Video: Helpende Hand gee kos, doeke in Rustenburg

CaptureSolidariteit Helpende Hand het doeke, formule en ander noodsaaklike bababenodighede oorhandig aan ma’s met jong babas wat deel is van niestakende gesinne in Rustenburg.

Die ma’s is ook deur ’n berader toegespreek om hulle tydens hierdie krisistydperk te probeer motiveer.

Solidariteit Helpende Hand het hierdie week sy noodleniging aan niestakende mynwerkers in die platinumgordel voortgesit deur voedsel en ander dringende benodighede te versprei.

Tinka Pieterse, een van die ma’s by die geleentheid, het vertel dat die staking ’n enorme finansiële impak op haar gesin het. “Ons sukkel om die mas op te kom. Ons het basies die meeste van ons goed al verkoop. As die staking nie binnekort ophou nie, gaan ons ons huis ook verloor,” sê sy.

’n Ouma, Eleen du Preez, vertel dat haar kinders en kleinkinders vanweë die staking by haar moes intrek. “Die eerste maand kon ons nog probeer oorleef, maar intussen het my kinders deur die staking hul werk verloor. [Ek het my] huis vir almal oopgemaak, maar dit gaan nog steeds moeilik.”

“Helpende Hand het oor die afgelope vyf weke meer as R700 000 se kos en ander dringende benodighede in die platinumgordel versprei,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Ons ondersteun ook reeds die voedingskemas van agt plaaslike skole en bied niestakende mynwerkers toegang tot emosionele en skuldberading.”

Volgens Brink is talle skenkings reeds vanaf die publiek ontvang wat aansienlik help om die nood te verlig. “Ons is baie dankbaar vir elke skenking en finansiële bydrae wat ons ontvang, omdat elke bietjie bydra om die reusenood te verlig. Ons doen nogtans ’n beroep op die publiek om steeds tot die rampfonds by te dra, omdat ons voorsien dat hierdie krisis nie binnekort opgelos sal wees nie.”

Kobus van der Linde, ‘n boer van Witrivier, het Woensdag met ‘n vragmotor vol nie-bederfbare produkte in Rustenburg opgedaag. Die produkte is deur lede van die Witrivier-gemeenskap geskenk. Nadat Van der Linde die vragmotor leeg gemaak het, het hy weer gery en met nog ‘n vol vragmotor produkte teruggekeer.

Om betrokke te raak besoek www.staaknie.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Martie

Ek is glad nie teen dit dat julle vir hulle kos gee nie, mooi gebaar, maar versterk ons nie in hulle kwaad nie, ek dink daar moet geen hulp kom nie, want hulle het werke waartoe hulle kan gaan, daar is duisende mense wit en swart wat sonder werke sit , baie slaap onder brue, hoekom hulle nie eerder help nie, ek soek graag 4 komberse vir mense wat 10 in een huis bly die komberse is so dun soos n doek, maar kry geen hulp nie, dit maak my seer. daardie mense het werk, asb help die wat dit… Lees meer »

Chivago

Martie – lees weer, hul help NIEstakende mense

Leony

Martie, jy het nie ‘n hart nie. Miskien moet jy ook mooi lees – hulle help nie-stakende mynwerkers.

Maddie

Martie jy het of nie mooi gelees of glad nie gedink nie. My man en ek word regstreeks geraak. Weet jy hoe voel dit om n werk te he maar jy mag nie gaan werk nie vir jou eie veiligheid? As gevolg daarvan het ons Januarie laas n salaris gesien en dit is NIE ons keuse nie! Ons en duisende ander mense hier Staak NIE! Weet jy hoe voel ons mans? Jy het nie n idee wat hier aangaan nie so doen my n guns en bly eerder stil. Beter nog Bid eerder elke dag saam met ons. Dankie Helpende… Lees meer »

Hettie

Martie, ek hoop vir jou part jy kom nooit in so situasie nie. Sies man ek skaam my dat ‘n wit mens so iets sal se. Dink jy nou die kindertjies wat nie gevra het om in daai situasie te wees nie moet daaronder ly.
Ek dink jy moet vir jouself ook bid dat die Here jou hart sal sag maak en jou denke sal verander.