Twee mense is dood nadat ’n helikopter Maandag in die Umgeni-rivier naby die Inandaweg-afrit op die N2 in KwaZulu-Natal beland het.
Verskeie nood- en reddingspanne was Maandagoggend reeds op die toneel.
Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics, was die helikopter Maandag omstreeks 09:00 heeltemal onder water.
“Die twee insittendes is steeds in die wrak vasgekeer.”
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het die vlieënier en een passasier geen teken van lewe getoon nie en is reeds op die toneel dood verklaar.
Dit is in hierdie stadium nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.
Wrakstukke van die helikopter, glo ’n Robinson R22, is in bosse langs die rivier gevind.
Die polisie het die gebied intussen afgesper.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Kan mens nog die integriteit van versienings personeel waarborg.
Voor ek die berig gelees het geweet dit moet n Robinson R 22 wees. Hierdie die swakste helikopters wat bestaan. (My persoonlike siening) Kyk maar hoeveel insidente was daar die sfgelope tyd waar hierdie tipe masjien betrokke was.