Video: Haweloses stig dalk brand in kultuursentrum

Die Kouga-kultuursentrum (Foto: ecobuilddesign.com)

ʼn Gedeelte van die Kouga-kultuursentrum op Humansdorp in die Oos-Kaap is Dinsdagoggend in ʼn brand verwoes. Dié sentrum word as ʼn ikoniese gebou op die dorp beskou en beskik oor ʼn unieke Afrika-ontwerp.

Volgens Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, het hawelose mense na wat verneem word vroegoggend ʼn vuur in die sentrum gemaak. Die vlamme het glo buite beheer geraak en in die gebou versprei.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel of die brand opsetlik gestig is of ʼn ongeluk was,” het Hendricks aan Maroela Media bevestig.

Volgens Hendricks is die munisipaliteit se brandweer omstreeks 05:30 na die sentrum ontbied. Brandbestryders het daarin geslaag om die brand spoedig in bedwang te bring.

“Weens die grasdak het die gebou vinnig vlamgevat en omtrent die helfte van die sentrum is in die brand verwoes. Geen beserings is aangemeld nie.”

Die sentrum, wat op die hoek van Voortrekkerweg en Mainstraat geleë is, is in 2002 opgerig en word volgens Hendricks as ʼn baie gewilde en ikoniese gebou op die dorp beskou.

“Die sentrum is op ’n unieke en tradisionele Afrika wyse ontwerp, wat die geboorte van die Afrika Renaissance en ekologiese volhoubare ontwikkeling simboliseer.”

Die sentrum was aanvanklik vir funksies gebruik en het verskeie ander doele gedien. Dit is egter die afgelope drie jaar vir besoekers gesluit.

Paaie om die sentrum, waaronder Mainstraat, Voortrekkerweg en die R102, is tydelik gesluit weens die digte rook wat oor die gebied hang. Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.

UPDATE: FIRE AT CULTURAL CENTREThe Kouga Fire Department extinguished the fire that started around 05:30 this morning.The fire, that caused extensive damage to a quarter of the Centre, was due to a fire started inside the building by homeless people.No one was injured. ALERT: ROAD CLOSURE DUE TO FIRERoads leading to and from the Cultural Centre in Humansdorp (Main Street, Voortrekker Road and the R102) are closed due to the Centre burning – causing poor visibility and dangerous conditions.Motorists are advised to avoid the area and use an alternative route.

Posted by Kouga Municipality on Monday, August 30, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

miavos ·

Pleks dat die brandstigters deur hul eie handewerk vernietig word!

Misky ·

Wat soek hulle daar en hoe het hulle toegang tot die gebou en perseel gekry?

Jr ·

Brand af. Nie happy as daar nie vlamme is. Geneig om te glo vuur kom van afrika af.

andre ·

Vuurmaak is n oeroue instink .Op tradisionele Afrika wyse word dit voortgesit ,

Strandloper ·

Gee hul dit…darem een kuns aangeleer maar die res sal nog eeue neem!

Ian ·

Tenders hier kom weer n geldjie los wat in verkeerde hande kan val.

Keith ·

How convenient, seeing as this building was under discussion for the past two months. Er… um
Se’ maar net.

Klipkop ·

Nou is daar nog ‘n plek wat na Winnie Mandela vernoem kan word. Die vuurhoutjie se nalatenskap is verruklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.