Video: Gratis gimkontrak ná hy ‘boef’ laat les opsê

Ryno Rossi ontvang sy gimkontrak by Magda Van Wyk. (Foto: Verskaf)

Boewe in Bethal in Mpumalanga moet in die toekoms eerder sorg dat hulle hulself nie teen die vlugvoetige Ryno Rossi vasloop nie – met die dat hy nou gaan begin gim.

Rossi (34) het verlede week ’n gratis gimnasiumkontrak losgeslaan nadat hy ’n verdagte buite die MFitness-gimnasium in die dorp help vastrek het.

Die gimnasium het ’n video op Facebook gedeel waarin daar gesien kan word hoe Rossi rustig na sy motor stap. Hy merk dan op dat ’n verdagte vir die owerhede weghardloop en besluit daar en dan om te help. Hy wag dan geduldig vir die verdagte om aangehardloop te kom voordat hy eenvoudig sy voet uitsteek, wat die verdagte deur die lug laat trek en laat neerslaan.

Die verdagte probeer weer weghardloop en Rossi steek weer eens sy vinnige voet uit sodat die verdagte struikel en ’n beampte hom kan inhardloop.

“Nou gaan ek hard kan skop,” spot Rossi oor sy nuwe gimnasiumkontrak.

Rossi vertel aan Maroela Media dat hy ’n sweiswerker is en sowat nege maande gelede van Lephalale in Limpopo na Bethal verhuis het. Hy het die betrokke dag spesifiek die gimnasium besoek om uit te vind hoeveel ’n gimnasiumkontrak kos, toe hy sy lyf, of eerder voet, polisieman moes hou.

“Ek het gesien daar is moeilikheid en toe wag ek hom in. Ek het net geweet ek sal hom kan vang. Ek is bly ek kon help,” sê ’n verleë Rossi.

Na Rossi se wete het die verdagte uit ’n gevangenis op die dorp ontsnap en vir tronkbewaarders weggehardloop. Maroela Media het die departement van justisie gekontak en wag vir bevestiging.

Rossi sê dat hy nooit gedink het dat sy vlugvoetigheid soveel aandag sou kry nie, watwou ’n gratis gimnasiumkontrak. “Dit was nog altyd my droom om te kan gim,” sê hy.

Magda van Wyk, eienaar van MFitness, sê die gimnasium gaan hom ook met ’n oefenprogram aanbied.

Rossi sal seker dadelik bene in die gimnasium begin oefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

KAIROS ·

Pragtig!!! Ek hoop die mense sien dit raak betrokke by hul Buurtwag of doen werklik iets om die verandering te bring wat ons na smag

Vonkprop ·

Lyk my die boef hou van hardloop. Hy het wragtig uitgebreek om weer te begin hardloop. Dat hy gevang was het net sy spoed gebreek. Hy is duidelik besig met ‘n wedloop en wil net graag klaarmaak.

Plaaskind ·

HaHaHa, lekker lag ek nou. Boef trek soos vrot vel…. Mooi so Rossi.

SJME ·

Vlugvoetigheid van die een, is vir die volgende vlug(te)voetige se val verantwoordelik… ;)

ameli ·

Kort meer mense soos jy Rossi. Geniet die gym baie jy verdien dit

Wielspore ·

Well done… dit wil voorkom of Ryno al heelwat ervaring met trip het…. van klein tyd en skooldae…. lyk so bekend!

Destarte ·

Genugtig maar ek het nou kliphard gelag!! Daai skelm het hard afgekom aarde toe!! Hahaha, na 4 keer se kyk lag ek nogsteeds. Dit gee ‘n nuwe beteken is aan (hol)derstebolder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.