Video: Groot skade ná brand op Karan Beef-plaas

Die brand het Saterdag omstreeks 12:00 na die Karan Beef-voerplaas buite Heidelberg versprei. (Foto: Verskaf)

Ongeveer 20 000 ton ruvoer is Saterdag op die Karan Beef-voerplaas op die R549 (Vaaldampad) buite Heidelberg vernietig nadat ʼn brand omstreeks 12:00 na dié plaas versprei het.

Jan Botha, algemene bestuurder van die Karan Beef-voerkraal, sê die brand het aan die teerpad ontstaan en weens sterk wind eers na die buurplaas versprei voordat dit die beesvleisverskaffer se plaas bereik het.

“Die wind was baie sterk. Ten spyte van ons pogings om die brand met ’n brandweerwa en watertenkers te bestry, kon ons dit nie keer nie,” het Botha Maandag aan Maroela Media gesê.

Die brand het Saterdag omstreeks 12:00 na die Karan Beef-voerplaas buite Heidelberg versprei. (Foto: Verskaf)

“Sowat 20 000 ton van ons ruvoer het heeltemal uitgebrand. Die brand is van ons af oor na die buurman se plaas en het op die ou einde teen die N3 by die tolhek doodgebrand. Op die oomblik smeul dit nog steeds.”

Ongeveer 500 ha het uitgebrand en die skade word tans op meer as R20 miljoen geraam.

“Die eerste ding wat ons nou moet doen, is om ruvoer in die hande kry. Daar het bale oorgebly, en dit behoort ons tot die volgende seisoen deur te trek. Ons sal egter dringend nog moet kry.”

Botha sê die oorsaak van die brand is in dié stadium onbekend, maar dat ʼn forensiese ondersoek reeds begin is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harley Davidson ·

Baie groot skade ,ons maak gewoonlik voorbrand hier in limpopo veral by die hoë risiko gebiede soos die teerpad of toegang paaie waar ons nie beheer het oor vuur nie .

Piet parys ·

Met huidige wind toestande spring vuur oor n snelweg met brandbane beidekante.. Met normale wind is dit beheerbaar maar nie met stormwinde nie. Dis soos om n wind te los om n orkaan te keer

Jacobus ·

Hierdie terroristiese organisasie sal nie ophou tot alles vernietig is nie. Hierdie mense sal ordentlike brandbane moet skraap rondom hierdie voer stoor plekke.

domheks ·

Groot skade! In die sterk wind glo ek nie voorbrande sou veel keer nie.

Madz ·

Die info wat ons gekry het dui als daarop dat dit kwaadwillige brandstigting was. Dis bitter sleg en my hart gaan uit na die boere wat hieronder ly.

VaalDonkie ·

Ons gaan almal hieronder ly want daai vleis moes deur iemand ge-eet word.

Swerwer ·

Aan die teerpad se kant het die brand ontstaan, sê genoeg

Niklaas ·

Daar is sterk argemente dat dit doelbewus gestig is. Wat wil mense met brandstigting bereik ?

Klein Karoo Loper ·

Hul wil beheer hê oor wat jy in jou gesig druk. Die beeste se kos word verbrand sodat mense in die toekoms net lae gehalte “3D printed” vleis sal koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.