Video: Groep veg vir dagga-reg

Argieffoto: thedailychronic.net

Argieffoto: thedailychronic.net

ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Sonja ·

En sal hulle ooit weet hoeveel mense se lewens verwoes is deur dagga.

jaco ·

Hoeveel ??? se my sonja ??? beslis baie minder as wat drank en voorskfif medikasie !!!
ek verstaan dat dit nie misbruik moet word nie en ook nie op skool nie ! maar daars niks fout
om so nou en dan te gebruik nie , selde soos n glasie wyn nou en dan.

Annemarie ·

Hulle hou nie eers by huidige wetgewing nie, hoe gaan DÍT beheer en gereguleer word!

Karolis ·

Sou meer gepas gewees het sou daardie plakaat lees: “I am like weed”

Francois ·

Die gebruik van dagga is die begin van die gebruik van sterker dwelms en staan nie verniet bekend as die “Gateway Drug” nie. Ek stem saam dat dagga mense se lewens vernietig, ek moet byvoeg alkohol is net so erg en dit is wettig. Alkohol skep groter sosiale en maatskaplike probleme en vernietig mense en gesinne op strepe!

van Hunks ·

Francois, ek stem saam met jou oor alkohol. Ek glo die mengsel van Coke met sterk drank soos Rum en Brandewyn lei tot slegter en meer agressiewe gedrag as dagga. Ek het nog nooit gesien hoe mense wat dagga rook mekaar flenters slaan buite (of binne) ‘n klub nie. Daarmee regverdig ek dit nie, ek wil maar net ‘n punt maak oor dubbelstandaarde van mense wat eersgenoemde misbruik maar ‘n eier te lê het oor dagga.

Cherokee ·

Ek stem saam met van Hunks. Water is buitendien ‘n gesonder èn lekkerder mix. Verban Coke.

jaco ·

Ek stem saam met jou francois !! Drank is n evul !!!

ek stem nie saam dat dagga n gateway drug is nie , ja miskien biekie , ek wil nie met jou stry nie , maar sigarette en drank is meer n gateway, dis soos drank as jy dit reg gebruik en nie elke dag musbruik nie ! Ek se ja vir Dagga en NEE vir skoolkinders wat Dagga rook

jaco ·

Ek stem saam met jou francois !! Drank is n evul !!!

ek stem nie saam dat dagga n gateway drug is nie , ja miskien biekie , ek wil nie met jou stry nie , maar sigarette en drank is meer n gateway, dis soos drank as jy dit reg gebruik en nie elke dag musbruik nie ! Ek se ja vir Dagga en NEE vir skoolkinders wat Dagga rook ! ” ja elke ding het sekere negetiewe effekte

Wat-ek-lees ·

Ek sien my kommentaar by die water-‘gebruik’ is verwyder omdat ek reken (volgens die HAT) dat dit VERBRUIK moet wees. Dagga word ook VERBRUIK. ‘n Ding wat klaar raak word opgebruik of dan verbruik. Ander goed soos byv. ‘n motor, elektriese boor ens word gebruik. Die petrol in my voertuig word ook verbruik.
Dalk is my woordeboek en my afrikaanse taal ook opgebruik, verbruik of gebruik?

Cherokee ·

Het jy gedink ‘n motor en elektriese boor raak nie opgebruik nie? Die enigste kar wat ‘gebruik’ word is ‘n Toyota. Hulle hou.

Leon Pit ·

Dis n natuurlike plant soos baie ander plante op aarde wat voordele het en die teenoorgestelde. Gebruik dit tot jou voordeel ( medisyne ) maar ook verantwoordelik. Dis nie mens gemaak nie.

Wern ·

Medisinale waarde is n verskoning. Baie medisynes is gevaarlik en hoogs gereguleer, dit is nie vrylik beskikbaar en wettig om te gebruik nie. Dagga se medisinale waarde is inelkgeval baie beperk en kan met baie beter moderne medesyne vervang word.

Thea Gerber ·

En Opium word van die pragtige papawer gemaak……..?

Lance ·

Ag die mense praat en betoog of hulle dit gladnie kan kry nie …kan ook sien die tiepe mense sal hulle tog steur aan reels of wetgewing ..Dagga het medisinale waarde maar in verkeerde hande het dit misdaadlike waarde

Johann van Cullinan ·

Misbruik van drank verwoes lewens direk ( geweld, motorongelukke….), wees nie verkeerd nie. Rook verwoes ook lewens, dit vat net lank. (enfiseem, longkanker…)
Ek weet nie waar om dagga te plaas nie. Dit is ‘n dwelmmiddel, in die vorm van rook en miskien ander metodes ook. Ek verstaan nie hoekom die mensdom, dinge wil doen wat hulle tempel, naamlik hulle ligame, wil besoedel nie. Ek het die uitwerking van drankmisbruik, strawwe rook, dagga gebruik en die gebruik van dwelms in my eie familie en in my vrou se familie gesien. Dit verwoes lewens.
.

danie ·

Maar as die kerrels wil dagga rook moet dit hulle vry staan om so te doen, hulle pla my glad nie, en ek dink dit is deel van hulle geloof . Ek sien geen rede hoekom dit nie wettig gebruik kan word nie

Johann Marx ·

Dis maar weereens die ou afgesaagde rympie van “gebruik dit verantwoordelik”. As almal hulle karre verantwoordelik gebruik het, was daar geen ongelukke nie, as almal hulle kos verantwoordelik gebruik was daar nie gewigsprobleme nie. ‘n Teelepel hoesstroop een of twee maal per dag…..kan jou gesond maak. ‘n Bottel hoesstroop elke half-uur kan jou doodmaak…..’n Mens kan selfs te sterwe kom van teveel water…..die een noodsaaklike element wat lewe moontlik maak.

Carel ·

Voor mens enige iets glo en net doen en gebruik, doen baie baie deeglike huiswerk. Die probleem met dagga is dat sekere mense afhangend van hulle besonderse gene na een keer se gebruik van dagga sekere geestes toestande soos skisofrenie kan ontwikkel. Wil jy ‘n kans waag ? Natuurlik is dit maklik vir die gebruiker, maar hel vir die vriende en familie. Gesels maar met die dwelm rehabilitasie sentrums indien u nie dit glo nie

Mamparra ·

Ja nee, die kenners is legio. Laat my dink aan die tyd toe “Kerk” en die “regering” skole besoek het om die kinders te waarsku oor die ding van plate agteruit speel en ‘n hele rits ander “gevare”. Eendag sal ons nog lag oor die daggastories ook. Ek lag reeds.

Carel ·

Mmm ongelukkig sal ek nie lag oor die storie nie . Persoonlike observasies. As die skakelaar aanskakel- dis is soos ‘n dobbelsteen- na die gebruik soos ek dit gesien het , tree daar ‘n persoonlikheids verandering in. Dit is soos medikasie wat nie dieselde uitwerking op almal het nie. Die punt is dat dit nie lekker vir die ander partye nie, hulle wat daar onder ly nie.

Lizel ·

Probleem met dagga is dat dit nie suiwer verkoop word nie. Die dwelmhandelaars sit herion etc. So word baie onbewustelik shank like van dit. En soek dan dit meer gereeld. Dwelms, is besig om n hele generasie uit te wis.

tw ·

So baie mense redeneer dat dagga jou so kalm en rustig maak en dat mense nie so argresief raak soos met alkohol nie, maar hier was die laaste ruk baie gevalle waar moorde en aanranding die nuus gehaal het, waar dagga wel die oorsaak {verskoning} was. Dit laat my twee keer dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.