[Video] Hersien ons werksure, vra junior dokters

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Oorwerkte junior Suid-Afrikaanse dokters sê skofte van 30 uur stel nie net hulle lewens in gevaar nie maar ook dié van hulle pasiënte. Hulle doen nou ‘n dringende beroep dat werksure hersien word.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rapes ·

Dit is darem skoon bog om soveel ure te werk. As daar te min dokters is is dit hul eie skuld. Daar is baie wat medies wil studeer, maar word nie gekeur nie weens regstellende aksie.

Oom Ekonoom ·

Dit is dalk nie net regstellende aksie nie, daar is mense wat vermoed dat die mediese bedryf die aanbod van dokters laag hou sodat die fooie baie hoog kan wees.

Vic ·

Ag twak Ekonoom. Die regering betaal die dokters – hulle is die enigstes wat bepaal hoeveel dokters hulle aanstel en hoeveel ure hulle per dag werk. Doktersure in Australie bv is baie beter. In die oudae is die dokters baie minder betaal as nou, en hulle ure was baie slegter.

Lida ·

Bravo16 waar val jy uit. Mense wat slim genoeg is om ‘n mediese dokter te word het etiese waardes en integriteit. Sy/haar roeping is om mense se lewens te red en juis daarom sal hulle nie staak soos die res van die land nie. Dink jy vir een oomblik ‘n Dr sal buite staan en toi-toi terwyl sy pasiënte besig is dood te gaan?

Chris ·

Darem snaaks dat die regering die publiek voorskryf rakende arbeidsake. Hoeveel ure gewerk moet word en selfs verhogings maar hulle eie mense moet ondraaglike ure en moet elke jaar staak om meer geld te kry.

John ·

Dokters ly ‘n stresvolle lewe en die’ in die staatsektor, beleef daagliks nagmerries in haaglike omstandighede waar higiene nou net ‘n woord in universiteitshandboeke is. Die sisteem is vasgevang in onkunde en chaos en dokters moet lang ure voortsukkel sonder slaap en ordentlike eet- en drinkgoed. Carl Jung die psigo-analis het jare gelede na ‘n reis deur die kontinent gese, Westerlinge sal Afrika nooit ophef nie. Afrika gaan bly oorheers en eerder die ontwikkeldes afwentel na sy vlak. Dit wil lyk of hy reg was. Dokters sal in strepe ons land bly verlaat en kwakke met swak opleiding of kamma-grade sal oorvat… Die nuwe planne van die minister vir die gelykmaking in mediese sorg, sal die laaste geroeste spyker in die doodkis van die mediese beroep in SA wees.

LS ·

Dit is belaglik om sulke lang ure te werk !!!
Dis onveilig vir pasiente ook, want hulle mag dalk net te moeg wees om regte diagnose te doen !!!

Ben ·

Hoeveel uur werk die staatsdokters per week ? Almal werk deur wetgewing sowat 44 uur per week – as ek reg is. Oortree die staat die wet of is daar ‘n ander “wet” vir dokters? Lig my asseblief in.

Lida ·

Ben ek wens ek het geweet hoeveel ure hulle werk. Ek dink die probleem is dat daar te min dokters is alternatiewelik kan ‘n dokter aan diens nie net aan die einde van sy skof sy jas uittrek en huistoe gaan nie. Sy aflos daag dalk nie op nie of is siek of so-iets. Die probleem is dat daar hopeloos te min dokters is om die druk te hanteer en ‘n dokter se etiese en morele plig le by sy pasiënte. Die staat sal drasiese stappe moet neem en meer dokters aanstel. Ons het genoeg in SA en het nie nodig om uitlanders wat nie ons tale magtig is van ander lande in te voer nie.

Vic ·

Ben, baie van ons werk gereelde 36 uur skofte – soms tot 72 uur aanmekaar as interns of leerling spesialiste. Weet nie wat die reels se nie, maar as jou naam op die rooster is, en dit se jy werk, dan werk jy. Anders kry jy nie die pos wat jy wil he nie. So eenvoudig soos dit

Ou Vlakvark ·

Besoek die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) se webwerf en lees wat is die HPCSA se regsverpligtinge. http://www.hpcsa.co.za/About .

Nalatigheid (weens oorwerk en onbillike lang diensure) aan die kant van die medici wat lei tot skade, beserings, pyn en lyding of selfs die dood kan tot eise lei. Misbruikte staatsmedici moet saamstaan, regsadvies inwin en formele skriftelike klagtes by die HPCSA en staatsdiens oor die onbillike diensure gaan indien.

Indien vanjaar se junior dokters nie nou opstaan vir hul regte nie, sal hierdie onbillike diensure praktyk homself herhaal tot die oordeelsdag. Oorweeg die slagspreuk #HPCS_Standards_NOW!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.