[Video] Groot skrik toe olifant Hollywood-ster in SA kom ‘groet’

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Hollywood-akteur en fiksheidsghoeroe, Arnold Schwarzenegger, het tydens sy besoek aan Suid-Afrika van naby met die natuur kennis gemaak.

ʼn Olifant het die wildreservaat se nutsvoertuig, waarin hy gery en wild gekyk het, bestorm.

Maroela Media het vroeër berig Schwarzenegger is in Suid-Afrika vir die jaarlikse Arnold Classics toernooi, ’n jaarlikse multisport-gebeurtenis ter viering van al die verskillende soorte sport wat in die wêreld beoefen word.

Die akteur het die video, waar die oënskynlik rustige olifant die nutsvoertuig skielik storm, op Twitter gelaai, waar dit wye reaksie uitgelok het.

“Ek is absoluut verstom oor hierdie pragtige diere en ek wens mense wil ophou om hulle dood te maak vir hul ivoor,” het hy geskryf.

Hy het selfs geskerts dis soos iets uit ʼn fliek. “Ek sou nie hierdie ontmoeting beter kon geskryf het as dit vir ’n fliek was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elize ·

Ja nee Arnoldus jy kan nie vir die diertjie siebie, siebie roep nie!

Gesiggie ·

Welcome in S.A Arnold… this is a wild country”’ ag sjaim maybe wou sy jou ook maar net verwelkom .Sy was rustig want het nie regtig besef dit is Arnold… toe moes sy (ek dink was n sy..) . eers mooi dink, tot sy besef… maar dit is mons Arnold Schwarzenegger…. toe besluit sy… nou storm ek… Hello… ja nee as daai ore so op en af wipper… dan moet jy weet… hier kom n ding… so bly jy het darem al die aksie geniet Arnold…

johann cb ·

Ja Arnie, so het jy toe amper jou ouma se antie vir ‘n eendvoël aangesien. Hier sien ons die regte ding nog in sy natuurlike habitat! Geniet Suid-Afrika.

Riaan ·

Ja nee ou spier tier hierdie fight sal jy verloor.Selfs die terminator sou sy alie sien

Popeye ·

Chuck Norris sou die kamera vir die olifant gegee het en beveel het: ” nou neem jy my bietjie af!”

Wat-ek-lees ·

En amper het Ollie gemaak dat Spiertier sy hol-lywood sien. Dis beslis nie speelgoed en hulle is kartrappers by uitstek.

John ·

Maar goed jy het nie een van daai groot bazooka’s van jou op hom gerig nie, dan was jy fyn genoeg vir binne-in ‘n McDonald-burger.

Michiel ·

Arnold – dis duidelik die olifant is nie ‘n “fan” nie!

BoereBikerBaby ·

Miskien het oli agterna gehardloop vir Arnie se handtekening op sy slurp..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.