Video: Gr. 1’s se trane en toekomsplanne

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die matriekklas van 2026 het in vyf provinsies vir hulle eerste amptelike laerskooldag aangemeld.

Die trane het wél soms gerol maar die meeste graad eens was baie opgewonde en slaggereed om die skooljaar te begin.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Jaar 1 – pragtige skool in `n pragtige wyk met pragtige onderwysers.
Jaar 2 – gratis toegang vir kindertjies van die minder gegoede omliggende kampong.
Jaar 3 – die minster, wie self nie skool kla gemaak het nie, bespreek “dual language” met die skole by wyse van eposse en pers verklarings.
Jaar 4 – afferkans word verban, wiskunde word onnodig en alle leerders word `n groeps punt toegeken.

Teen die tyd dat hierdie arme bloedjies graat 12 bereik sal die gemiddelde skool onderrig so groot gemors wees dat slegs die rykste gemeenskappe se kinders elders sal kan studeer en in die proses `n kwalifikasie bekom wat vergelyk met die van die buiteland.
Trouens, my siniese mening is dat voor nog 10 jaar verloop, sal skool onderrig in Suid Afrika bykans totaal in een stort oor die grootste deel van die land. Ouers wie dan hul eie kinders wil skool sal vervolg word – hetsy met arres of by wyse van geldelike boetes.

Na 10 jaar sal die mynbou en industrie se wiele begin vas brand, en die hoofman van die dag sal met so lui oog begin kyk na al daai vet polisse van SANLAM. Die geld sal moet kom van iewers af. Anders gaan staan al daai swart die BMWs sonder petrol op die N12.

Nee rêrigwaar ·

Shannon, dit is jammer dat jy so ‘n siniese mening het. Kom ek vertel jou hoekom ek dink dit sal NIE so verloop soos jy voorspel nie: eerstens is die meeste Afrikaanse skole trots (en nee, ek praat nie net van die “ryk gemeenskappe” nie), en het hardwerkende beheerliggame wat daadwerklike planne maak (nie net om die status quo te handhaaf nie, maar om elke jaar selfs beter onderrig aan ons kinders te verskaf); tweedens hou ons God in ons skole, en bid ons as gemeenskap vir ons kinders, onderwysers, en opvoeding. Ek wens van harte dat jy (en as jy kinders het jou kinders), in so ‘n gemeenskap sal beland. Dat jou uitkyk sal verander in een van geloof en positiwiteit. (Terloops, GraaD 12 sal om die rede nogsteeds vir ons kinders uitloop op ‘n suksesvolle tersiêre loopbaan na skool).

Shannon ·

Sou lekker gewees het as ek jou naam geweet het.

“Eksklusief Afrikaanse wit skole en universiteite hou ’n ernstige gevaar in vir rasverhoudinge in Suid-Afrika.”
Só het prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

Maak jou oge oop en kyk rond – die ANC ry vragte swart kinders aan na blanke skole en jou onderwysers club het geen keuse anders as om aan te hou klas gee nie. Ek belowe dit sal binnekort ook met jou gebeur.

En net so vir perspektief onthalwe : In 1992 moes ek sit en luister hoe ‘Dit nooit so sal wees nie’ toe `n man die agbare Roelf Meyer vertel dat hulle onderhandelinge tot nul en gener waarde sal wees en dat misdaad die land se ekonomie sal knou tot so `n mate dat die Rand tot 15c teenoor die VSA $ sal val. Jy weet waar dit nou staan nê ?

Dis maar soos ek altyd sê – julle sal julle vrek val om godsdiens voorregte te bewaar – in `n publieke skool. En dis ook al. Tog het die Christus dit nooit verkondig nie, en die kerk dra tussen min en niks by tot die skole nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.