Video: Handsakdief-sindikaat doenig in Pretoria

handsakdiefDie video volg onderaan die berig.

ʼn Handsakdief-sindikaat teister glo winkelsentrums in Pretoria.

Rekord Centurion, ʼn plaaslike gemeenskapkoerant, het ʼn video van een van die voorvalle bekom en inwoners oor die tendens gewaarsku.

Die vrou in die video, Salette Frazao, het in Februarie ’n onaangename ondervinding gehad toe sy ’n vrou met haar hand in haar handsak in ʼn Chinese winkel in Mall@Reds in Centurion betrap het. Die vrou wou Frazao se beursie steel. “Ek het haar gevra waarmee sy besig is, maar sy het my dadelik begin vloek,” het Frazao aan die koerant gesê. Sy vermoed dat die vrou haar van die bank tot in die winkel agtervolg het.

Volgens Natasha van der Merwe, die sentrumbestuurder, is daar sindikate wat in alle winkelsentrums bedrywig is en dat hulle elke week tussen winkels wissel.

Vroue is gewaarsku om ten alle tye paraat te wees en hul handsakke veilig te hou. Lees die volle berig hier.

Bron: Rekord Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Vir my vang hulle nie weer nie ! My handsak word nie net oor die skouer gegooi en daar gaan ek nie – ek klou vas, en druk hom ook lekker styf teen my maag vas.

Die skade wat daarmee gepaard gaan sou mens dink is minimaal, allesbehalwe, soms word identiteitsdokumente wat in beursies gebêre word (asook bestuursderslisensie) saam gesteel. Die tyd en moeite om alles te vervang is dit nie werd nie. KLOU VAS, EN HOU VAS en sit ‘n keelgat op as jy agterkom jy word besteel. Wees waaksaam !

corlize ·

hul het sopas vanaand n vrou se handsak gesteel agter ons in die spur by centiron life style sentrum.en sy is weg met dit.

Marietjie ·

Sy sou darem ‘n warm klap gekry het as ek haar met haar hand in my handsak betrap het en nog ‘n klap op die ander wang as sy my begin vloek het. Of wag, bietjie pepersproei….sy gaan meer huil as met ‘n klap of twee.

Riekie Nel ·

Ek het eenkeer ook so voorval beleef in Jet in Centrurion mall. Ek het agter gekom ek word agtervolg. Net om seker te maak het tot by die vroueskoen-afdeling geloop. Dit was ‘n swart man en -vrou wat ek heeltyd naby my bespeur het. By die vroueskoen-afdeling was die man weer naby, die vrou op ‘n afstand. Toe ek (kamma) ingedagte na die skoene kyk, het hy ewe hard op sy hurke langs my die vroumens skoene besigtig. Die volgende was die handjie wat in so slow-mo na my handsak toe uitreik. Die oomblik wat hy my handsak raak het ek, tot my eie verbasing, ‘n vuishou in sy rug geplant. Toe spring hy grootoog op en vra wat ‘what are you doing?’ Ek vra hom toe’wat maak jy?’ Ek vertel hom toe ek hou hulle al heeltyd dop en sien hulle agtervolg my. Ek wys toe ook sommer die vrou uit. In ‘n oogwink was hulle skoonveld, en niks het van die voorval gekom nie. Mens moet maar net ‘wake-up’ wees. Maak altyd jou handsak toe en sit jou hand daarop indien moontlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.