Video: Herrie ná Ashwin Willemse van Supersport-stel stap  

‘n Skermskoot uit die video.

Ashwin Willemse, voormalige Springbokvleuel en Supersport-spelontleder, het Saterdagaand ʼn herrie ontketen toe hy tydens ʼn regstreekse uitsending van die stel van ʼn Supersport-program afgestap het ná ʼn woordewisseling met Nick Mallet en Naas Botha.

Die voorval het plaasgevind ná die wedstryd tussen die Lions en die Brumbies op Ellispark in Johannesburg. Die Lions het die wedstryd met 42-24 gewen.

Hoewel dit nog nie duidelik is wat aanleiding gegee het tot die uitbarsting nie wys ʼn brok beeldmateriaal wat op sosiale media rondgestuur word dat Mallet en Botha vir Willemse sê dit is nou sy beurt om te praat. Willemse dring dan aan hy wil hulle opinie hoor, Mallet gesels ʼn klein rukkie en dan vind die voorval plaas.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek as ʼn speler is vir ʼn lang tyd as ʼn kwotaspeler bestempel en ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee individue wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie.”

Daarna stap hy na Mallet en Botha en sê: ‘Julle kan maar daar sit en lag’, waarop Mallet antwoord: ‘Ek lag nie daaroor nie.’

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic].”

En dan stap hy van die stel af.

Supersport het intussen op Twitter gereageer en gesê hy beskou die voorval in ʼn ernstige lig. “Ons sal ʼn volledige ondersoek van stapel stuur en onderhoude voer met alle relevante partye.”

Sosialemediagebruikers het uiteenlopend gereageer met sommige wat meen Willemse se optrede was uiters onprofessioneel en ander wat meen hy het die regte ding gedoen en “die onderdrukkers op hul plek gesit”.

Kyk die video hier:

‘n Langer weergawe van die video kan hier gekyk word:

https://www.youtube.com/watch?time_continue=3&v=POnFqpz3pWY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

146 Kommentare

Bibbies ·

Shame! Hy kry seker te min aandag nou is dit weer ñ rasse kwessie en ondermyning…Nou sny hy sy neus af om sy gesig te spite!!

Johan Jacobs ·

Ek is seker simpel maar ek kan nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie. Dis eerder die twee aanbieders wat gesit het, wat beledig is….. Die dame het die situasie baie professioneel en volwasse hanteer.

Sean bowie ·

As Naas en Nick afgedank of geskors word omdat hulle te wit is kry dstv die selfde behandeling as wat spur van my af kry

Ad ·

Gaan hulle 2 ook nou hulle werk verloor en moontlik 2 jaar kry?

Anet ·

Dit was uiters swak van Ashwin, maar die res het dit goed hanteer, die arme dame wat die show moes red. Hats off to you, you did well. Sy verdien al die respek in die wêreld. Ek het egter geen, maar geen, respek meer vir Ashwin nie. Dit was sy besluit om af te stap en ek hoop Supersport hou hom af! Dit was uiters onprofessioneel en kinderagtig en reflekteer bitter sleg op Supersport. Goodbye, Ashwin and thanks for leaving. We don’t need you and we don’t want you!

Vraagteken ·

Ek stem 100% saam met jou. Daardie dame het dit uitstekend hanteer.

Lance ·

..my gevoel is dat hy voel hy dat sy menings en opsomming na die spel nie soveel gewig dra soos wanneer die ander twee hulle opinie en menings lig…….AS JY NET NIE DAARVOOR AANGELÊ IS OF BEVOEG IS KAN MENS NET NIE………DIS AL.

willie ·

jinne ja ! As die video clip oor en oor gespeel word kan jy sien dat die man hom gruwelik vererg het sonder enige rede.Ek hoop dat SS die clip ook behoorlik bestudeer voordat hulle besluite neem Die feit is beide Naas En Nic het ten koste van wat gebeur het steeds koel en kalm gebly.

Piet Snot ·

Kinderagtige optrede.
Wat ookal sy pyn is, só tree beskaafde mense nie op nie.

Willem ·

Lyk my dit was ‘n slegte teken dat die twee spanne se tellings ‘n spieëlbeeld van mekaar was.

Niejyooknie ·

Dit wat eintlik maar net ‘n onderonsie was tussen werknemers (agtergrond uit verskeie bronne dui daarop dat hulle, soos die geval is die meeste werksituasies, nie oor alles saamgestem het nie), het toe gelei tot ‘n properliese tiener-kleur-tantrum. Ek is nou nogal keelvol. Bewys my verkeerd, en tree na vore dié wat nie kleur in alles soek nie. As jy nie jou sin kry, of op ‘n redelike en volwasse professionele manier die geskil kan oplos nie, speel die raskaart. As jy nie bevoeg is bo alle redelike twyfel vir ‘n pos nie, speel die raskaart. As jy nie ‘n toets deurkom wat jou wit (ek mag nog wit sê, want niemand gaan my dáároor hof toe sleep nie) eweknieë (in groot getal ook nou Engels tweedetaalleerders) deurvlieg, speel die raskaart. As die Afrikaanse wit boere ‘n sukses maak, speel die raskaart (behalwe as dit ‘n ‘nuwe, opkomende boer’ is wat moordpleeg. Dan is dit ‘n onderonsie en loongeskil. As die mense oorsee notisie begin neem van wat werklik in die land aangaan, speel die raskaart. As die SAL ons belastingbetalers se geld spandeer, en nie bereid is om fout te erken nie, speel die raskaart. In jou eie lingua franca: well done, Ashwin. Wat ‘n wonderlike en professionele skuif. Totaal onvoorspelbaar. Nie.

CFS ·

Stem 100% saam met Niejyooknie.Hulle kan ook onderskeid tref tussen wit en swart boere want die oningeligte persoon kan die berig foutiewelik interpreteer.

Oom Doug ·

Een honderd % reg, vir die wat nie kan dink nie werk dit, ook vir die masses.

Showahed ·

Persoonlik dink ek het Mallet en Naas in elk geval heelwat meer “claim to fame” as Ashwin. Maar Multi-Choice moet mos die regte ding doen en mense wat nog nie eens aan ‘n rugbybal gevat het nie, selfs as anker persoon aanstel. Hoe gatvol kan mens raak? Dink dis tyd that DSTv ook die Spur treatment kry net sodat hulle ook rigting kan kry. Dis deesdae selfs minder irriterend om die rugby te kyk met die klank af.

Deon ·

In my oe was hy n kwota speler as jy kyk na hoeveel wedstryde hy gespeel het en hoeveelheid driee wat hy gedruk het.Shame…

Tannie van George ·

Hy wil die werk hè en doen, maar weet nie hoe om situasies professioneel te hanteer nie. Sies Ashwin! Jy het nounet bevestig wat ek lankal vermoed en voel….ek was toe reg.

Deon ·

Dit is te maklik om die raskaart te speel as jy nie wit is nie. Sies Ashwin ek het nog altyd gedink dat jy uit styg bo die massas nou het jy ook tot daai vlak gedaal.
Ek dink dat hy persoonlike probleme het wat tot die uitbarsting gelei het.

Gerhardt O ·

Persoonlik voel ek al laaaank al dat Ashwin te groot vir sy skoene is!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly tog tragies hoe hy staan en wag tot die uitsending weer direk lewendig is, voor hy sy kinderagtige gedrag openbaar. As hy nie sy sin kry, en opgehemel word as hierdie ongelooflike onderdrukte talent wat nooit ‘n kans kon kry nie (omdat hy altyd beskou is as ‘n kwota-speler (in sy eie woorde)), dan raak hy beledigend en maak ‘n rasse-herrie uit niks uit nie. Shame man, daar is nie pille vir ‘n swak selfbeeld nie, is daar?

Deloris ·

Ai hoe onprofessioneel…..
Die rasse kaart……… lankal tyd om aan te beweeg…

Piet Pille ·

Ashwin jy kry dit toe reg, nie ‘n geel kaart ook nie ‘n rooi kaart maar die rassekaart.
Jou manier van “ontleding” het my en talle ander lank reeds genoop om nie te luister wanneer jy nou kwansuis die “anker” is. Jy kort berading en dringend!!

Kollie ·

Na hierdie insident gaan Naas Botha en Nick Mellett ook seker hulle werk kwyt wees.

Stephen Namibia ·

Watching the clip and listening to what transpired during the conversation, I have to say that I detected nothing sinister that could have sparked the Ashwin Willemse outburst.
In my opinion it is most probably underlying anger that came to the fore and could be attributed to previous issues Willemse may have had with the rest of the panel.

Dolfie Muller ·

So hartseer. Altyd die rassekaart. Vat kwotas weg dan is jy nie meer ‘n kwotaspeler nie. Dan word jy gekies op grind van dat jy die beste is. Ashwin nog altyd van jou aanbieding gehou. Jy het al vir Naas ook gelag toe hy push op tv gesé het. Die lewe is so kort. Hoekom is ons so liggeraak? En dan sort verskille uit na die tyd maar om op nasionale tv uit te haak is onaanvaarbaar. :(

Bla bla bla ·

Ashwin who….? Same ole same “apartheid” card. Sinbin for you Ashwin hopefully longer than 10 min… make it 10 years…. excuse is getting really boring…

de Beer Johan ·

Willemse het hierdie uitval vooraf beplan. Mens kan sien hoe hy vir Naas en Nick probeer uitlok voor die tyd. Hy het sensasie gesoek en dit gekry.
Hy wil in die politiek ingaan en hierdie is sy aanloop om ‘n gevolg op te bou. Hy verskyn al vir jare as spreker en kampvegter op ANC platvorms, waar hy luide applous ontvang deur wittes as sleg uit te maak. Sy bydrae by Supersport het irrelevant geword en sy voorspelbare ophemeling van al wat ‘n nie- blanke speler is, het nou al blatant geword.
Hy het voor die uitval gekla dat Naas en Nick te veel van sy lugtyd gebruik, en toe hulle nie op sy aandrang meer van “sy lugtyd” wou gebruik nie, moes hy lompweg ‘n ander verskoning bind om uit te loop.

Anita ·

Ashwin tree graag hier teen die Weskus op as ANC spreker binnekort is Ashwin in die parlement en minister van sport

Jooste Rossouw ·

Dit is seker omdat Ashwin gehoor het al die kykers soos myself druk die wonderlike “mute” knoppie op “remote control” as hy sy mond oopmaak. Sy kennis van rugby het om in die steek gelaat en hy konnie opinie lewer nie, soos talle kere al die geval was toe gooi hy weer rasse kaart en loop uit. Hulle moet rooi kaart met wit kaart vervang!!!!. Nou gaan Malema en Bennie McCarthy die aanbieders word!!!!!

JohanC ·

Ek stem volkome saam met almal se kommentaar dat Ashwin Willemse se optrede UITERS ONPROFESSIONEEL WAS( veral die kommentaar van ANET)

Willemse het net n geleentheid gesoek om sy vloermoer(tantrim) te gooi met n lewendige uitsending op die stel van Supersport sodat iemand hom immers darem ook kon jammer kry.
Daar is genoeg amptelike kanale om sy ongelukkigheid te kon opper na die uitsending (dws as Nick Mellet en Naas Botha wel sy eer en waardigheid aangetas het met sogenaamde beweerde ongevraagde uitsprake). Hy het eintlik maar net simpatie gesoek om van die stel af te stap sodat iemand hom kan jammer kry- dit was niks anders as n kinderagtige optrede nie.
Ek het nog altyd gehou van sy insiggewende kommentaar op Supersport maar ons kykers het nie lus vir sy onsmaaklike aanmerkings nie. Supersport sal meeste van ons n GROOT guns bewys deur hom eenvoudig net te verwyder .

Niklaas ·

Wat probeer Ashwin bereik met so n optrede ? Dit was klasloos en swak.Hy was ook nie bekend as een van die grootste rugbyhelde in die geskiedenis nie. Mallet en Naas was nog nooit skuldig aan rassistiese uitlatings nie. Dalks wou hy meer praat kanse gekry het op TV. Ai tog. Weereens daai ras-kaart…..

Ollie ·

SA is n deverse nasie en daarom moet alle aanbiedings divers aangebied word. Waarom altyd oorheersend blankes as aanbieders. Luister n mens na die kommentare op maroela, dan hoor jy ondertone van rassisme instede van n gelanseerde opinie.

Sjiiiiiiish ·

Agge nee Ollie, oorwegend blank se voet, twee van kleur en twee bleeksiele. Waar is jou oorwegend blank. Jy kan seker tel?

Afrikaan ·

Jy mis die punt… amper net so ver soos jou held Ashwin. Hierdie gesprek gaan nie oor hoeveel wit vs anderkleuriges sport aanbied nie. Dit gaan oor ‘n aanbieder se onprofessionaliteit. Word wakker.

Ag asb tog ·

WAT IS OORHEERSEND? Daar was twee mense van kleur en twee blanke mense .. so WAAR val jy met jou rassisme nou uit?? BESLIS Nie ‘n gebalanseerde stukkie KOMMENTAAR van jou af nie OLLIE>

Vraagteken ·

Ollie, hoekom bring jy ras in? ‘n Mens moet so ‘n posisie bekleë op grond van meriete. Nie van ras nie!!! Jy is besig om dieselfde mentaliteit toe te pas wat ons regering toepas, en op die einde van die dag kos dit almal as individue.

Ek is jammer om te sê; Ashwin se vermoë op die tv-stel is nie so wonderlik nie. Sy taalgebruik is sleg, sy woordeskat kort werk en mees belangrik, sy kennis van die sport kan bevraagteken word.

Die belangrikste om wel te onthou is die volgende; hy en Mallet sit al vir ‘n geruime tyd nie om dieselfde tafel nie. Ek onthou op Superrugby (so ongeveer 12 maande terug) het ‘n persoon (inbeller/skakelaar) vir Ashwin lewendig op die lug aangevat omdat hy permanent vir Mallet bevraagteken. Dit was ‘n persoonlike saak waar hy toe besluit het om al die geraamtes in kas voor almal te wys. Sovêr my opinie; hy verdien glad nie om weer op tv te verskyn nie!

Snoepie ·

Kan enige iemand dalk vir ons sê hoekom hy so aanstood geneem het? My kan en ek het al drie verskillende videos geky, en kan nie agtekom wat die probleem was nie. Asb iemand help

LB ·

Dit lyk asof een hele nasie berading nodig het om oor die apartheid gogga te kom. as ‘n mens uit ‘n slegte ervaring of trauma kom, help dit nie om vir meer as twintig jaar later elke dag steeds dit wat sleg is op te diep en uit jou bitter beker te drink en by elke geleentheid gal te braak daaroor nie.

Elkeen keer word uitgevaar teenoor mense wat geen sê gehad het hoe die land se wette uitgelê en toegepas moes word nie. Ek persoonlik is keelvol om op eiers te loop en om heeldag te bang te wees om my mond oop te maak want bykans alles is nou rassisties. Iemand se onvermoë om ‘n sukses te wees is nou alles weens velkleur en die verlede wat jare gelede al gewysig is. Kom by en aanvaar verantwoordelikheid vir jouself en werk aan JOU gebreke! Gaan ons nou weer vir jare aangaan oor hierdie skelm korrupte regering en eis dat hulle ons geld teruggee wat hul skelm kabinet verkwansel het? So gaan ons geen tree vooruit nie, en die haat word al sterker aangeblaas. Dit is belaglik!

Flip ·

Die manier hoe Multi-Choice/DSTv hierdie saak hanteer sal bepaal of hulle nog by my n maandelikse fooitjie gaan kry. Wag maar en kyk of hulle dieselfde pad gaan stap as Spur, Mc Donalds, Engin en Volkswagen wat anti-wit is….

Tokkolos ·

Jul moet na ‘legal wise’ se advertising ook gaan kyk Geen blanke persoon word daarin gebruik nie Dalk moet Aswin maar daar vir hulp gaan aanklop want by Mercedes gaan hy nie regkom nie

Ek ·

DSTV of tewel Multichoice moet nou asseblief vir ons die opsie van betaal per kanaal gee of ge Spur word, vir hierdie rasse gemors wat in ons kele afgedruk word is ek nou hartlik siek. Ons subsidieer die ander kanale en dan moet ons op die sportkanale uitgekryt word vir rassiste. Moeg moeg daarvoor

Bee ·

Welgedaan Ashwin, jy het opgestaan teenoor twee ou wit bullies !

leon ·

Nee Bee. Willemse het nie opgestaan nie maar weg gehardloop. Maklik om die rassekaart te speel. Wanneer gaan die vorige benadeeldes bietjie ruggraat kry. Iets bou, wat van ‘n Swart bank, versekeraar, ‘n pikswart tv stasie. Alles natuurlik wereldklas. Ek hou asem op….gegewe SAL, Eskom, die skoolstelsel ens. ens. ens.

Nel ·

Transformasie beweeg seker nie vinnig genoeg na sy sin nie, toe moes hy sy toys uit die kot gooi. Dink die hele relletjie is vooraf deur hom en andere beplan.

Henk ·

Dit is nie die eerste keer dat Willemse n rassistiese aanval op blankes op Multichoice/ Supersport kanale loots nie!! Dis tyd dat hy gaan. As Supersport hom aanhou moet daar n reuse beweging geloods word en Supersport geboikot word! Met hulle belaglike pryse vir premium pakket was dit in elk geval lankal tyd!!

Blom ·

Dit was heeltemal onnodig. Om elke hoek en draai soek mense geleentheid om witmense sleg te maak, met geen rede. Sy optrede was heeltemal onnodig . Hy moet die gevolge van sy aksies dra. Hy het supetsport in n swak lig gestel om selfsugtige redes.

jakes ·

Die hele petalje is goed vooraf deur Willemse beplan en het hy nie n been om op te staan nie. Almal weet dat die kwotaspelerstelsel destyds deur Saru ingestel is na politieke druk deur die regering. Hoekom hy nou n herrie daaroor wil veroorsaak slaan my dronk. Miskien a lae selfbeeld is n goeie verduideliking.

zoom zoom ·

Die enigste persoon op die panneel wat iets weet van rugny is Mallet. Naas was maar net gebruik om pale toe te skop of om die bal uit te skop. Willemse kon ook maar net ‘n drie druk as daar niemand voorbhom was nie selfde met Habbana.

Henry ·

Soos oorle’ Mark Twain sê:

“Better to remain silent and be thought a fool than to speak and to remove all doubt.”

Miskien moet Ashwin Willemse en sommige “rugbykenners” bg wysheid van oorle’ Mark Twain en andere ter harte neem, of aan hulle se gifpenne knoop.

Johannes van Rooyen ·

Hy is vir verkeerde mense kwaad die regering het alle gekleurde sportmense kwota spelers gemaak 25 jr jaar terug al tot vandag toe nog dis nie die vorige regering se skuld nie

Liz ·

Nou waar op aarde kom hy vandaan met sy uitlatings?? Goeie genade dis mos nie die plek vir emosionele uitbarstings nie. Dit gaan interessant wees om te sien hoe Super Sport dit gaan handteer? En hoekom mag net sekere mense die raskaart speel en wegkom daarmee…Nee man Ash. Swak!!!

Charmain ·

Ek kry die indruk mnr Willemse het nie spontaan gereageer op n eenmalige ervaring nie en dat hy hierdie toesprakie en optrede vooraf beplan het; moontlik ‘n situasie probeer skep het om dit te gebruik. Dalk het hy politieke aspirasies. Hoe dit ook ookal sy, die waarheid sal binnekort uitkom.

Jan Meyntjes ·

Dit is al lankal dat politiek in sport inmeng en Ashwin het hierdie insident gebruik vir politieke gewin en gaan baie stemme agter sy naam trek. Ons Min. van Sport[sic] het natuurlik alklaar aangedring dat Naas en Nick onmiddelik die trek pas kry, -skuldig sonder verhoor- en meer manne gaan vandag op die platform spring en dieselfde deuntjie sing. DSTV sal die insident behorlik moet ondersoek voor daar n verkeerde beslissing gemaak word anders voorsien ek dat die pawiljoene in die toekoms baie meer toeskouers gaan trek van mense, soos ek, wat al keelvol is vir die insidente waar blankes die heeltyd as die oortreders van rassisme uitgemaak word.

Grace Mugabe ·

Hierdie land en sy mense sal nooit ‘n geheel wees nie – veral nie wanneer prominente figure presies weet waar om die mes in te druk om die afgrond dieper te kerf nie.

Dawie ·

Waarom as n persoon van kleur standpunt in neem teenoor n blanke dan kruit ons hulle uit as onprofessioneel en kinderagtig? Doen n blanke dit word hy tot in die hoogste hemel geprys vir sy standpunt. Wonder maar net!!! PS: Supersport moet al drie laat gaan. Die 2 blanke here uit die ou bedeling en die kleurlng wat nie meer baaskap wil aanvaar nie

leon ·

Dawie jy mis die punt. Weer! Dit is die wyse waarop die lafaard dit gedoen het. Speel die raskaart met die wete dat sy korrupte anc maatjies hom sal ondersteun. Beplan, agterbaks, skrik wakker pel!

Anet ·

Genade, Dawie. Waaroor het die persoon van kleur standpunt ingeneem? Jy val heel uit die bus uit!

Piet ·

Waarom wil jy die 2 blankes straf. Net een persoon het n tantrum gegooi asof hy nog n kind is.

James ·

Dawie… Hoe word hierdie situasie deur die land se engelse media interpreteer? Ons eie minister van sport lewer sy opinie al te ingelig nadat hy nie eers die beeldmateriaal self gesien het nie? Ons sit met ‘n engelse media wat ooglopend kant kies. Ongeag so genoemde media ‘onpartydigheid’. Hierdie berig was die eerste een wat ek gelees het oor die situasie wat nie kant kies nie.

As daar rasse kwessies in die gesprek was dan stem ek ten volle saam met jou. Laat hy vir homself opstaan. Maar volgens my, was daar gladnie eenkeer in die hele video aanspraak gemaak op ras nie- nie voordat mr. Willemse dit self opgebring het nie. Hy het dit opgebring oor ‘n ‘chip’ op sy skouer wat hy al jare dra oor ‘n ANC regering wat primêr span-gees ondermyn deur die quota stelsel intebring.

Koos ·

DsTV/Multichoice word polities beheer. Hoekom word rugby op die duurste pakket aangebied en nie n goedkoper pakket soos sokker nie. Is die oormeerderheid Suid Afrikaners dan nie sokker ondersteuners nie. Besigheidsgewys moes die sokker dan op die premium pakket gewees het.
Ek stem nie saam met die rassekoppeling aan alles nie en beslis nie met die onprofessionele optrede van Ashwin nie, maar die voorval gaan maar net weer polities aangspreek word, met “straf” op Naas en Nick of “omverskoning” deur Ashwin.
En DIS die siekgevoel van almal van ons. Die leer in ons land is nie meer: “Take responsibility for your actions” nie, maar eerder :”Politiek sal die uitsorteer.”
Ek moes hierdie karbakel op “social media” aanskou, want ek kan nie DsTV bekostig nie.
Sterkte aan Maroela om hierdie episode Polities korrek te hanteer.

Dissie ·

So, volgens Ashwin, is Nick en Naas rasisste omdat hulle rugby in die apartheidsera gespeel het? Hoekom is Habana nie uitgekruit as ‘n kwota speler nie, Ashwin…?

Lukie Carelsen ·

Ek voel verskriklik jammer vir Naas en Nick wat so verneder is vir NIKS nie. Daar was absoluut geen provokasie of wangedrag van hulle kant af nie. Ashwin Willemse was totaal buite orde. Dis vrek jammer dat dit gebeur het. Ek het nogals van Ashwin gehou maar nou het hy te ver gegaan. Die dame het die situasie fantasties gehanteer. Wens ek was ‘n Springbok, dan het ek haar my Springbokbaadjie gegee!
Hoop regtig nie Naas en Nick bedank oor hierdie voorval nie.

Koos ·

Hoe weet jy wat vooraf gebeur het? Laat ons al die feite kry voor jy oordeel. Ashwin se optrede was nietemin uiters swak en vooraf beplan.

JCSR ·

Ek het DSTV nog net gehou vir die sportkanale, want ek kan al die ander goed elders verniet te siene kry. Ek dink dis tyd om R900 per maand te spaar. Ek kan amper ‘n “kas” daarmee koop!

Johan ·

Lin, ek het al begin van die jaar myne kanseleer, ek en my hele gesin leef op Netflix……love ot

Herman ·

Dis vir my baie duidelik wat hier gebeur het. Dit gaan oor ‘n plekkie om te sit. Ashwin sê duidelik: “you two can sit there”. Hy moet die hele tyd staan en kommentaar lewer terwyl Naas en Nick hulle ” white privilege” gebruik om lekker te sit. Sies manne, julle moes dit sien kom het! Kla hulle summier aan en gee sommer 3 jaar tronkstraf.

JSG ·

Het Mallett en Naas self gekies om te sit of is dit maar soos Multichoice die stel opgestel het? Jy beskuldig mense nog voor jy ondersoek ingestel het. Soos van die vorige kommentare terdeë dit stel. Hulle het nog nooit rassistiese uitlatings geopper.

HPV ·

Groet Multichoice en kry Netflix, geen kinderagtige, supervervelige rassekaarte word daar uitgehaal of gespeel nie. Verstaan nou waarom 200 000 intekenare van Multichoice na Netflix oorgegaan het. Sien berig in Rapport vandag.

Jannie ·

HPV dis nou 200 001 ek het so pas Multicoice gekanselleer.

Ag Asseblief Tog ·

Ek het my dstv al jare terug afgesit. Ek geniet my tv reekse op dvd as ook my movies. Geen advertensies. Geen Ashwin Willemse of enige ander dom minister nie.

Kannaland ·

Daars inelkgeval niks nuuts om te kyk nie, net baie advertensies wat rol en rol en rol.

LucRon ·

Dis só duidelik dat Ashwin dit beplan het (kalm optrede) om dié twee individue in die openbaar te verneder en dit op sigself is crimen injuria. Ek hoop sake word teen jou gemaak. Ek is gatvol vir die polities gedrewe optrede van mense. Ashwin jy kon jou werks probleme op ‘n ander manier gehanteer het. Sies man, jy’t jouself tot ‘n laagte punt geneem en jouself in openbare oog beswadder en gewys wie jy werklik is!

Henk 2 ·

Wat ook al… Los dit op soos groot mense.. Hou politikuste.. Van ‘n ander hoek gesien…. dalk is hierdie die georkestreerde val van Mallet en Botha?

Renate Koen ·

Weet nog steeds nie waaroor dit nou eintlik gegaan het nie,wat het voor die tyd gebeur??????????

Thys ·

Man los willemse,dat hy loop as hy wil loop.Hy was maar ‘n ou spelertjie wat nie veel vermag het nie. Nou wil hy weer politiek insleep,in ‘n plek waar dit nie pas nie.daar is anders kleuriges wat baie beter sport verteenwoording behaal het. Super sport kan al lankal iemand gekry het wat die rugby beter kon bedien het. Die ander twee manne is uit stekend en draai nie dovekies om die waarheid nie.

Blom ·

Ook gatvol.. Ons het DSTV jare ondersteun. Dink dis tyd dat hulle ook begin agterkom.. Hoe dit voel om te budget en wanneer jy werklik ‘n brood kan koop.. Hulle leef lekker en onderdruk ons met ons eie geld… Ons kyk wat hulle besluit..

Hoc est bellum ·

Ashwin het te kalm en berekend voorgekom. Dit was vooraf ingeoefen en was ‘n beplande set om dalk Naas en Nick uit te lok. Wonder watter politieke party was dalk ook betrokke? Ek neem aan dat baie sulke voorvalle gaan plaasvind voor 2019 se verkiesing. Die Totale Aanslag se stoompotdruk gaan op baie vlakke toegepas word. Mens sal ‘n dik seekoeivel moet groei. Gelukkig is ek in beheer van my TV se afstandbeheer. Kan nie wag vir Maandagaand se Superugby-uitsending om te kyk wie is op die paneel en wie nie. Stem saam. Rugby is die verloorder. Is krieket volgende?

jonathan ·

Kyk vir Jonathan Mokoena wat soms Maandae saam met Kobus Wiese aanbied. Duidelik in ‘n ander klas.

Melr ·

Dit is so jammer om so iets te sien afspeel. Ek love om so nou en dan my rugby te kyk hier in Kanada te kyk sal altyd my no 1 sport wees. Ek begin nou ook meer ys hokkie kyk en hulle kommetaar is altyd baie professioneel en hulle hoef nie to worry oor politieke inmenging nie. Ek rerig voel sleg vir julje rugby liefhebbers wat deur al die gemors moet gaan. As mens betaal wat julle betaal wil mens net goeie kwaliteit he. Sterke julle.

Johann ·

Nou toe nou, my mond hang oop. So verdwyn hy weer, soos laas met sy myn bedrywighede.

sharon ·

‘n Mens is of volwasse of nie………………..#getsomeclass

Dumbfounded ·

Ek kan ook nie verstaan waaroor Ashwin Willemse se kinderagtige bohaai gegaan het nie.

Die vroulike aanbieder was net so verbaas. Haar woorde: “Well, that’s unfortunate, because the match was going so well and so was our conversation.”

GES ·

Dit is duidelik dat Willemse ʼn politieke agenda het en rugby as ʼn “stepping stone” wil gebruik. Die speel van die rassekaart is seker die swakste keuse om jouself te laat geld. Willemse het beslis berading nodig aangesien hy aan ʼn minderwaardigheids-kompleks lei. Dit sal goed wees as hy die program wil verlaat om plek te maak vir ʼn meer bevoegde persoon.

Robbies ·

Ek het regtig verwag dat Leon Schuster enige oomblik daar gaan uitspring en sê ‘Julle as almal ge-Shucks’
Ek is geskok dat dit eintlik reality is.

Pottie ·

Dis nou vir jou n ding… supersport se reaksie sal nou nogal vir my iets wees om dop te hou. Gaan hul die SA trein ry en die kant kies van enige jan rap en sy maat wat die rasse-kaart speel of gaan hulle werklik ondersoek in stel?

Sean ·

Kom ek vertel vir julle wat gaan gebeur.
Nick of/en Naas gaan hulle werk by “Supersport” verloor en Ashwin gaan niks oorkom nie alhoewel die hele ding voorbedag lyk.
Maar as jy wit is, is jy byvoorbaat skuldig.

AH ·

Sean, ek dink jy is ongelukkig reg. Ashwin se optrede was uiters onprofessioneel, maar hy sal niks oorkom nie. Ek kan nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie, behalwe dat hy ‘n “chip” so groot soos Tafelberg op sy skouer het omdat hy nie die gelyke van die ander twee op die rugbyveld was nie. Ek wag ook om te kyk wat DSTV doen. As hulle Naas en Nick afdank, wel, dan is dit ook tata DSTV van ons kant af……………….

Oom Kalahari ·

Omdat hierdie op internasionale lug was het Ashwin Willemse die kans gegryp om polities aanvalle te loots om ‘n standpunt te probeer maak. Hy was al lank bewus dat Nick Mallet en Naas Botha se spel opsommings van hoe gehalte is en sy kommentaar nie veel van impak maak nie. Hierdie optrede was beplan en hy is nogal heelwat betrokke met politiek deesdae en kan nou so ook groei met sy raskaart speletjies.

Lunsriem ·

As jy useless is, speel die raskaart. Dit laat jou beter voel! Willemse het in elk geval nooit n goeie woord vir enige wit speler gehad nie en ek glo hierdie is n voorafbeplande konfrontasie. SS let wel: Ons watch jou!!

Magnus Heystek ·

Miskien moet ons ook Alan Gray nader oor sy jongste tv advertensie….. geen enkele bleekgesig te sien. netso Coronation wat net Chad le Clos se vader se Unbelievable uitlatingsbgebruik. Unbelievable inderdaad.

JCS ·

“Always Nice and easy to play the race card.
Naas Botha is rated as one of the greatest ever flyhalves taking the the Bulls to 9 Currie Cup wins and captaining them 128 times with 1699 points scored personally. He held the record for the most points scored by a Springbok after only 28 tests and was only surpassed by Percy Montgomery in 2004.
Nick Mallett is one of the best coaches the Springboks have ever had – taking them to a record 17 wins in a row in rugby tests, he’s beaten the All Blacks consistently in the Tri Nations winning the title. His Springboks beat France, Scotland, Ireland and Wales by record margins. He’s coached Stade Francais to two successive domestic season titles and had Italy beat France for the first time ever.
Ashwin Willemse played for the Cats 24 times scoring 15 points (3 tries) and Lions 7 times score 30 points (6 tries). He played for South Africa 19 times over 4 years and scored 25 points (5 tries). He retired at 27 to (allegedly) arrange shady BEE mining deals for ex-convict Gayton McKenzie in exchange for R61 400 000.
Just FYI…”
— WDS

Player 23 ·

Solidariteit julle het werk om te doen! Hanteer asb Naas & Nick se saak! Dis twak hierdie! Genoeg is nou genoeg!

Samantha ·

Hoekom het jy nie toe al gehuil toe jy so lekker baie geld gemaak het en baie lande gesien het met daai kwota-stelsel nie?

Nel ·

Nee Ollie dis jy wat toondoof is. Al rassistiese ondertone hier ter sprake is die van AW wat maar net nie van die chip op sy skouer ontslae kan raak nie. Ek wens apartheid wil ook tot ‘n verbode woord verklaar word.

Christo ·

Baie dankie JCS! Oom Boy Louw het dit blykbaar mos so gestel: “Just looks at the scoreboard!”

GrapKas ·

Ashwin Willemse played for the Cats 24 times scoring 15 points (3 tries) and the Lions 7 times scoring 30 points (6 tries). He played for SA 19 times over 4 years and scored 25 points (5 tries). He retired at age 27 to arrange shady BEE mining deals for ex-convict Gayton McKenzie in exchange for R61 400 000.

Ag siestog ·

Die nar is onprofesioneel en hoort nie op die tv nie. Hy het vooraf besluit wat hy gaan doen.

John Max Ve nter ·

Willemse se glorie ,sy BEE status,sy neseiertjie van miljoene rande wat hy op n skinkbord gekry het, is seker in gedrang ,nou word die rassekaart gebruik om sy tanende glorie te herstel.Wat is die beste..?Apartheid is die beste aanvals wapen

Geskok ·

Skaam jou ASHWIN. Hierdie is niks anders as n rassistiese aanval op NAAS BOTHA en Nick MALLETT nie.

FM ·

As ek na al hierdie reaksies kyk, dan lei ek af dat hierdie optrede van aw reeds beplan was. Ek kry ook die gevoel dat hy bietjie minderwaardig voel mbt rugbykennis tov Naas en Nick. Derdens lei ek af dat hy politieke uitsprake maak waarin hy soms die rassekaart speel. Miskien moet hy die politiek betree. Ek dink nog meer rugbyspelers gaan die land verlaat. Betreurenswaardig en teleurgestel in Ashi.

Ann ·

Lees die berig op News24 vir die rede vir AW se uitbarsting. Kinderagtige optrede!

Lorraine ·

Ek stem saam dat die manier en kalmte van Ashwin op daardie oomblik beplan is.

AJ Barnard ·

Ek is baie nuuskierig om te hoor wat Naas en Nick te sê het!?! Niemand het nog met hulle gesels of iemand naby hulle vir ‘n opinie gevra nie!

Nakkie die Nar ·

EK STAAN VERSTOM?…
Vir EEN keer, soverre my kennis strek, staan bykans 100% van deelnemers wat kommentaar lewer rakende ENIGE onderwerp, hetsy Sport, Politiek, Ekonomie, ens!!!
Ek het net EEN beskrywing daarvoor: “AMAZING!!!
“EENDRAG MAAK MAG” is nog NOOIT in my Lewe van 65 jaar (nie uit nie!), op liewe Moederaarde so treffend uitgebeeld nie!
GELUK! en DANKIE!, aan alle deelnemers met jul kommentaar, dis ongelooflik…??????

Cancel ·

O nee daar is darem ‘n BEE en OLLIE wat dink Aswin het hom GOED van sy taak gekwyt .. lol . maar oor die algemeen stem ek saam.

corne ·

soos hy se n kwota speler wel net soos die kwota speler se spel is sy uitsending gooi al weer die ras kaart siestog same ja kwota dit was op regstreeks jy is n kaans gegee om te praat maar wou nie same soek seker net biedjie aandag hoop nie supper sport bring jou ooit weer terug nie

Anoniem ·

Nee genugtig Ashwin Willemse om darem jou mede-aanbieders so aan te val op nasionale TV. Dit was uiters onprofessioneel en verdien virseker ‘n rooikaart.

Hannes ·

Toe hy miljoene gemaak het om n “mining license” vir n sekere myn groep te bekom en n direkteur geword het was sy velkleur goed genoeg. Arme Arme Ashwin

Wonder ·

Hoekom kry ek ‘n gevoel dat dit ‘n beplande ding is! Wel as hulle vir Naas Botha en Nick Mallet skors, dan moet hulle maar kry wat daarop volg. Oor so ‘n klein dingetjie spring die regering vining op hul agtervoete, verder is hulle “missing in action”. Grapkas ek hou van jou en die feite wat jy weergee het.

Rooikop ·

Absoluut pateties van Ashwin Willemse ……………………. Hy hoort nie op Supersport nie
met sulke gedrag nie …………………………

Spike ·

Adv. Madonsela sê dat mense moet end kry met die slagoffer mentaliteit.

wicus ·

daar het nog net 3 swart spelers vir springbokke wat nie kwota spelers is nie,,nl Errol Tobias, Brayton Paulse,en The Beast

Manie ·

Ek voel supersport kan in elkgeval ontslae raak van die paneel wat alles kastig ontleed maar week na week net weer dieselfde ding se en al die ooglopende goed uitlig. Die gepraat voor en na elke wedstryd dra absoluut niks gewig nie. Wys eerder n toets sein en haal die las van dstv intekenare af om die onprofesionele mense se salarisse en al die lugtyd vir hulle onsin praat te dra.

WhatEver ·

Die standpunt dat als wat uit voor 1994 kom verkeerd is, en almal wat uit voor 1994 kom wat ‘n opinie het verkeerd is, en outomaties rasisties is kom maar net so rasisties voor!Basta met Willemse-Sy optrede is meer rasisties as die ander 2 sin.Hy was kinderagtig.

Ag asb tog ·

KINDERAGTIG, Ek, is NET so bly dit het op stel gebeur dat ons kon sien nie Nick of Naas het enigiets oor kwotaspeler gese BEHALWE jy wat Ashwin is nie . MAAK nie saak wie skaar hulle by jou nie JY WAS VERKEERD . en ek hoop Supersport fire jou .. anders gaan ons verseker ons DSTV kanselleer . kom ons kyk dan wie is die grootste RUGBYKYKERS.

Siestog ·

Die FEIT dat die MInister en DA en almal wat leef en beef reeds hulleself agter ASHWIN skaar, beteken Mallett en Naas gaan die trekpas kry wat beteken ek en honderde ander Suid Afrikaners gaan DSTV kanselleer en NETFLIX kry .. so bye bye Supersport en Multichoice, julle is in elk geval alreeds so rassisties deur net aandele aan sekere mense toe te ken so CHEERS>

Frans C ·

Volgens bronne na aan die voorval krap dit reeds lank tussen Willemse en Mallett.Willemse is gedurig laat,nooit voorbereid nie en laat dikwels 10 minute voor die tyd weet dat hy nie beskikbaar is nie.
Naas en Nick bestudeer die videos en besluit watter snitte op die drukskerm waar Willemse staan moet verskyn vir bespreking.Dan lyk dit of Willemse dit gedoen het en kry hy al die eer.Sy R61.4 miljoen in aandele wat hy van Goldfields gekry het,vir wat weet geen mens,gaan lyk dit my na sy kop toe,want ek het in my lewe talle vleuels gesien
wat draaie om Willemse sou gehardloop het in ‘n een op een.

Duiwelsadvokaat ·

Ashwin Willemse verteenwoordig alles wat verkeerd is met BEE en die kwota stelsel. Vraag aan Ashwin…hoekom het niemand nog ooit na Bryan Habana verwys as ‘n kwota speler nie?? As jy goed genoeg is, maak jou velkeur nie saak nie…

Rugbyfan ·

The biggest joke is that he equates himself with Naas Botha and Nick Mellet. In his Springbok career he only scored six tries and that on wing!

Wat-Willem-se ·

As Willemse dan die rassekaart wil speel deur te verwys na “Kwota speler”, kom ons kyk gou wat is n “Kwota speler”. Die kwota stelsel is deur die regering ingestel om sodoende op alle vlakke van spansport alle ander kleuriges n sodanige regverdige kans te gee om op die hoogste vlak hulle unie, provinsie of land in die sport te kan verteenwoordig. Dus, as jy wit/blank is, kan jy nie n kwota speler wees nie, as jy enige ander kleur of ras is …. en jy word vir wat se rede ook al in die span opgeneem, word jy volgens alle aspekte n “kwota speler”. Of jy nou op meriete gekies word of nie …… die regering het jou n “kwotaspeler” gemaak ….. niemand anders nie ….. so gaan huil by die regering wanneer iemand na jou verwys as n kwota speler ….. ek self voel ook daar is werklik genoeg spelers van ander kleur om op meriete die span haal te haal …. die kwota stelsel doen meer skade as goed ….

IC du Preez ·

Tipiese media en ANC reaksie: Sonder die feite word SA Rugby as rassisties uitgewys deur die media en die ANC minister van sport eis dat die wit kommentators afgedank moet word.

Die media forseer ‘n storie waar daar nie een is nie en die ANC plak rissisme op elke blanke.

Dus: hanteer media en politici se menings met baie agterdog.

ek sê maar ook ·

Maar wat is willemse se probleem nou eintlik? wie het wat teen hom gesê?? Absoluut belagliken die feit dat politici nou alweer wil eiertjies lê maak my siek. Doen die damn werk waarvoor julle te veel betaal word en los die nonsens uit. Gelukkig is alles in Engels en kan die hele wêreld sien dat Willemse totaal belaglik opgetree het. Siesa man!

IC du Preez ·

So lyk ‘n gebalanseerde persoon: ‘n Chip op elke skouer.

Anton Smit ·

Onthou Ashwin se oomblikke in 2014 soos beskryf in “Politics Web” deur Toby Chance

Displaying the most chutzpah of all was Ashwin Willemse, former rugby Springbok turned TV commentator and businessman. He spent 15 minutes telling his story of hopeless boy from the Cape Flats becomes Rugby Player of the Year, and how this story identifies with the ANC’s Good Story to Tell. The audience was on its feet cheering and screaming.

Do they know that Willemse through his ex-convict buddy Gayton McKenzie scored R61 million of Goldfields shares in the shady BEE deal overseen by Chairperson Mamphela Ramphele? (The same deal, by the way, that netted ANC Chairperson Baleka Mbete R25 million in shares!) The Mail & Guardian reported in February “Numerous sources said McKenzie had stayed at Willemse’s house while they worked on the deal.” Maybe they do. Maybe this makes him even more of a role model, in this mad scramble for riches.

Spike ·

Als word nou duidelik. Hy is pelle met mckensie ( groot vraagteken ) en hoë mense in die politiek. Dis hoekom hulle hom so beskerm en hy so gescore het. As mens kon kan ons sa se deure maar sluit.

kurt ·

R61 million. do you guys really think he will still be presenting on TV. white people will never understand what it is like to be black or to grow up with discrimination. go live in Australia you will find out very soon how even whites from South African are treated. im sure for a fact that DSTV black subscibers far surpass white subscribers so top threatening DSTV with cancellation. like really what are you guys gona watch SABC. LOL

Andre Traut ·

Waarvoor het hy die R61 mil gekry ek het daai een gemis?

Andre Traut ·

Ek kyk nie rugby nie en het vrede met watter kleur jy is en wat ookal die onbevoegde minister van sport te sê gehad het, maar Ashwin ou maat ek dink nie jou ma het jou so groot gemaak nie. Nee man, daar is n tyd en n plek vir alles

Verward ·

Soos ek dit sien:
‘n Personeellid het sy werkgewer se gedragskode oortree deur onprofessioneel te handel in ‘n geskil met kollegas. Die daad is met sy medewete deur die hele SA aanskou.
Ek dink hy skuld sy werkgewer en al die kykers ‘n verskoning vir sy gedrag.
Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir onderonsies met kollegas. Lewendige TV uitsending is nie die plek vir dit nie.
As politici wil betrokke raak by een personeellid se onprofessionele uitbarsting, bestudeer sulke voorvalle, en sien nou net watter emosionele leed die kwota-kultuur het op sportlui.
Sy gedrag spreek van ‘n lae selfbeeld omdat hy nog altyd geglo het ander dink hy is net in die span (of op die stel) twv kwotastelsels. Wat hy nie weet nie is dat die doodgewone rugbytoeskouers actually gedink het hy verdien sy plek in die span op meriete. Maar diep binne hom dra hy ‘n wrok, en dit het Saterdag tot uitbarsting gekom. Kwotabeleid gee spelers ‘n sielkundige knou – al wie wen is politiek, nie Sport nie.
Ek hoop van harte DStv doen ‘n regverdige onpartydige ondersoek. Ons soek asb nie nog ‘n Spur/Jacaranda-ens skandaal nie. Watter voorbeeld gaan DStv stel vir ons kinders wat opgevoed word om mekaar (en jou werkgewer se etiese kodes) te respekteer?
Media, fokus asb meer op opbouende artikels en nie stories wat polarisasie en politieke spanning aanhits nie – sulke snert moenie eers lugtyd kry nie! Ons moet ‘n nasie bou, nie afbreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.