Video: Henning-saak se ouers glo baasbrein is nog vry

Ivan en Sharon Saincic Chanelle Henning se ouers. Foto: eNuus

Ivan en Sharon Saincic Chanelle Henning se ouers. Foto: eNuus

Die video volg onderaan die berig.

Chanelle Henning se ouers glo die baasbrein agter die moord op hulle dogter, twee jaar gelede, is steeds op vrye voet.

Hulle was in die Noord-Gautengse hooggeregshof toe Ambrose Monye en André Gouws skuldig bevind is aan die moord op hulle dogter.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mariaan ·

Kan nie verstaan dat die man nie gevang word of dat sy maters hom verklik nie. Hoekom vat die polisie hom nie vir ondervraging nie en hoekom loop hy skotvry rond? Is geld hier betrokke?

Henko ·

Mariaan, dis presies wat ek ook dink. Waarom sal hierdie twee javels verniet sit, wie baat dan by die geld wat hy so mildelik uitgedeel het, of steeds uitdeel. Mens kan maar net hoop dat hulle baie vinnig sal begin praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.