Video: Halfnaak man laat boewe spaander

'n Skermskoot uit die video waar 'n halfnaak man rowers laat spaander. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video waar ‘n halfnaak man rowers laat spaander. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Video van ʼn man wat in sy onderklere drie vermeende aanvallers by ʼn huis verjaag het, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Die oorsprong van die video is in hierdie stadium nog onbekend. Dit wil voorkom of dit kringtelevisiebeeldmateriaal is van ʼn vermeende rooftogpoging op 25 September om 06:11.

In die video staan twee mense in die oprit van ʼn huis, by ʼn voertuig se kattebak. Die huis se skuifhek is oop. ʼn Wit voertuig ry verby die huis waarna drie gewapende mans uitspring en die twee mense in die huis in dwing. Die aanvallers laat spaander kort daarna wanneer ʼn gewapende man in sy onderklere met ʼn vuurwapen op hulle afstorm.

Die voorval het vermoedelik in Roodepoort, Johannesburg, plaasgevind.

Maroela Media het die beeldmateriaal aan die polisie gestuur en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

clifford ·

Dis die enigste manier wat die vermeende boewe, sal agterkom ons ga nie hul twak vwrdra nie

Pierre ·

Punte vir jou meneer. Ek hoop ‘n skoot of twee was raak. Terugbaklei sal ons!

Nietta ·

Dis so amazing om dit te sien… Maar tog so verskriklik om te sien hoe eenvoudig maklik dit vir hulle is om mense net so sommer aan te val!!

Tina ·

Ek dog dan nou n mens mag nie op inbrekers wat vlug skiet nie? As hy sou tref, sou dit nou culpable homicide wees, of dolus eventualis?

George ·

Tina as n rower hardloop en val en hy skiet hom self per ongeluk agter in die kop . Wie gaan huil ?

George ·

Jy hardloop nie met n vuur wapen in jou hand of sak nie , want as jy val kan enige iets gebeur , my oom het vandag geen kinders want hy het ge hardloop en ge val met n 12 boor hael geweer en toe skei my tanie hom .

lucas ·

Het dit ook gesien op “epr west rand” site op facebook gister.

scalla ·

charmaine,dit is mos sy hek, wat soek die barbare daar in die eerste plek…

J Swart ·

Pragtig 10 uit 10. Elke rower wat dood geskiet word sal nooit ooit weer roof nie. Ons is in barbareland.

Willie ·

Dit is ‘n videogreep wat oor en oor besigtig kan word sonder om moeg te raak! Dit lyk of dit ‘n lokval is wat vir die niksnutte opgestel was. So lafhartig as hulle vinniger hardloop as wat die wegkommotor kan versnel. Ek salueer daardie persoon wat sy mense beskerm het. Dit verg waagmoed.

Suzette ·

Wow! Kyk hoe spaander die lafhartige gemors toe hulle in iets anders as ‘n vrou of bejaarde vasloop. Knap gedaan.

Amore ·

“Maroela Media het die beeldmateriaal aan die polisie gestuur en wag vir terugvoer.”

Hoekom?

Gerda ·

Ek vra dieselfde vraag Amore! Hoekom? En waarom die opskrif ‘halfnaak man’? Dis 6h11 in die oggend, hy’s nog in sy slaapbroek, dis al. Ek’s dankbaar hy’t so vinnig reageer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.