Video: Helder oordag by vulstasie beroof

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video wat wys hoe twee mans ʼn motoris en sy passasier helder oordag by ʼn vulstasie beroof, word wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het Saterdag kort na 11:00 by die Engen-vulstasie op die R21 noord buite Kempton Park aan die Oos-Rand plaasgevind. Die kringtelevisie beeldmateriaal wys ʼn silwer Volkswagen wat langs ʼn petrolpomp by die vulstasie geparkeer is waarna nog ʼn silwer Volkswagen by die pomp langsaan stilhou.

Twee mans klim uit die silwer VW wat laaste stilgehou het en stap doodluiters na die motor langsaan. Een van die mans ruk ʼn vuurwapen uit en rig dit op die bestuurder van die ander VW voor hy by die motor inleun. Hy trek ʼn sak deur die venster terwyl die ander man intussen die kattebak oopmaak en ook ʼn sak uithaal. Die twee mans stap rustig terug na hulle motor en ry weg.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die voorval en hulle probeer vasstel of daar ʼn saak aanhangig gemaak is.

[wpvideo pcUTsSpa]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
mariana

Ek hoop die pompjoggies word almal ontstaan! Waar gaan ons land heen?

anet

Is daar dalk nie iemand wat vir ons pepersproei houers kan maak wat ons onder ons motors kan installeer nie?, wat jy kan aktiveer binne in jou motor met die druk van ‘n knoppie. Die afgelope week was mense in rooftogte , as jy in motor wag vir ‘n verkeerslig om te verander word jou motor se ruit gebreek en die persoon klim dan halflyf binne die passasiers kant om alles te gryp wat hy kan kry. Ek is elke dag in my motor(alleen) op pad na die werk en is absoluut weerloos teen hierdie skurke. Selfs wanneer ek brandstof… Lees meer »

Pierre Celliers

Hierdie twee rampokkers sal nie vervolg word nie want die beroofdes vertrou nie die “polisie” nie. Is dit nie om van te huil nie?!!! Daar is al die bewyse, motor voertuig registrasie nommer, hulle kleredrag, alles, maar die “polisie”wag eers tot iemand ‘n klag le voordat hulle optree!
Kan jy glo?!!!!

lee

Ek stem nie saam met jou nie Carl. Hulle kon op ‘n manier die eienaar ingelig het wat aangaan. By daai garage sit die SAPS se blitspatrollie elke oggend. Waar is die een wat by die garage werk wat die kameras moet dophou. Ek sal defnitief nooit weer daar petrol ingooi nie!

Pierre Celliers

Carl, was jy die pomp joggie, sou jy nie minstens probeer iets te doen nie,? Nie noodwendig die boewe te lyf gaan nie ,maar enigiets soos iemand bel, of die boewe waarsku die hele plek gaan opgaan in vlamme as hulle durf ‘n skoot aftrek, of soiets? Kan nie glo jy wil net nie betrokke wees nie!