Video: ‘Handsakdief’ kry pakslae

Phillip Basson saam met die vrou wie se handsak gesteel is. Die is 'n skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Phillip Basson saam met die vrou wie se handsak gesteel is se vriendin. Die is ‘n skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Span loodgieters van Witbank in Mpumalanga los nie net die dorp se rioolprobleme op nie, maar is ook bereid om boewe te help vastrek.

Phillip Basson, eienaar van Magic Plumbing, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy en sy span het Dinsdag omstreeks 08:30 in twee afsonderlike voertuie in OR Tambo-weg gery toe hy by ʼn verkeerslig vier vroue hoor gil.

“Die vroue is huiswerkers en het saam in ʼn groepie gestaan toe ʼn man met rastalokke een van hulle se handsak gegryp en laat spaander het,” het Basson gesê.

Basson het in daardie stadium die verdagte agter sy bakkie sien verbyhardloop. Die verdagte het in die veld in gehardloop in ʼn poging om weg te kom.

Basson het sy bakkie omgedraai en besluit om die booswig agterna te sit. Sy span het sy voorbeeld gevolg en gou by hom aangesluit.

“Ons het omtrent so kilometer en half agter hom in die veld aangehardloop tot ons hom uiteindelik platgetrek het. Hy was ʼn wilde mannetjie en het woes gespartel en die hele span moes hom soos ʼn sak patats dra. Hy het selfs in ʼn stadium een van my werkers se arm gebyt,” het Basson verduidelik.

Die Magic Plumbing-span het die verdagte tot by hul voertuie gedra waar hulle die handsak aan die dankbare slagoffer terugbesorg het. Die verdagte het nie tyd gehad om enigiets uit die handsak te steel nie.

Die hele gedoente het voor die gemeenskapskoerant Witbank Nuus se kantoor plaasgevind en hul verslaggewers was spoedig op die toneel om dit op film vas te lê. Hulle het ʼn video van die voorval geneem en dit op YouTube gelaai. Die video was teen Woensdag reeds sowat 6 000 keer gekyk.

Basson het gesê hulle was nog besig om die verdagte aan te hou toe ʼn beampte van die Witbank-polisie verby die toneel gery het.

“Ons het die beampte se aandag getrek en hy het die man in hegtenis geneem en die vroue se verklarings geneem,” het Basson bygevoeg.

Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank-polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die slagoffer het gesê sy was op pad na haar werkgewer toe die man haar handsak gegryp het,” het Hall gesê. Hy het bevestig dat ʼn siviele inhegtenisname gemaak is en dat voorlopige ondersoek nie daarop dui dat uitermatige geweld gebruik is om die verdagte, wat hom glo verset het, aan te keer nie.

Hall het gesê die man wat in hegtenis geneem is, is 34-jaar oud en van Midrand in Gauteng.

Die verdagte het Woensdagoggend in die dorp se landdroshof verskyn. Die saak is tot 27 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy staan tereg op aanklag van gewone roof waarby ʼn wapen nie betrokke was nie.

Lees die opvolgberig hier.

https://youtu.be/a3ZVUVXIbmY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

EMK ·

Daar’s hy tannies! SLAAT hom! Die “draers” moes hom so biejtie “per ongeluk” teen die klippe in die veld gestamp het en ook sommer “per ongeluk” bietjei laat val het op die klippe – wie nie wil hoor nie moet VOEL!

Braam ·

Gee so dief n kwart teeleepel Indian bean op n burger en ek waarborg jou by ka ka hom oornag morsdood. Dit is mos nie teen die wet nie want dit is mos detox

CR ·

Eish – Indian beans is gif hahahahahaha! Die goed is vroeer jare in ons kantoor gebruik om die “fat cats” wat al die koekies op eet by te kom.

EMK ·

Ag nee CR noem die naam van die goete – ek sou regtig wou weet wat dit is!! Het dit gehelp vir die koekiedief??

Eileen ·

Julle is MAGIC!!!! Welgedaan!!! en ek hoop julle onderneming kry sommer tonne meer werk in!

Cum Laude ·

Gelukkig het die plumber nie self geslaan nie. Dink net aan die rasisme dan! Mooi kop gehou.

Kowie ·

Knap gedaan manne . Die vrou moes net nog harder geklap het, en die ander een het hon darem mooi bygekom met die BESEM.

Griki ·

Pragtig, pragtig, pragtig. Welgedaan, manne! My aand is nou sommer gemaak.

EMK ·

Ek het die video seker al 5 maal vandag gekyk en lag my elke keer dood vir die kwaai anties! Net reg!

lorayne ·

Magic Plumbing Witbank se werkers, ek is TROTS op julle! Ons Land kort mense soos julle!

nig ·

Justice for the people by the people! DIS hoe dit gedoen moet word!

Sollie ·

Die mense in Midrand beter pasop – hy het homself vasgeloop in Witbank so as hy teruggaan huis toe gaan hy sy streke daar probeer herhaal. Hou die besems reg!!

joey ·

ek is so bly dan hulle hom sommer daar staan en slaan want hy gaan tog gelos word deur die sap wel gedaan jule kor n medalje

joey ·

ek is so bly dan hulle hom sommer daar staan en slaan want hy gaan tog gelos word deur die sap wel gedaan jule kor n medalje

Ek dink ·

Saak is uitgestel, met ander woorde niks verder gaan gebeur nie. Ek stem, die vrouens moes hom BAIE harder geslaan het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.