Video: Hartbeespoort-massapatrollie voer skrikbewind teen misdadigers

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het honderde inwoners in die Hartbeespoort-omgewing gemobiliseer om deel te neem aan ‘n massa-patrollie teen misdaad. Dit kom nadat minstens vier mense hier in afsonderlike voorvalle in Desember en Januarie vermoor is.

Die massapatrollie is in samewerking met nege veiligheidsnetwerke vanuit Hartbeespoort, De Wildt, Hercules, Broederstroom, Schoemansville, Ifafi, Meerhof, Melodie en Skeerpoort gekoördineer.

“Die lug was vir sowat 13 uur van die dag vol helikopters en vastevlerkvliegtuie wat ondersteuning aan grondspanne gebied het. Daar was meer as 400 patrolleerders wat per voertuig, motorfiets en te voet in die area beweeg het,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Cameron het bygevoeg dat daar tydens die operasie op meer as R5 000 se dagga beslag gelê is.

“Dit was ongelooflik om te sien hoe ʼn gemeenskap so mooi kan saamwerk om misdaad te bekamp. Die polisie van Hartbeespoort en De Wildt was ook uitstekend tydens die massapatrollie,” het Cameron afgesluit.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Dankie AfriForum vir hierdie geslaagde massa-patrollie teen misdaad. Dit is ‘n riem onder die hart dat Suid-Afrikaners saam kan staan teen misdaad. Dit sal wonderlik wees as daar moontlik nog meer van hierdie massa-patrollies kan wees reg oor ons land, sodat ons as mense van alle kulture kan leer om saam op te staan teen misdaad.

Drieks ·

Ek stem Anet, ons kan net almal saamstaan om ‘n beter land te hé.
Dankie Afriforum… Ek glo almal sal nog aansluit by Afriforum.

charmaine ·

Dit is voorwaar jammer dat julle so moet telleurgestel word. Wat help dit julle doen soveel moeite en nie eers 20km verder in Hekpoort funksioneer n versekeringsmaatskapy op onwettige uitlanders. 70% van sy wagte is onwettige immigrante van Malawi. Hul paspoort en assailam papiere is nie dieselfde dit moet duidelik aan die firma wees dit is bedrog. HuLle is al geraporteer aan PSIRA en dept Arbeid maar almal is in slaap mode. Wat sal gebeur as hier n plaasmoord gepleeg word deur een van die wagte. Julle kan vergeet om hul ooit op te spoor om inhegtenis te neem vir hul dade want al hul informasie is vervals so daardie wag bestaan nie in sy land selfs hul PSIRA dokumente is vervals. Maar so kom so baie maatskappye daarmee weg want hul eienaars het geld en bribes is in die orde van die dag in die land van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.