Video: Groep takel tieners by vulstasie, polisie doen glo niks

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die Pongola-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur nadat berigte aan die lig gekom het dat beamptes van dié polisiestasie glo geweier het om in te gryp tydens ʼn onderonsie tussen ʼn groep mans en ʼn paar tieners.

ʼn Omstander, wat weens veiligheidsredes anoniem wil bly, het ʼn video van die voorval geneem en aan die plaaslike koerant, Zululand Observer, verskaf. Die bron het aan die koerant gesê die tieners, glo van Vryheid, is by ʼn vulstasie in Pongola deur die groep mans aangeval en met stokke geslaan. Die Pongola-polisie is ontbied maar het glo “met hul hande in hul sakke” gestaan en toekyk.

Kol. David Herbst, bevelvoerder van die Pongola-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die video en die voorval.

“Die voorval het Sondag 15 Maart om 03:30 plaasgevind,” het Herbst gesê. “Daar is baie stories wat die rondte doen, maar die ware oorsaak van die konflik kan nie bevestig word nie.”

Herbst het gesê die aanval self word nie ondersoek nie omdat die tieners glo nie ʼn saak aanhangig wou maak nie.

“ʼn Interne dissiplinêre ondersoek is van stapel gestuur om die bewerings te ondersoek dat die beamptes glo nie wou ingryp nie. Die ondersoek duur voort en ondersoekbeamptes is tans besig om omstanders se verklarings te neem,” het Herbst gesê.

https://youtu.be/ybS2OkEBAHE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Esther Coetzee ·

Ai wens daar was ‘n paar boere in die nabyheid wat met meer as stokke gewapen was….

Anton Smit ·

Eether danwas die boere in die tronk want hulle sou wit gewees het was hirdie wit ouens wat swart tienders aangeval het was hulle ook ge-arresteer dit belowe ek

Anke ·

“Die voorval het Sondag 15 Maart om 03:30 plaasgevind,” het Herbst gesê. “Daar is baie stories wat die rondte doen, maar die ware oorsaak van die konflik kan nie bevestig word nie.”

Herbst het gesê die aanval self word nie ondersoek nie omdat die tieners glo nie ʼn saak aanhangig wou maak nie.

Die kinders en hul families is seker met die dood gedreig……………

boer ·

So gaan ons al hoe meer in die publiek aangerand word as jou vel wit is,hoor wat ek vandag se.
Ons regering moedig dit dan aan, ons hoort mos nie in SA nie.

Penelope ·

Die kinders is WIT die ander is SWART en ons lede van die SAP is SWART – Need I say more????

Paul ·

Kyk bietjie mooi na die video, dit wil blyk dat die enigste persoon wat aangeval word, die ou met die pienk kortbroek is en dat hy moontlik met die meisie wat aan die begin op die grond lê, gesukkel het. Dis moeilik om te sien, maar lyk definitief soos ‘n moontlikheid.

Is dit nie dalk ‘n geval dat die skare mense eintlik die meisie beskerm het nie?

Dit maak wel nie ‘n verskil aan die polisie se gebrek aan optrede nie.

boer ·

Nee Paul,ek dink jy moet week kyk na die video. Die ou in die pink broek stamp a swarte weg van die meisie wat op die grond le,en op n stadium help hy haar op. Dan skuif die aandag na die ou met die pienk broek en hy word van alle kante aangeval

jacques ·

Nee ou maat waar sou hulle wat ons so haat n witte help kyk weer na daai vid,hy het weer terug gegaan om haar te probeer ophelp.

kobus ·

Snaaks hoe die koerante kommentaar lewer. Groep mans val tieners aan. Was dit nou wit op swart, het die koerant gou gou gepraat van rasistiese voorval. Hoekom nie hier ook melding daarvan gemaak nie. A nee a maroela. Dog jul is beter

Frik ·

Volgens my kennis het n misdryf in die teenwoordigheid van polisiebeamptes plaasgevind. Daar is n regsplig op hulle om n saak te open en die skuldiges net daar te arresteer. Die Polisiebeamptes is skuldig aan regsverydeling en dwarsboming van die gereg – hulle behoort krimineel vervolg te word.

sue ·

Ek word sommer koud tot in my tone. Die polisie faal ons weereens. Wat as een van die tieners doodgeslaan was. Daai beamptes moet geskors word, dadelik.

kobus ·

Was die kleur andersom sou dit tot by die VN gedraai het. Ons menseregte komissie sou dan lekker gespeel het..

Theresa ·

Ja nee – As die bordjies verhang was, was die hel los. Hulle kan mos doen wat hulle wil en sê wat hulle wil. Ek het nou die dag in Shoprite gestaan toe ons in die vinnige tou gestaan het. Daar staan duidelik 10 items en minder. Haar hoogheid het met ‘n trollies vol in die tou gestaan want die een voor haar het vir haar gesê sy moet. Toe ‘n vrou vir haar uitwys dat sy in die verkeerde tou is, toe word daar sommer op haar geskreeu en so ewe gesê dat sy (haar hoogheid) die wit vrou sal klap. Ongelooflik!! (Ek weet wragtig nie waar gaan al hierdie &^%$#$ eindig nie).

Theresa ·

Dis hulle “comrades”. Hoekom moet hulle die wittes help….??

kobus ·

Was die kleur andersom sou dit tot by die VN gedraai het… ons is almal so gebrainwash dat sommige mense selfs voorstel die wit outjie moet die culprit wees…

Swanna ·

Sal graag die hele verhaal wil hoor sodat ‘n mens jou regte gevolg trekking kan maak. Dit is uitters swak van die polisie om niks te staan en doen nie en van die joernalis wat die storie geplaas het. Hy kon seker by die omstanders uitgevind het wat daar aangaan, Of was hy bang dat daardie swart rassite wat die aanval geloots het hom ook sou aanval. Ek dink die video wat ons sien is nie die volledige video wat op geneem is nie.

Johan Brooks ·

As dt nou n paar swart tieners was wat deur witmans aangeval was dan was dit nou n landswye storie erger as oscar sin. Maar nee ons is wit ons gaan die slegste darvan afkom en tien teen een leqenslank toegesluit word daarvoor. Die land is so korup en dit is ons wonderlike “rainbow nation” waarop niemand trots kan wees nie

Inwoner Pongola ·

Julle is almal verkeerd. Die blanke seuns was die oorsaak van die hele gedoente. Hulle was onder die invloed van drank en het met ‘n swart bedelaar moeilikheid gesoek. Die gevolg was dat die swart mense in die omgewing nader gestorm het en selfs van hulle was onder die invloed van drank. Julle kan mos dink as die wit seuns nie ‘n klagte wil oopmaak nie, dat daar ‘n rede is.

J.Z ·

So inwoner pongola ,jy stem dan saam dat die polisie niks gedoen het oor dit wit kinders is wat moeilik was nie.As dit swart kinders was wat moeilik was sou hul op getree het?, as wit mense hul aangeval het?Nee ,ek ruik rassime hier.

Philip ·

Wat kan n mens sê wit kinders word blatant aangerand en met klippe bestook en ons vet en happy SAP wat die situasie moet onlont is nie eers in posisie om dit te doen maar instede verlustig hul self. Behoede dit enige iemand om in so n situasie te beland en geen beskerm van die geregs dienaars te ontvang nie. As hulle n weerlose onskuldige persoon moet arresteer, is hulle gou om dit te doen maar as dit lyk dat hulle teenstand kan kry of self n skrapie kan opdoen staan hulle eenkant. Nee wat sorg maar altyd dat jy jouself beveilig en kan beskerm in n situasie soos hierdie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.