Video: Helder oordag by vulstasie beroof

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video wat wys hoe twee mans ʼn motoris en sy passasier helder oordag by ʼn vulstasie beroof, word wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het Saterdag kort na 11:00 by die Engen-vulstasie op die R21 noord buite Kempton Park aan die Oos-Rand plaasgevind. Die kringtelevisie beeldmateriaal wys ʼn silwer Volkswagen wat langs ʼn petrolpomp by die vulstasie geparkeer is waarna nog ʼn silwer Volkswagen by die pomp langsaan stilhou.

Twee mans klim uit die silwer VW wat laaste stilgehou het en stap doodluiters na die motor langsaan. Een van die mans ruk ʼn vuurwapen uit en rig dit op die bestuurder van die ander VW voor hy by die motor inleun. Hy trek ʼn sak deur die venster terwyl die ander man intussen die kattebak oopmaak en ook ʼn sak uithaal. Die twee mans stap rustig terug na hulle motor en ry weg.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die voorval en hulle probeer vasstel of daar ʼn saak aanhangig gemaak is.

[wpvideo pcUTsSpa]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

mariana ·

Ek hoop die pompjoggies word almal ontstaan! Waar gaan ons land heen?

ladybug ·

ditto … ons is eintlik indringers hier … wens ons kon almal ons goedjies vat en pad gee!

Carl ·

Mariana, ‘n pompjoggie se werk is om jou ruite te was en brandstof in te gooi. Van wanneer af moet hy ook sekuriteit werk doen? Vra een van jou manlike familie lede om in dieselfde situasie die manne aan te vat.

Die SAPS moet die landsburgers beveilig. Weens verskeie redes kan en doen hulle nie. Ons moet ons self bewapen, oplei en voorberei om ons self te beveilig.

Hierdie is duidelik ‘n beplande roof, die manne het geweet wat hulle soek en dat dit in die motor is. Kontant moontlik. Dit en ander goed kan verseker word. As die petrol joggie sterf gaan jy sy gesin ondersteun?

anet ·

Is daar dalk nie iemand wat vir ons pepersproei houers kan maak wat ons onder ons motors kan installeer nie?, wat jy kan aktiveer binne in jou motor met die druk van ‘n knoppie. Die afgelope week was mense in rooftogte , as jy in motor wag vir ‘n verkeerslig om te verander word jou motor se ruit gebreek en die persoon klim dan halflyf binne die passasiers kant om alles te gryp wat hy kan kry. Ek is elke dag in my motor(alleen) op pad na die werk en is absoluut weerloos teen hierdie skurke. Selfs wanneer ek brandstof ingooi.

ladybug ·

ditto … ons is eintlik indringers hier … wens ons kon almal ons goedjies vat en pad gee!

Pierre Celliers ·

Hierdie twee rampokkers sal nie vervolg word nie want die beroofdes vertrou nie die “polisie” nie. Is dit nie om van te huil nie?!!! Daar is al die bewyse, motor voertuig registrasie nommer, hulle kleredrag, alles, maar die “polisie”wag eers tot iemand ‘n klag le voordat hulle optree!
Kan jy glo?!!!!

lee ·

Ek stem nie saam met jou nie Carl. Hulle kon op ‘n manier die eienaar ingelig het wat aangaan. By daai garage sit die SAPS se blitspatrollie elke oggend. Waar is die een wat by die garage werk wat die kameras moet dophou. Ek sal defnitief nooit weer daar petrol ingooi nie!

Pierre Celliers ·

Carl, was jy die pomp joggie, sou jy nie minstens probeer iets te doen nie,? Nie noodwendig die boewe te lyf gaan nie ,maar enigiets soos iemand bel, of die boewe waarsku die hele plek gaan opgaan in vlamme as hulle durf ‘n skoot aftrek, of soiets? Kan nie glo jy wil net nie betrokke wees nie!

Carl ·

Pierre ek het nie gesê doen niks nie. Ek sê net die joggie kan niks doen nie.
Dis lagwekkend as mense nog dink kameras stop misdaad. Die ouens weet wat die reaksie tyd is. En die blitspatrollie? Hoe kontak jy daai voertuig Lee? Jy bel 10111. Hoe lank voor die oproep by die manne daar uitkom?
Hoekom kap niemand die motoris nie? Hoekom is sy deure oop en doen hy niks nie?
Pierre kry ‘n wapen verdedig jouself.

carel ·

Julle – waar is die SAP en die Metro wat daagliks by die vulstasie rond hang?????? Hulle trek elke dag mense hier af en vang ook hier vir spoed…….. sien hulle is nie oor gewapende roof bekommerd nie maar eerder oor hul spoed lokval…. sodat hul nog mense se geld ook kan kry……..kom sap julle en metro staan elkedag by die vulstasie waar was julle toe die gebeur……slapgatte……
hulle het seker geweet hulle gaan nie n bribe by die skelems kry nie…..

Pierre Celliers ·

Carl, nog iets, “Hoekom is sy deure oop en hy doen niks nie?”
Omdat dit ‘n gewapende roof is my vriend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.