Video: Helikopter stort in rivier neer

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: (ALS Paramedics)

Twee mense is dood nadat ’n helikopter Maandag in die Umgeni-rivier naby die Inandaweg-afrit op die N2 in KwaZulu-Natal beland het.

Verskeie nood- en reddingspanne was Maandagoggend reeds op die toneel.

Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics, was die helikopter Maandag omstreeks 09:00 heeltemal onder water.

“Die twee insittendes is steeds in die wrak vasgekeer.”

Wrakstukke is in die bosse langs die rivier gevind. (Foto: Facebook / Reaction Unit South Africa)

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het die vlieënier en een passasier geen teken van lewe getoon nie en is reeds op die toneel dood verklaar.

Dit is in hierdie stadium nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.

Wrakstukke van die helikopter, glo ’n Robinson R22, is in bosse langs die rivier gevind.

Die polisie het die gebied intussen afgesper.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miskruier ·

Kan mens nog die integriteit van versienings personeel waarborg.

JohanR ·

Ja Miskruier hier dink ek aan die SAL as hy ooit weer in die lig kom. Daai jets het nou al vir ‘n LANG tyd gestaan, en wie werk aan hulle? Sal jy ‘n SAL jet kan vertrou?

Stephen ·

Voor ek die berig gelees het geweet dit moet n Robinson R 22 wees. Hierdie die swakste helikopters wat bestaan. (My persoonlike siening) Kyk maar hoeveel insidente was daar die sfgelope tyd waar hierdie tipe masjien betrokke was.

Opinie ·

Stephen, presies my gevoel oor die gevaartes, maar ons moet ook ingedagte hou die goed is goedkoper, makliker om te vlieg en ek glo vlieenier onderving speel ook n rol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.