANC was en die moordenaars van Umkhonto we Siswe winkel- en stasiebomme geplant het en onskuldige vrouens en kinders vermoor het nie. Hy het hulle ondersteun.
Julle bewys hoe realisties breinspoeling werklik is.

Arie ·

By nabetragtig van gebeure rondom Kathrade se.be grains is dit duidelik dat Mnr Z op al dunner wordende ys beweeg.
Die afamilie wou hom nie daar sien nie en hy is versoek om nie aanwesiges te wees nie.
Die áanwesiges het Mnr Z hewig gekritiseer.
Pravin Gordhan is gevra om op te staan om die applous vir hom aan te hoor.
Daarbenewens het die SAKP hom laat verstaan dat hy nie aan Gordhan se aanstelling moet / mag torring nie (tot sy eie nadeel ja of nee).
Lede van sy uitvoerene raad is erg verdeeld in hul steun vir hom.
Die buitelandse beleggers het by voorbaat standpunt in geneem wat dui dat hulle sy poging om Gordhan af te dank sterk sou afkeur.
Dit word al hoe meer duidelik dat Mnr Z se vlerkies byna weekliks korter gesny word.
Die vraag ontstaan nou:”Hoe lank gaan hy nog staande kan.bly?”

TDW ·

Gordhan toegejuig op iemand anders se begrafnis? Dis net nie reg nie.

Charles Rossouw ·

Wat my verstom oor die mense wat Zuma teen staan, bly hul steeds getrou aan die regerende party!!! Daar word daagliks lojaliteit aan die organisasie getoon maar die leier bly steeds hul leier, hul verafsku hom maar bly steeds getrou. Dis waar die probleem le. Die hele ANC is die probleem.

SARIE VAN HEERDEN ·

Lanklaas was Gordhan so onkant gevang soos gister by Kathrada se begrafnis toe dit gemeld is dat hy daar is en dat hy moet opstaan en wys waar hy is. Totaal verbyster deur al die gejuig en toe aangedaan deur die optrede van al die baie mense. Veels Geluk aan ons Minister van Finansies.

MANIE ·

Ek het n groot probleem met mense wat die minister so ophemel terwyl hy nie n woord se oor hoe daar om hom gesteel word. Ek is doodseker hys bewus van al die bedrog en korrupsie. As my baas so steel en almal om my steel dan gaan soek ek vir myself n ander werk. Hy maak homself skuldig anders sal hy met hele sak patats te voorskyn kom. Die minister pos is dalk meer belangrik as om op hoe grond te loop. Jammer maar die man se gedrag en stilte maak hom net so laakbaar as res van anc

Karabo ·

No. 1 moet seker soos ‘n groot gek voel vandag. Hy het nogal die aankondiging gedoen dat ‘n staatsbegrafnis vir Kathrada gereël word, en toe kom die klap in die gesig – hy is nie welkom by die begrafnis nie. Hy wil so graag van Gordhan ontslae raak, laat mense wonder, hoeveel weet Gordhan regtig – genoeg dat no. 1 verskriklik ongemaklik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.