Video: Groot veeverlies weens brande in die Noord-Kaap

Sowat 85 000 ha se weiding en infrastruktuur is deur die brand verwoes en 45 plase is daardeur geraak (Foto: Verskaf)

Minstens 85 000 ha se weiding en infrastruktuur is vernietig en talle vee het gevrek toe wegholveldbrande Saterdag in die John Taolo Gaetsewe-distrik in die Noord-Kaap uitgebreek het.

Die brand het Saterdagoggend naby die dorp Lohatlha uitgebreek en weens ʼn sterk wind in die rigting van Kuruman en Daniëlskuil versprei.

Brandspanne van omliggende dorpe, die John Taolo Gaetsewe-brand- en rampbestuurspan, boere en grondeienaars het dwarsdeur die naweek gespook om die veldbrande in bedwang te bring.

Die brande het Maandagoggend weer opgevlam, maar is teen Woensdag in bedwang gebring.

Boere het groot veeverlies ervaar (Foto: Verskaf)

Volgens Janine Byleveld, bedryfsbeampte van Agri Noord-Kaap, is bepaal dat sowat 85 000 ha deur die brand verwoes is.

Meer as 45 plase is in die gebied geraak. Sover vasgestel het een plaashuis heeltemal afgebrand.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Noord-Kaap, sê talle boere en plaaswerkers moes hul huise ontruim.

Die brand het ‘n hele paar dae gewoed (Foto: Verskaf)

Geen lewensverlies of beserings is aangemeld nie, maar boere het erge veeverliese ervaar. Daar is nog nie vasgestel hoeveel vee in totaal in die brand gevrek het nie.

Volgens Byleveld is daar ʼn behoefte vir kos en weiding vir sowat 7 000 stuks vee.

Luphahla sê Mase Manopole, die LUR van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, het onderneem om die boere wat deur die brande geraak is te help met die voer van hul diere.

“In sulke gevalle, as daar groot verlies aan weiding is, verskaf die departement voer aan boere wat deur die brand geraak is. Ons het ongeveer 500 bale voer wat by die Vaalharts-voerbank gestoor word. Sodra ons ʼn verslag ontvang oor die omvang van die skade en plase wat geraak is, sal ons die voer stuur,” het Manopole gesê.

Byleveld sê die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog nie bekend nie. Sy sê brande ontstaan wel hierdie tyd van die jaar, maar dit [die omvang] kan van jaar tot jaar verskil.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

Oh really! The fire started at the military base and spread like yes, a wild fire. The fire department could not come and help as the mayor of that town first wanted his picture taken with the trucks. Now I ask you. How much more are we willing to take from these people. As usual a bunch of lies from this lot.

Harley Davidson ·

Sjoe hierdie is ernstige en behoort ondersoek te word ?

Fedup ·

Agree Jasper. Just 2 questions. Who will investigate this? Will you hear the truth after the investigation?

Anoniem ·

Hoeveel kan ‘n mens hanteer. Eers die droogte nou die brande, is daar dalk vrede en blydskap wat wink in die toekoms

Harley Davidson ·

Maak die boere nie voorbrande om hierdie tragedies te vermy nie.

Racheltjie Debeer ·

Voorbrande help nie altyd om weghol vure te keer wanneer die wind baie sterk is en dit boonop baie droog is nie.

david ·

Vreemd, maar ten spyte van die feit dat daar ‘n hele paar kere om hulp gevraa was op facebook, wys e-tv se nuusberigte hieroor nie…
Wat e-tv wel gewys het was die brande in Griekeland.

Selfs met die redelik onlangse brand op Tafelberg was daar meer dekking as hierdie gebeure.

Mens wonder darem–is buitelandse nuus belangriker as plaaslike nuus ?

Fred ·

Laat mens wonder oor die sg hoofstroom media..
Is hulle almal in die regering se sak?
Hulle bly liewer stil oor waar die brond ontstaan het en die burgemeester se foto wat belangriker is as plase wat afbrand.

pokkel ·

Na laas jaar se goeie reën was daar baie meer grasse in ons area as wat ek kan onthou ek al ooit hier gesien het en nou is alles droog, so dit verhoog sekerlik kanse vir brande

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.