Video: Gronddebat onder die loep by NFD

Tommie van Zyl (uitvoerende hoof van ZZ2) Foto: Skermgreep uit eNuus-video

Gwede Mantashe, die minister van minerale hulpbronne, sê dit is ‘n gevaarlike mite dat swart eienaarskap van grond voedselsekerheid bedreig. Hy het tydens die Nasionale Forum vir Dialoog (NFD) in Johannesburg gesê as redelike mense die gronddebat nie oorneem nie, sal randfigure dit doen, wat tot anargie sal lei.

Mantashe het aan die groep gesê die vrese van diegene wat op die grond sit, wanneer daar gepraat word oor onteiening sonder vergoeding, moet in gedagte gehou word. Hy het gesê dit moet ook in gedagte gehou word dat die beleid nie is “om wit mense in die see in te jaag nie”. “Dit is nie die beleid nie. Dit sal nooit die beleid van die ANC wees nie. Dit gaan oor die regverdige verspreiding van grond en om ons mense toegang te bied tot daardie grond,” het hy bygevoeg.

Maite Nkoane-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het tydens die gesprek gesê gierigheid is die bron van die kwaad.

Tommie van Zyl, uitvoerende hoof van ZZ2, het gesê al word die mense kwaad oor grond, moet die kwessie nugter bekyk word. “As ons die besit van grond en die produktiewe bewerking daarvan kan koppel aan markte en ekonomiese vooruitgang, dan gaan ons wesenlike ekonomiese bevordering van die geteikende groepe kan bewerkstellig. Ons as boere wil deelneem daaraan. Ons wil help om ons land Suid-Afrika só te ontwikkel dat daar ʼn groter balans is.”

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jerry ·

Goeie keuse en beste opsie vir boere om te versoen en saam met die gematigdes vreedsaam oplossings te vind vir grondonteiening. Hierdie versoenende optrede sal wit boere se plekkie in die son verseker en ook keer dat hulle nie tydens hierdie oorgangsfase alles verloor nie. Nog n voordeel wat versoening inhou vir boere en hulle werkers is die vooruitsig dat die optrede die wind uit die seile van die anargistiese ANC en EFF denkers haal deurdat plattelandse swart gemeenskappe hulle sin kry, grond kry, opleiding, hulp en ondersteuning kry en hoop vir hulle toekoms. Indien hierdie opsie en pogings slaag sal dit bitter moeilik wees vir anargiste om die gemeenskappe op te sweep en te mobiliseer vir watter rede ookal, maar natuurlik is die teendeel ook waar dat indien hierdie opsie en pogings misluk dan sal dit die anargiste in n baie sterk posisie plaas. Daarom is dit noodsaaklik dat alle boere hulle tot versoening verbind en toesien dat vreedsame verdeling van grond slaag! Daar is eenvoudig geen beter alternatief vir boere as versoenende en vreedsame verdeling van grond, al gaan dit ons nader neem na n onvermydellike sosialistiese denkpolisie en samelewing. Afrikaners moet hierdie proses fyn dophou en leer hoe vreedsame oorgang bewerkstellig word en hulself inkoop in versoening vir hulle plekkie in die Afrika son. Indien nie, staan ons n kans om alles te verloor.

Bietjie bietjie ·

Duidelik is jy nie ñ boer nie .
Gee bietjie ñ kamer van jou huis of ñ stukkie grond agter in jou erf vir die gematigdes.
Jy redeneer nie
Jy praat net ñ klomp onpratiese woorde !

Mieke ·

Jerry jy is duidelik uit voeling met wat aan die gang is. Of ons ons verset en baklei vir ons reg op grondbesit en of ons dit op ‘n skinkbord weggee, gaan GEEN verskil op die uiteinde maak – die ANC se beleid is die totale uitwissing van die blanke Afrikaner op sosiale, ekonomiese en kulturele vlakke. Jy onderhandel eenvoudig nie met diegene wat jou belange nie op die hart dra – ons vorige leiers het destyds met die “terroriste” onderhandel vir oorgawe asook om ons voortbestaan te verseker, en dit het geflop. Dus moet ons daaruit leer, ons rûe styf maak en op ons regte staan. Indien nie gaan en SAL ons vertrap word.

zoom zoom ·

En die redelike mens wat hievan gepraat word is seker die anc – eff – en blf. En sekerlik ook net sekere vakbonde. Hoe belaglik. Die aan bestuur van ons land en vername instellings kan nie eers die zumas en guptas uitsort nie.

Lolla ·

Wat redelik sou wees, is swart mense wat hulself met menigte hulp bronne wat net aan slegs swart mense beskikbaar was en steeds is, te gebruik het deur die loop van 24 jaar, en soos alle wit mense, hul eiie grond bekom deur dit soos n redelikke en eerlikke mens te KOOP! Soos wit mense dit SONDER hulp bronne gedoen het en steeds doen, wat van JULLE regering ONREDELIK IS! So, moet nie van “redelik” praat net wanneer dit jou met jou leeuns pas nie. Skynheiligge hipokratiese kommunistiese ANC! Julle beledig “demokrasie”.

Klein Boer ·

Daar word so baie gepraat van die boer wat als of baie kan veloor in die onteiening van grond. Nou wil ek graag weet as ek nie al my geld en tyd in my plaas in gedruk het nie en eerder bv. huise of woonstelle gekoop het, sou ek nie nou better geslaap het nie? Ek kon selfs aandeele op JSE gekoop het, dan het ek dalk meer geld gemaak en nou sonder vrees, dat hulle dit gaan vat. Ek het verkies om hard te werk op my grond maar ek kry die idee dat baie mense dink ons boere moet maar alleen die probleem hanteer,” my duur huis en voertuie is veilig ek het gelukkig nie grond nie”

Hanna ·

Hierdie nasie stel nie in versoening belang nie, slegs in vergelding! Groot verskil. Kom ons kyk maar hoe die ander Afrika-lande ekonomies wurg wanneer eens produktiewe grond aan eienaars oorhandig word wat nie daarvoor gewerk of betaal het nie. Kan ons land so n kans waag? Ek dink nie so nie.

Pieter ·

Ek dink die feit dat roelf meyer daar is gee geen vertroue aan die debad nie ,roelf se onvermoë en patetiese onderhandeling by kodesa is nog in ons agterkom en die feit dat hy net n mandaad het om sy niksegende twak namens homself te gee maak dit net nog erger.

Vermeendes ·

Bertie van Zyl het net na 94 aan my gese dat hy die sikretarus van die ANC is en of ek n probleem daarmee het.
Tommie is heel moontlik sy broer of seun, ek weet nie maar een ding is verseker, hulle is die landbouer nie so goedgesind soos hulle voorgee nie.
Tommie, neem gerus die eerste stap en deel ZZ2 op wat nie net uit een plaas bestaan nie en deel dit dan gratus uit aan die behoewendis.
Neem besluite oor die aktes in jou naam en nie oor die aktes van jou bure nie.
Grond onteiening is n ewel, ek het my grond na 94 gekoop sonder staats hulp, soos baie ander boer het ek nie baie plase nie maar net een. ZZ2 kom uit n era waar hulle die voordeel uit apartheid getrek het en ander boere soos ek het nooit daai voordeel gehad nie. Gee al jou apartheid grond gratus en los myne uit.
Dit is baie maklik vir n boer wat 600 ton tamaties n dag oes om te dink hy praat namens anders.
Klim uit boerdery uit en gee opkominde boer ook n kans, wees die voorbeeld man of raak hierdie dreigement van onteiening nou te na aan die huis?

Bietjie bietjie ·

Jy is jaloers
Los ZZ2 se man dat hy self besluit .
Moenie bekommer oor sy besigheid nie .
Hy het hard gewerk daarvoor.
Staan eeder saam as om onder mekaar verdeeld te wees !

Oom Kalahari ·

@Lolla, pragtig gestel en stem saam jou. Alles werk op ‘n pamperlang sisteem en so word net vermeningvuldig met die klop op die skouer dat daar vir jou vry gesorg sal word. Hoevele van een gesin word nou van grond voorsien. Die blankes moes hard werk vir hul grond en lenings aangaan vir betaling en tot vandag nog geen hulp van regering ontvang nie. Hierdie voorheen bevoorregte storie is ‘n leuen wat opgedis word en raak al holgery. Vir almal was voorsien waar daar vandag vir 24jr diskriminasie en verdrukking van ‘n minderheids groep is. Van Zyl en Meyer is bad news tot uitverkoping. Gaan begin met die Zulu koning se 3miljoen ha grond verdeling. Waarmee gaan geboer word (kinders)?

Johanna Botha ·

By wie kry Roelf sy mandaad om namens almal te gaan praat wonder ek …gegewe die gemors waarin SA nou sit ?

Gerrit ·

Ek stem deel ZZ2 op gee vir roelf sy gedeelte en die res vir die eff stel die voorbeeld.

Oom Kalahari ·

@Lolla, pragtige uiteensetting en stem heelhartig saam met jou stelling. Hou op verwag en werk hard vir wat jy in die lewe wil vermag. Onverkose lede verteenwoordiging met geen mandaat betrokke. Regering het genoeg grond en Coca Cola skenk mos R400 miljoen rand vir die swart opkomende boer, maar blanke boere moes op eie stoom en baie vee verliese deur droogte sukkel. Daar is twee tipes: Die werk hard tipe en die wat alles net verwag.

Oom Kalahari ·

Word die 10ha grond per gesin of per gesins lid verdeel? So met 55 miljoen mense moet almal gelyk voorsien word en kom mos dan neer op 550 miljoen ha grond. Omdat die meerderheid swart is kry hul mos meerderheid grond as die ander minderheidsgroepe en almal is gelukkige boere en grond eienaars. Dit is mos hoe die kommunistiese/marxistiese, liberale stelsel werk in ‘n demokratiese land. Almal is mos dan gelyk en hang af van wie gebruik sy God’s gegewe gawes beter tot vooruitgang.

rollie ·

Wag so ‘n bietjie. Sover ek weet is baie van die plase in privaatbesit en in baie gevalle is daar slegs een eienaar. Dan kan ek ook mos as deel van “ons mense” aanspraak maak op ‘n stukkie van daai grond, ek het nog nooit grond besit nie??????

Nel ·

rollie daai ‘kite’ gaan nie vlieg nie. Jou vel is wit, dus is jy nie ‘n ‘voorheen benadeelde’ nie – aldus die ANC nie.

Gert ·

Dit is nou die grootste twak wat ek gehoor het ,die meeste soek nie grond om te bewerk en op te bou nie hulle soek bestaande wit plase om die witman terug te betaal en soos die geskiedenis reeds bewys het om in die grond in af te breek .

Opel ·

Ons almal wat diensplig gedoen het weet wat is n politieke commesaar.(nie seker van spelling nie) wel hulle gebruik daardie opleiding nou baie goed om die witman te paai. Word wakker witmense asb hierdie is n briljante uitgewerkte skaakspel wat hulle speel. Vanaf Zuma die
“bad boy “wat nou vervang is deur die goeie ou. Gaan doen bietjie navorsing en begin videos kyk van Rob Sciba en andere wat seker nie alles korrek is nie maar wat jou as persoon aan die dink sal sit en jou die vermoee gee om deur hierdie waas die waarheid te sien. Bv hoekom ZZ2 he om die blankes n rat voor die oe te draai. Hoekom nie TLU nooi nie. Nee ek smeek julle asb niks is soos jy dit sien nie dit is n kul kuns toertjie. Ek weet n klomp gaan nou weer hieroor n kabaal opskop maar moenie n oordeel gee voordat jy nie dit gaan ondersoek het nie.

Vermeendes ·

En tommie kan vinnig vir julle se wat gedoen moet word, glo dit maar, jy as blanke sal die rekening betaal, moet ook geen guns as blanke verwag nie.

Klaas ·

Die ANC is in koalisie met die SA Kommuniste Party. Kommuniste is teen privaat eienaarskap van grond. Kommuniste gee nie om vir voedsel veiligheid nie, want hulle word deur ideologie gedryf.

Daar is onversoenbare verskille in ideologie. Die kommuniste gaan nie toegee nie, al word hulle tydelik gestop of gestrem, maar die einddoel is afskaffing van alle privaat eienaarskap van grond en ander bates.

Dit is ‘n miete dat kommunisme saam met die USSR dood is, en die SA Kommuniste party is bewys daarvan.

Julle moet mooi kyk wat kommunisme voorstaan, en wat demokrate / (kommuniste) voorstaan. Die Demokrate in die VSA is goeie voorbeeld. Hulle werk vir die afskaffing van wapen eienaarskap, oop grense, globalisering, ras vermening, multikultuaralisme omrede dit kulture vernietig, ens.

Die Afrikaanse blankes moet wakker word, of hulle gaan totaal vernietig word. Die ANC en Malema het oorlog verklaar, maar is nie bereid om dit eerlik by die naam te noem nie.

Klaas my baas ·

Iemand wat helder dink! Dis oor die “haves” en die “have nots”. Wens die miljoene “have nots” kan vir ‘n toer deur Cambodia, Vietnam en China gaan. Aan die anderkant is dit belangrik om ‘n oop hand vir die armes te hou, want dan word gesinne bymekaar gehou. ‘n Ouer reis nie na verre plekke om geld te bekom nie wat hom instaat stel om sy kind op te voed. Glo my, geen ouer wil he sy kind moet slegter af wees as sy of haarself nie.

AJ ·

As al die voormalige tuislande se kollektiewe stamgrond d.m.v. kaart en transportaktes aan individuele privaat grondeienaars oorgedra word sowel as al die bestaande staatsgrond en plase, DAN sal ek glo dat die ANC/ EFF die land se armes wil help.

Dan kan die vryemark in werking tree deurdat hardwerkende mense hul grond as sekuriteit kan aanbied vir banklenings waarmee hulle besighede (boerderye) kan tot stand bring.

Slegs ‘n paar gaan suksesvolle besighede aan die gang kry en die onsuksesvolles uitkoop.

Die onsuksesvolles …..? …. hulle gaan weer toustaan vir (Witmense) se grond?

carnett ·

Snaaks…nie een van ons Werkers will ons Plaas vat nie.
Dis te viel werk se hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.