Verlede jaar is meer as 60 000 stemme uitgebring om die Grootste Afrikaanse Liedjie aan te wys in Maroela Media se gelyknamige projek. Nou word Koos du Plessis se “Kinders van die wind”, wat as gewildste liedjie aangewys is, weer opgeneem deur ‘n groep Afrikaanse kunstenaars.
ʼn Gedeelte van die wins wat uit die verkoop van die CD gemaak word, word geskenk aan die Kinders van die Wind-beursfonds. Dié beursfonds is verlede jaar na afloop van die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-projek in die lewe geroep, en word jaarliks aan ʼn student in kunste/musiek toegeken. Dis reeds verlede jaar toegeken aan ʼn student, Timon Oosthuizen, en die gedagte is dat dié beursfonds met bydraes soos dié uit die CD moet groei om mettertyd meer studente te ondersteun. Dit word geadministreer deur die Helpende Hand-beursfonds.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Julle kan probeer maar daar sal net EEN Koos du Plessis in hierdie leeftyd wees.