[Video] Heinz sê jammer ná video oor plaasmoorde storm ontketen

Heinz Winckler (‘n Skermskoot uit die video)

Die Afrikaanse sanger Heinz Winckler het hom die afgelope naweek tot sosiale media gewend om om verskoning te vra vir ʼn video oor plaasmoorde wat ʼn storm om die sanger se kop laat losbars het.

Winckler het op 26 Oktober ʼn video op Facebook gedeel waarin hy sê dat die “fokus van plaasmoorde waarskynlik op die verkeerde plek is” en dat hy nie glo dit gaan enigiets aan dié kwessie verander as mense Maandag (30 Oktober) in hul massas gaan swart dra in solidariteit met die boere en families wat die afgelope paar jaar hul lewe in plaasaanvalle verloor het nie.

Duisende Suid-Afrikaners dra Maandag swart ná ʼn versoek van Chris Loubser – die boer wat die hartroerende video gemaak het nadat Joubert Conradie (47) verlede Dinsdag ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl gesterf het.  Loubser het in die video vertel hoe Conradie se dood hom én die gemeenskap as ʼn geheel geruk het en versoek dat mense wat die video kyk Maandag swart aantrek ter ondersteuning van die land se boere.

Winckler het verder ook in die video gesê die buiteland het hul eie kwessies soos terreuraanvalle en dat daardie mense se lewe ook in gevaar is, maar dat dié kwessie deur Suid-Afrikaners opgelos behoort te word omdat dit “ons eie kwessie” is. Hy het ook aangevoer dat plaasmoorde volgens hom nié ʼn raskwessie is nie.

“Ons gaan nie die kwessie van plaasmoorde oplos as ons nie na die ware oorsaak daarvan kyk nie. Dis nie ʼn raskwessie nie. Ons maak dit ʼn raskwessie en dit bekommer my dat ons dit so doen. Dis nie hoe ons ʼn beter nasie gaan word nie. Ek het hierdie begeerte om te sê: Ek stem saam met die mense dat iets moet verander en dat plaasmoorde moet endkry. Maar die vraag is, wat moet ons doen? Gaan dit help om Maandag swart te dra? Met alle respek, ek dink nie so nie. Ek dink nie dit gaan ʼn blywende uitwerking hê nie. Mense mag dalk beter voel vir ʼn enkele dag, maar hoe gaan ons dit op lang termyn verander?” het die sanger laat hoor.

Hy het ook gesê die “algemene mening” dat plaasmoorde uit “haat vir wit boere” gebeur “weens kwessies van die verlede” is waarskynlik onakkuraat.

“Die algemene mening oor waarom plaasmoorde plaasvind, is dat die land vol moorddadige mense is wat wit boere haat weens die verlede. En nou probeer dié moordenaars soveel moontlik [wit boere] doodmaak. Ander menings is dat [die moordenaars en verdagtes] bloot misdadigers is wat wil steel. Ek dink egter nie dis die kwessie nie. Wat ons moet onthou, is dat ons in ʼn ongesonde en disfunksionele samelewing leef. Die meerderheid, miljoene mense, het grootgeword sonder om die waardes te leer wat die gemiddelde Afrikaanse persoon, ek veralgemeen sommer, tydens sy grootwordjare in ʼn Christelike agtergrond leer. Ons leef in ʼn land waar baie kinders sonder ʼn pa grootword.”

Volgens hom is die kwessie van plaasmoorde eerder ʼn maatskaplike kwessie.

“Wat as jy grootgeword het in ʼn plakkershut as een van agt kinders en grootgemaak is deur jou ouma? Jy ken nie eens jou pa nie en jou ma moet probeer geld maak in die stad. As jong seun soek jy dan na ʼn doel in die lewe en jy kry dit nie van jou pa nie – [tydens jou grootwordjare kry jy dus] ook geen sin vir reg en verkeerd nie. Jou voorbeeld is meestal maar ʼn bende vir wie jy slegte dinge moet doen. Dít word dan jou normaal. Die moorde op plase is baie meer ingewikkeld as wat mense dink – daar is ʼn rede hoekom mense uitdraai soos hulle doen. Dit maak dit nie reg nie. Maar dis steeds nie wys om dit ʼn raskwessie te maak nie. Om na die Verenigde Nasies te hardloop gaan nie die kwessie oplos nie. Dis ons probleem om op te los. Hoe doen ons dit? Ek weet nie. Maar wat duidelik is, is dat plaasmoorde die simptoom is van ʼn groter kwessie. Moet moordenaars opgesluit word? Ja. Gaan die kwessie verander as ons swart dra? Ek dink nie so nie. Meer mense gaan dalk bewus word van die probleem. Maar die probleem gaan daar bly. Tensy ons as mense saam opstaan en sê: Nou stop dit.”

Dié video is bykans 500 000 keer gekyk en meer as 7 000 keer op sosiale media gedeel. Die sanger is wyd gekritiseer en die video het meer as 11 000 kommentare uitgelok. Die meeste kommentare was van ʼn negatiewe aard wat die sanger gekritiseer het dat hy nie die kwessie verstaan nie en dat sy video nié respek toon teenoor die boere wat in die plaasmoorde oorlede is nie.

Talle sosialemediagebruikers het ook gesê om swart te dra, gaan nie daaroor om die kwessie nou op te los nie, maar om solidariteit te toon met dié wat hul lewe verloor het. “Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie,” het Yolandi Trollip laat hoor. “[Dit] maak nie saak hoe jy grootgeword het nie, jy het ʼn keuse met elke aksie in jou lewe,” het Wilme Kotze geskryf.

Duisende sosialemediagebruikers het gesê die sanger is “oningelig” en dat die kwessie van plaasmoorde wél ʼn raskwessie is.

“Ek het dit [al die negatiewe kommentare] nie verwag nie,” het die sanger die afgelope naweek in ʼn video laat hoor. “Baie mense het geweldig aanstoot geneem en vir my vreeslik kwaad geraak. Ek kry verskriklike boodskappe wat dit duidelik laat blyk dat ek ʼn klomp mense kwaad gemaak en ontstel het. Daarvoor wil ek diep om verskoning vra. Ek is baie jammer – dat ek jou ontstel het en dat ek dit laat lyk het asof ek nie simpatie met die boere het nie. Dit was glad nie my bedoeling nie en dit is nie die waarheid nie.

“Ek is lief vir die Afrikanermense; ek is self Afrikaans. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is Afrikaans, maar ook ʼn Suid-Afrikaner. My hart gaan nie net uit aan die boere wat vermoor word en die mense wat agtergelaat is nie. Dit gaan ook uit aan die meer as 19 000 ander mense wat in die afgelope jaar vermoor is en die mense wat hulle agtergelaat het.

“Die hart van die video was om te sê: Kom ons staan saam as Suid-Afrikaners van alle rasse en kulture teen die donkerte wat in ons land is. Kom ons bid saam dat daar uitkoms sal wees. Kom ons vertrou op die Here, dat Hy ons bymekaar en ʼn einde gaan bring aan al hierdie dinge wat so negatief is. Dit is my hart en dis wat ek probeer sê het. As dit nie so oorgekom het nie, vra ek om verskoning. Ek is lief vir Afrikaanse mense; ek is lief vir swart mense, gekleurde mense, Asiërs en almal in die land. Ek glo ons het ʼn helder toekoms as ons kan saamstaan. Mag Maandag ʼn rooiletterdag wees op ʼn positiewe manier.”

Die sanger het sedert die naweek nog nie weer gereageer op die negatiewe kommentaar wat die tweede video ontlok het nie.

https://www.facebook.com/HeinzWinckler/videos/10156027141195757/

https://www.facebook.com/HeinzWinckler/videos/10156021260535757/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Logan ·

Heinz is reg. Die swart dra is goed en wel maar dit is op die ou ent net n manier om ons gewete te sus. Dit bekommer my dat ons mense dink dit is n oplossing tot plaas moorde. Die moordenaar gaan tog nie nou twee keer dink oor ons swart aangetrek het nie? Sulke emosionele optredes veroorsaak dat die werklike probleem nie ingedien word nie, solank in deel is van die in crowd wat almal dieselfde ding doen.

Ek weet nie wat die werklike oplossing is nie. Ten minste nie volgens wet nie. Maar hierdie gaan niks verander nie. Almal het vandag klaar weer aan beweeg na die volgende issue en die en is nog steeds nie opgelos nie, maar ten minste voel ons goed want ons was deel en in.

Dalk moet ons ons boere se veiligheid help opknap eerder? Hekke en diefwering en so meer help opsit en installeer? Dit is darem iets meer paraat?

Ai ·

Logan, wat jy nie verstaan nie, is dat dit gaan oor ondersteuning vir mekaar en verootmoediging voor God. Daar moet kennis geneem word dat die boere ook ‘n stem het en ja, ek dink nie dit was maar net nog ‘n dag en nou is alles weer klaar vergete nie. Nee! Die breekpunt is bereik en die boere besef hulle moet verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid aanvaar, want dit sal definitief nie van die staat af kom nie. So probeer om nie so oppervlakkig daarna te kyk nie.

PeterV ·

Dra die moordenaars kennis van SwartMaandag. Lees hulle koerant of kyk TV

Haat Spraak ·

Daar is krag in ons woorde (Spr 18:20-21). Woorde is saad wat gaan vrugte (goed of sleg) voortbring. Vir etlike jare nou al is daar sekere politieke partye wat liedjies sing (en opmerkings maak oor die grond wat blankes besit) wat mense wat arms is aanhits om hiedie groepering van mense leed aan te doen. Nou is daar ‘n oes. Die bloed vd vermoorde en onskuldige plaas boere is nou op hulle hande. Ons moet se: “Genoeg is Genoeg”. Om net passief te wees en niks te doen nie is krimineel en onverantwoordelik.

Mary ·

Ek het geluister, en hoor Heinz se hartsbedoeling is goed. Ek verstaan nie die mense se vyandigheid, net omdat hul van hom verskil nie. Verder het ek n probleem daarmee dat diegene wat nie met oordrewe emosie aan swart Maandag deelneem nie, so woes veroordeel word deur die wat dit wel so passievol ondersteun. Almal het n reg op opinie, nie net die wat optogte gehou het nie. Duisende gelowiges het Maandag gebid, sonder protes, en het nie nodig om daarvoor veroordeel te word nie.

Sonja ·

As Heinz di feite reg het sal mense ni vyandig teenoor hom wees ni. Hyt klomp snert kwytgeraak.

Ek ·

Wel Heinz… As jy vanaand jou bord kos eet…. Onthou asb waar dit vandaan kom… Van die BOERE af.

anton ·

Glo hy gaan sy ”Uitspraak” aan sy sak voel as mense hom nie meer ondersteun nie.
Daarom moet mense eerder stil bly oor iets as hulle nie weet waarvan hulle praat nie.

PeterV ·

Hoekom Heinz se kop afbyt. Hy het n mening gelug wat groot waarde dra. Was julle jonges daar gedurende apartheid, nee. Ek was. Ons het met van ons eie swarte en wit nasie tot met die ganse wereld baklei. ‘n Oorsensitiewe , onverdraagsame nasie. Spreek net ‘n mening uit wat nie die die hitte van die oomblik tsunami behaag nie, en oorlog word verklaar. Ons baklei vandag nog onder mekaar amper 70 jaar later. Die skrif is aan die muur, dit gaan ons duur te staan kom, so, kan iemand ons se wanneer versoening gaan begin asb?

Paperdoll ·

Ek stem. Boere is die hartklop van n land. Vernietig die boer en jou land is in sy kanon in. Heinz moet liewer by sing gehou het. WANT N AFRIKANER IS HY BESLIS.

zelda ·

Nee jy wou net iets sê… geen oplossings…. klomp verskonings maak vir hul en en en… maar jy het eintlik net nonsens gepraat!

Albert Bosman ·

Stem saam met jou – al wat Heinz gedoen het was om te probeer regverdig wat hy aanvanklik gese het. Dis nie regtig verskoning vra nie – hy sing nie sleg nie en ek dink dis waaraan hy moet aandag gee – moenie vir Steve Hofmeyr probeer copy nie – Steve is uniek. Nie kwaad vir jou nie Heinz – hopelik het jy iets geleer.

Stem nie noodwendig saam ·

Ek stem wel met ‘n paar feite saam, dit gaan nie die probleem oplos, maar as ons almal op ons basse sit en praat gaan dit glad nie opgelos word nie. Jy kan slegs iets bereik as jy n eenheid raak en grootskaalse bewustheid het, dan sien die wereld hier gebeur dinge. Dit is belangrik dat die wêreld sien wat gebeur, jul is dalk reg, hul kan dalk nie ons probleme oplos, maar hul gaan beslis hierdie geld inspuitings stop, hul gaan sien hoe meer jy gee, hoe meer wil hul hê en hoe minder wil hul werk en hoe wreder raak hulle. Die prentjie wat altyd vir die buiteland geskep word is dat ons hul geweldadig onderdruk het en nooit versorg het, ek is glad nie rassisties, ek kom uit ‘n gesin waar kleur nie saak maak, ons familie alle rigtings toe het nooit neergesien of sleg behandel nie, opgelei en daar gewees. Ons word nie dieselfde behandel nie, maar dit is ‘n hele politieke storietjie op sy eie. Ek voel soos Refentse, ons nuutste Afrikaanse superster, ek sien nie kleur en kan nie verstaan hoekom dit werklik soveel aandag moet kry nie. Verder as jy Brazil kan besoek, absoluut die plek waar jy geen rassisme sien nie….. ongelooflike belewenis.

Walter ·

Kom boer ñ week saam my dan sal jy sien ons almal nie sleg soos wat jy ons maak ou seun.. Ek en my mense ñ digte span en dit gaan oor meer as net jou ego..

Wessel ·

Hierdie was die tipiese liberale retoriek in die laat tagtiger en begin negentiger jare. Gelukkig het sommige se oe al oopgegaan na meer as 20 jaar van ANC oorheersing.

Astrid ·

Ek voel jammer vir jou, Heinz!!! Ek dink nie jy besef hoeveel skade jy aangerig het met jou oningeligte stellings nie, ek dink nie enige regdenkende Suid Afrikaner sal ooit weer dieselfde na jou kyk nie, nog minder voel hulle kan op jou reken in tye van nood nie! Ek is nie ‘n Steve fan nie maar tenminste staan hy vir iets en speel nie die skare soos dit hom pas nie, tenminste weet ek wat ek sien is wat ek kry! Elk een het die reg tot sy eie opinie maar een ding wat jy moet leer, is dat daar ‘n tyd en plek is vir alles.

PeterV ·

Dra die moordenaars kennis van SwartMaandag. Lees hulle koerant of kyk TV

Theresa ·

Dis die punt. Niks was op verkeerde plek nie. DIe punt was om oor die plaasmoorde ‘n standpunt in te neem. Almal weet elke moord is verkeerd. Maandag was dit oor die plaasmoorde. Waarom is dit so moeilik om in te sien?!
Die wye publiek gaan wyd tekere oor elke moord waarvan mens lees.
Snaaks dat die wye publiek nie so oor plaasmoorde reageer en aandring op ondersoek daarna nie. Dus – Maandag was gedoen – in goeie orde – en goeie rede.

Ten minste ·

Ten minste doen die “Black Monday” groep iets aan die saak, hierdie is die begin van goeie dinge vir elke eerlike burger. “Black Monday is nie ‘n rasistiese beweging nie, eerder ‘n saamstaan teen misdaad. Hul sienswyse is juis om vir alle wetsgehoorsame burgers ‘n reg te gee. ‘n Reg op veiligheid, beskerming, lewe……. hierdie boere en hul werkers sorg vir kos op almal se tafels, as hul vermoor word met of sonder werkers, bring dit ‘n groot ekonomiese agteruitgang. Die Regering moet maar bietjie gaan somme maak en kyk hoeveel geld aan inkoste verloor hul na elkeen se dood. Gigaba dit sal jou dalk baie help……

Gerda ·

Wat die arme ou glad nie besef het nie, is dat duisende Christene saam vir die Almagtige God gebid het om ons land te red. Ons het nie net swart hempies aangetrek en aangegaan met ons lewens nie, want dit sou inderdaad nie gehelp het nie. Ek self was nie by ‘n optog nie, maar ek het swart aangetrek werk toe en gedurende die dag gebid. En nie net gebid vir beskerming van boere nie, maar vir die hele land want die duiwel loop los rond hier. En ek is seker daar is baie wat dieselfde gebid het. Videos soos hierdie skep net verder verdeeldheid en hy het in elk geval geen oplossings gegee nie. En dit net oor hy probeer aandag trek. Jammer Heinz, die aandag was toe nou nie op jou en jou wit hemp nie, maar op duisende boere in swart wat saam gekniel en tot God gebid het.

Sjoe ·

Ek is ‘n Heinz aanhanger, maar ek stem nie saam. As jy niks doen sal daar niks regkom. Goed wees, versorg en uitdeel stop nie hierdie dinge, jy kan dalk hul volgende slagoffer wees. Kyk gou net sedert “Black Monday” wat gebeur het. Hierdie mense moor vir plesier en ja nie net wit boere nie, swart ook so ook werkers en dit is waarvoor “Black Monday” opstaan. Ondersteun hul eerder en probeer oplossings vind, kritiek teen so positiewe uitreik, bewusmaking en iets niets stig, is net so sleg soos die dade self. Ek verstaan egter van jou redenasies en waar dit vandaan kom, maar in praktyk en die mooi wat jy sien en beleef, bestaan dit nie. ‘n Mede kunstenaar is ‘n week terug in die gesig gesteek toe hy ‘n Uber voertuig huistoe wou neem, dit is nie reg nie, dit kan jy wees, moet dit eers met jou gebeur voor jul verstaan die hele omvang van “Black Monday”

Johanna ·

Ons almal weet daar word ook ander moorde buiten plaasmoorde gepleeg. die punt is om n standpunt in te neem. daar is n duidelike en direkte aanval op ons boere, dus is dit belangrik om met so n gebaar ons ondersteuning en simpatie vir ons boere te toon. asook ons bittere teleurstelling teenoor die Regering wat geensins enige medelye toon nie. en ons moet glo dat die feit dat ons so kon saamstaan, deur onse God en Hemelse Vader as n gebed vanaf ons ontvang is.

Ina ·

Ek wil jou regtig vra, hou jou by jou leuse. Jy het geen benul waarvan jy praat nie.
Ons wat reeds deur plaasmoorde geraak is weet waardeur die mense gaan. Gaan op jou knie en bid dat dit jou familie gespaar sal bly. Slaan jou kitaar met jou sagte handjies en verander
jou wyse.

ongelooflik dom ·

Hy het seker gedink dit gaan sy gewildheid verbreed – maar toe nie. Hy het ‘n verkeerde perd loop opsaal. Het nie ‘n benul waarvan hy praat nie.

eugene ·

aag ou Heinz, jy het net n klom sinnelose woorde gebabbel , geen sin hoegenaamd
plaas bly jy net stil en luister na die reen
gaan boer n rukkie dan gaan jou oe dalk oop

Poppy ·

ek was so geskok toe ek jou video gesien het deur te se dat swart swaar grootword, en baie vader loos is. ek het sonder n pa groot geword, en so ook baie ander…hoe rigverdig dit die moord en roof wat tans aan die gang is.?

Dirk Breytenbach ·

Stem saam Heinz jy het jou uitgelaat oor iets wat jy nie verstaan nie en in die proses skade aan jouself gedoen. Hopelik kom jy eendag tot ander insigte. Tot dan het ek geen aptyt vir jou musiek of optredes nie.

Ada ·

Sorry ou maat jou apologie gaan niks aan die saak kan verander nie,
Dit was gese en dit was gehoor en dit gaan nie vergeet word nie.

Theresa ·

Behoede ‘n land as armoede of ‘n kultuur genoeg verskoning word om ander mense dood te maak. NEE! Jy’t my beslis as aanhanger verloor. Jy praat sonder insig.
Die dag was gebruik om rou te toon vir die boere wat reeds gesterf het aan die hand van moordenaars. M O O R D E N A A R S. Ongeregverdig, onnodig.
Hoe KAN jy dit goedpraat/’n verskoning daarvoor uitdink – dis verregaande.

Maar, blykbaar is daar baie ander wat hul eerder sal skaar by dié wat dink die boere is mal om so ‘n treurdag / en smeek om hulp dat dit moet stop-dag te hou.
Jy sal blykbaar die geleentheid kry om jou dus daar uit te leef.

Die boeregemeenskap en werkers en sommer publiek ook, het die reg om ook soos ander wat hul ongeneëndheid te kenne wil gee (dink maar taxis, trokryers, politieke partye, ens. ens. ) om so te maak. Kyk hoeveel het deelgeneem – en geen plek was geplunder nie!).

Nyd teenoor enige mens, regverdig nie moord nie.

adriana ·

Onthou waar jou kos vandaan kom met elke hap wat jy vat. Jou pap, brood, vleis, groente, vrugte,……..
Jy het jou jou sterretjie laat val.

susana ·

Hy het geen probleem gehad ‘n jaar gelede toe al die boere opgedaag het by Nampo Park met sy optrede met die droogte nie? Nee nee jy draai jou mantel na die wind. Droogtes en moorde oral maak die land arm xxxx

LMF ·

Laat ons mekaar mooi verstaan jy het gedog as jy iets sê gaan almal luister en wragtag ons het geluister baie gepraat maar niks gesê nie en lees nou mooi hier ons as wit Boer het jou op jou troontjie gesit en so sal ons wit Boer jou plat vee soos in van hero na zero ek kon darm bietjie lag vir jou onkundigheid oor die rede vir die van swart aantrek maar jy moet nou maar maai wat jy gesaai het sterkte met jou loopbaan want jou CD le in my asblik

Sonja ·

Heinz
As jy ni jo feite reg het en weet wat op platteland aanga, voel ek jy moet liewer jo mond ho. Jyt ook nou iets gehoor of gelees en nou wil jy slim klink. Kom bly n maand op n plaas. Glo jy sal n anne deuntjie sing.
Jo clips was so pateties ekt jo eintlik jammer gekry.
Al wat jy reggekry het was om jo naam mt n plank te slaan.

Dirk Breytenbach ·

Stem saam Heinz jy het jou uitgelaat oor iets wat jy nie verstaan nie en in die proses skade aan jouself gedoen. Hopelik kom jy eendag tot ander insigte. Tot dan het ek geen aptyt vir jou musiek of optredes nie.

magda beneke ·

Almal kan nie altyd oor alles saamstem nie. Ek het begrip vir Heinz en weet hy is n gelowige, maar as boervrou wat n swaer in n plaasmoord verloor het, albei skoonouers wat kopskote oorleef het , hulle was in hulle laat sewentigs, n dogter en haar man wat gekaap is en skote deur die arm opgedoen het, kan ‘n mens nie sonder emosie na hierdie dinge kyk nie. Wat boere betref is dit duidelik dat ons geteiken word. En jammer Heinz, ons haat nie en ons moor nie terug nie. As julle na gister se video’s kyk, sal julle besef ons boere bid. Ons bid vir vrede, ons bid vir redding want ons weet ons Here kan harte verander en ons weet waar ons heil vandaan kom. Maar ons moet onder moeilike omstandighede moed hou en teen natuurelemente en lae pryse en groot insetkoste n bestaan maak met groot banklenings en hoe rentekoerse om af te betaal. Een ding weet ek uit die geskiedenis van hierdie land. Daar is n prys om te betaal en dit word in bloed betaal. Baie bloed het al gevloei, swart en wit het offers gebring, maar volgens wat ek glo moet geregtigheid geskied. Niemand het carte blanche om mense te vermoor omdat hulle grond besit waarvoor hulle met die sweet van hul aanskyn betaal het nie

bosveld ·

Hoop maar sy ondersteuners is grootliks nie blank, want van my sal hy nie meer ‘n sent kry nie!!!!!!!!!!

Annetjie ·

Jammer ???? Dink seker as jy die woord gebruik maak dit alles reg ??? Het jy al so daaraan gedink dat” boer” nie noodwendig net boere is nie. Almal wat blank is word beskou as boere, hoewl ek my distansieer van jou af, jy is nie ‘n boer nie maar ‘n veraaier.
Ennn mopenie weer “jammer” sê nie, jou optrede was goed deurdenk, jy het met voorbedagte rade opgetree.

Jan du Plessis ·

Heinz ek sal baie graag ‘n debat, in die openbaar en lewindge TV uitsending met jou wil deel. Dan vrae ek die vrae en jy antwoord net asb. Jy het mos geen rede om weg te skram nie of hoe. So terloops ek ook ‘n geliefde kind van God vir wie ek ook vrees..

Cathy Du Pkessis ·

Maroela media toe vertel hy jou nie eers die waarheid nie. Die video was in Engels, en vir wat? Ondat hy skaam is vir sy Afrikaanse afkoms? Tweedens het hy n stelling gemaak dat boere hul vrouens slaan en hul kindets mishandel. En dit is presies dit wat die einde van sy loopbaan beteken. Miskien sal die Swart Maandag niks verander nie, maar dit maak mense bewus van wat aangaan. Tweedens wys dit die boere dat hulle al ons Afrikaners se ondersteunig het en derdens het dit die internasionale lande se aandag getrek. Die doel daarvan is nie dat hulle dalk iets kan doen nie, maar miskien…net miskien besluit hulle om op te hou om SA finansieel te ondersteun en dalk net stel hulle sanksies in en net soos in die 80’s, bring hulle dan hierdie korrupte regering deur sanksies op hul knieë. Vir iemand wat voirgee om so groot Christen te wees, lieg Heinz darem baie. Dan ook, hy vra skielik in Afrikaans verskoning. Hy is so liberaal met dubbel standaarde. Hy gee voir hy gee om vir alke Suid Afrikaners, maar tog reel hy afbetaling vir n vrou van Zimbabwe se huos, terwyl daar so baie blanke SUID AFRIKANERS in plakkerskampe bly wat nie eers weet wasr gul kinders more gaan kos kry nie. En aangesien die regering verhoed dat maatskappye donasies aan blankes gee, is dit sy christelike plig om vir sy mense eers te help. Maar nee, hy kryp

FM ·

Ons AFRIKAANSE mense het vir mnr Winckler ryk gemaak en nou klap hy ons in die gesig. Thanks for nothing. Jou beurt sal kom.

Magda Beneke ·

En daar is sedert gister weer 3 boere vermoor. Se dit iets

Johan ·

Kan jy glo dat enige person gemmen genoeg is om plaasmoorde te gebruik om hulself te bemark.

Tot net voor die video het niemand regtig oor om gepraat nie, nou praat almal oor hom. Publisiteit is publisiteit of dit nou negatief of positief is. Skielik weet amal weer dat hy nog bestaan. Maar om die gru-volksmoord van my mense te gebruik vir selfpromosie is afskuwelik.

Jolandi ·

Nou wonder ek net hoekom is die eerste video in Engels en die tweede video in Afrikaans….?

Anoniem ·

Sorry ou seun jy het alle respek wat ek vir jou gehad het en ondersteuning vir jou musiek so pas verloor
Maar jy sal dit in jou sak voel met al die ondersteuners wat jy verloor het met jou slim video.

Johanna Botha ·

Ou slim jan ..duidelik geen benul ! Ek se betaal belasting in n trust en betaal dit aan die inkomste diens sodra hulle iets begin doen om alle landsburgers begin beveilig ….dis dalk n goeie plan nie elke 2de tannie wat n video wil maak en mense wat ou vlae rondswaai en die hele punt mis nie !

Sonja ·

Heinz
As j iets wil sê kry eers jo feite agtrmekaar, want al wt jy gedun ht was om klomp snert kwyt te raak.
Duidelik ht jy GEEN clue van hu dit op di platteland lyk nie.
Kom boer vir n week en ek waarborg jo jy sal jo woorde 1 vir 1 sluk.

Kabous ·

Hy het so die grootste fout van sy lewe gemaak.Hoop hy leer daaruit.Jammer ou maar dit gaan nie vergeet word nie al is jy hoe “jammer”.

Darius Els ·

Die vorige berig oor swart student wat vieslik opgetree het se kommentare se “te laat” vir jammer .Nou skielik se kommentare hierdie poging vir n sanger het “jammer” gese.DAAR HET WITTES NOU OOK N SÀAK VÀN EENOGIGHEID! NOU WÀT NOU?

ag shame ·

Heinz is reg.Julle bid tot God maar breuk mense die selfde tyd af watse geloof is julle.Boere hanteer werkers soms sleg en dink hul gaan weg kom damee.Word wakker Dit moet by die Boer begin om hul mense te respekteer en gee wat hul toekom.Dan sal jy n verskil sien.

Marizanne Terblanche ·

Ek het self op `n plaas groot geword, saam met die plaas kinders gespeel self roosterkoek saam hulle geeet. En ek voel ook, moenie hierdie verander in rasse konflik nie, daar is hoeveel ander kleurige boere wat dieselfde voel as die wit boer. Staan saam – Bid saam – Glo saam
Dan kan daar verandering kom.

Lizette Fourie ·

kom ons se dit reguit hy mag afrikaans wees maar vir afrikaners omgee dit weet ek nie. van maanda af is 3 nuwe boere doodgemaak en dis definitief omdat hulle wit is en boere is wil net se die swartes in zimbawe eet nou gedroogte rotte want hulle het boere verwyder ek dink nie ons sin is so slim dat hulle n plaas kan oorvat en n helse groot sukses maak van dit nie, dis klaar bewys swart minister kon nie eers na haar varke kyk nie . die groot vrugteplaas in oos transvaal wat milkjoene per jaar uitgevoer het daar is niks oor van die hele plaas nie so dink baie mooi voor jy weer jou mondjie oopmaak want jou musiek koop ek nooit weer nie verkkop dit nou maar aan jou nuwe fans die swart mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.