WAARSKUWING: Die berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.
Die ervare vlieënier Essie Esterhuysen van Johannesburg het oudergewoonte na sy damhuis aan die oewer van die Vaaldam in Midvaal gevlieg toe die helikopter Vrydag laatmiddag met hom, sy suster en sy twee honde in die water neergestort het.
Dané Esterhuysen van Wildernis in die Wes-Kaap het ten tyde van dié helikopterongeluk by haar broer en sy vrou in Gauteng gekuier. Dié egpaar se geliefde beagles, Pablo en Abigail, het die rit na die damhuis meegemaak, maar Essie se vrou was nie aan boord van die helikopter nie.
’n Video wat wys hoe die Robinson R44-helikopter teen sononder met Essie, Dané en die honde in die Vaaldam neerstort, is wyd op sosialemediaplatforms versprei. Daar kan in die video gesien word hoe die helikopter begin daal en dan met ’n slag in die water neerstort.
Essie en Dané is in die voorval dood. Pablo se oorskot is reeds die naweek uit die water gebring hoewel Abigail nog nie gevind kon word nie.
Die presiese omstandighede rakende die ongeluk word in dié stadium nog ondersoek.
Géla le Roux, Dané se dogter, het Maandag gesê die familie is geskok ná die ongeluk. Essie was ’n uiters ervare vlieënier wat gereeld na sy huis by die Vaaldam gevlieg het.
Volgens Le Roux het haar oom ’n groot passie vir vlieg gehad. Sy het haar ma en oom as “sterk mense” bestempel.
“My ma was ’n sterk vrou, ’n steunpilaar en ’n rots vir ons familie. Sy was baie geheg aan haar kinders en kleinkinders en het ’n sagte hart gehad. Baie mense het toevlug by haar gevind. Sy was ’n veilige hawe.”
Le Roux sê haar oom was ook ’n baie bedrewe sakeman en ’n groot inspirasie vir ander.
Geen begrafnisreëlings is in dié stadium al bekend gemaak nie.
Dané word oorleef deur vier kinders en drie kleinkinders. Essie word oorleef deur sy vrou en seun.
#AviationCrash Video footage of the Helicopter crash in the Vaal Dam the past week.. As received.. @BOSBEER2006 @1SecondLater @MARIUSBROODRYK @News24 pic.twitter.com/t4ALcLPZZT
— BOSBEER.COM (@BOSBEER2006) May 16, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Goeie genade dis verskriklik
Dis tragies. dit lyk amper nie of die helikopter neergestort het nie, lyk amper asof dit n normale landing is, maar op die verkeerde plek, ek mag verkeerd wees.
Ek is seker heeltemal verkeerd, maar vir my kom dit eerder voor asof die helikopter net té vroeg geland het. Dit lyk soos ‘n geleidelike daling tot op die water, eerder as ‘n “‘neerstort”.
Hartaanval?? Baie tragies!
Weer ‘n Robinson… ai-jai-jai…