Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Saterdag dadelik ingegryp tydens ʼn verkeersknoop voor haar huis, Leeuwenhof, in Kaapstad.
Die OZCF (Oranjezicht City Farm)-mark word al die afgelope paar weke elke Saterdag in “Villa Zille” (Leeuwenhof) se tuin aangebied nadat probleme met die vorige perseel in Oranjezicht byna die mark gekelder het. Zille het toe ook ingegryp toe plaaslike inwoners op sosiale media hul misnoeë met die verwikkelinge uitgespreek het.
Talle organiese produkte word elke Saterdag by die mark verkoop. Een van die stalletjies is selfs boere uit Tankwa-Karoo.
Besoekers kan nou elke Saterdag ook in die premier se swembad swem.
Die gebruiker Timothy Singh het die video van Helen Zille op Instagram gelaai.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Wel ons kan nie vir die regering van die dag wag om in die mense se basiese behoeftes te voorsien nie, ons sal omgaan voor hulle nog besef die land is in sy maai!!
Self doen is maar aan die orde van die dag.
Dit wys jou weer: The right man for the job is a WOMAN!!!
Maroela, ek dink julle moet n like bar he op aanmerkings. So sal julle n beter idee kry hoe mense voel en so ook nog aanmerkings wek. I VOTE DA!!
Ek het nog altyd gedink die vrou is nie lekker in haar kop nie. Nou bewys sy dit. Ek sal nooit vir die DA stem nie. Hulle staan met een voet in die ANC en n ander in die FV. Kan nie besluit of hulle vir of teen blankes is nie.
Reklameset.