Video: Kom tuis op Maroela Media

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Het jy vriende oorsee wat terugverlang na die ingelegde vrugte uit oupa se spens, die pannekoek op die kerkbasaar, die saamkuier om die kombuistafel?

Huil jou sussie in Australië elke keer wanneer julle op Skype gesels en jy ʼn happie melktert vat? Trek jou vriende in Engeland gesig wanneer jy foto’s van ʼn bosveldvuur, Tafelberg of ʼn Hoëveldse sonsondergang op Facebook laai?

Nou kan hulle ook tuis voel, maak nie saak waar hulle hulself in die wêreld bevind nie.

Ons weet daar is ʼn paar dinge wat net so eg Afrikaans is soos Van der Merwe-grappe en Maroela Media is een daarvan.

Vertel jou vriende van ons gratis Afrikaanse nuus en rubrieke deur bekende meningsvormers, die lekkerste boeretroos-resepte (sodat hulle ook ʼn Jan Ellis-poeding in Amerika kan bak), rugbynuus (skree saam as die Springbokke speel), interessante Afrikaanse woorde en waar spreekwoorde vandaan kom (sodat jou kleinkinders net so lief raak vir Afrikaans), goeie nuus, lekker lag en lekker huil op ons gedoriewaar-blad, tegnologie– en ruimtenuus en alles oor Afrikaanse flieks, musiek en in die teater: net hier op Maroela Media.

Deel dié wonderlike nuus met almal wat jy ken wat jou moedertaal praat – of hulle nou oorsee bly of net hier in ons mooie land.

En as jy nog steeds nie oortuig is nie: loer gerus na ons twee splinternuwe advertensies…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lilo ·

Moenie vergeet van julle pragtige poësie afdeling nie! Die mooiste Afrikaanse gedigte, met ‘n sorgsame en keurige hand uitgesoek! Dankie.

Gert Smal ·

Hulle sal verseker verlang. Maar kos en flieks sal hulle nooit terug bring nie. Te veel moeite met te min voordele of sekeheid. Tog oulike inisiatief.

alida ·

Ek is seker almal oorsee verlang huistoe na ons lieflike land maar hulle kyk ook nuus en hoor al die ellende hierdie kant en sal NOOIT terugkom na hierdie chaos toe nie.

Ou Vlakvark ·

Maroela-redaksie, ‘n Pragtig, sinvolle en opbouende onderneming – ‘n lig in donker Afrika.

Suid-Afrika en sy mense is wonderlik, uitgesluit die “South African Animal Farm” selfgesentreerde gierige korrupte mense, hul privaat sektor meelopers, verkragters en wreedaards.

Maar die volgende geslag in die buiteland sal beslis nie belangstel om in ‘n gevaarlike land te kom woon waar demokrasie maar net ‘n witgepleisterde graf is nie. Tragies.

Nico ·

Waarom moet ons wat geëmigreer het al ewig gelek word om na Azanie teruggaan? Ons het almal geëmigreer party na Kanada, VSA, Australië ens. Ook die wat nie van adres verander het nie. Hulle het van die Republiek van Suid-Afrika in 1994 na die Democratic Peoples’ Republic of Azania geëmigreer, ‘n derde wêreld Afrika staat met ‘n korrupte marxistiese diktatuur vir ‘n regering.

Rooijan ·

Ai ou Nico niemand lek jou om terug te kom nie. Lyk my jou afrikaans het begin agteruitgaan van jy die land verlaat het. Dan spreek die berig spesifiek tot jou. Dit sê maar net dat as jy verlang moet ons vir jou vertel van Maroela media en dat jy so bietjie van dit waarna jy verlang kan ervaar op Maroela media. Jy het mos nou padgegee ou maat hoekom so venynig teenoor die van ons wat nie het of kon/kan nie?

Herbie ·

Nee wat Bly waar julle is.Hier is nie meer n toekoms v ons kinders nie

Sputnik ·

Ai Nico, yep, ons sit bietjie in tamatiestraat en ons bekommer oor ons kinders se toekoms. Ons raak erg frustreerd as ons Tshwane Onbevoegde Munisipaliteit probeer bel en hulle òf nie antwoord, òf die handstuk optel en langs die foon neersit en voortbabbel in die agtergrond, òf indien hulle dalk per ongeluk antwoord, jou net weer deursit na ‘n totaal verkeerde uitbreiding of een wat weer vir ewig lui of met ‘n blikstem vertel hoe goed die munisipaliteit is. Ons raak frustreerd as ons lees van 11 duur motors vir 4 vroue oor twee jaar, ens, ens. Om darem egter só ‘n aanval op ons en Maroelamedia se uitnodiging (nie om terug te kom nie, net om te lees) te loods is totaal onvanpas. Verlang jy nie dalk maar net na die mooi berge, braaivleis, wingerde, bosveld en lekker klimaat nie? Dan sal ons jou verskoon.

Boerin ·

Dankie vir Maroela Media wat ons gereeld laat skaterlag. Ja, soms is dit net ‘n skielike geur of klank wat nostalgiese herinneringe laat opspring aan ‘n kindertyd in die pragtige Suiderland. Vir my sal dit altyd swaar bly in ‘n vreemde land, maar my drie kinders is veilig en het n blink toekoms in ‘n eerstewêreld land. Ek was onlangs vir vier weke in SA met vakansie. Ek was geskok en gebroke oor die toestand van ons geliefde vaderland. Ek is aangegryp deur die blymoedige dapperheid waarmee my mense elke dag die beste doen wat hul kan. Ek is ‘n vreemdeling hier in Australië, maar in die Nuwe SA is ek ook. Ek verlang na iets wat nie meer bestaan nie.

Mel ·

Ek is baie bly ek het op Maroela Media afgekom. Hou my op hoogte van wat in Suid Afrika gebeur terwyl ek in Ierland is en nog meer belangrik, hou my Afrikaans in stand ;)
Baie dankie Maroela Media x

JC ·

Nee wat. Ek is al 12 jaar uit SA. Sal nooit weer terug verlang nie. Die beste biltong koop ek by my slaghuis in my dorp in Australia. Mieliemeel koop ek by my supermark,hulle het alles van ms ball chutney tot koeksisters wat die Suid Afrikaners hier verkoop. Vaarwel Suid Afrika .

Boerin ·

‘n Onfeilbare Boereraat vir terugverlang na die Vaderland: Lees SA nuus op enige gegewe dag.

Christo ·

Ek is ietwat hartseer vandag. 80% van alle negatiewe skrywes oor Suid Afrika kom juis van oud SAs in oorsese lande. Niks goeds kom daarvandaan nie. Ja daar is moord, doodslag, verkragtings, bedrog………….. Ens. Maar dit gebeur ook in daardie lande! Is Die VSA en VK sonder hierdie probleem? Helaas nee. Liewe slegpraters skyf liewer iets positief oor ons. Dit sal ons motiveer om steeds hier te bly. Vir wat dit werd mag wees, na ek skool verlaat het in 1967 het my pa vir my vertel wat werklik in ons land aangaan. Presies wat nou aangaan. Niks het verander nie behalwe dat ons tv en radio en internet het wat ons destyds nie gehad het nie. Destyds as iets gebeur het het ons eers drie weke later daarvan gehoor. As ek regtig met n klip wil gooi moet ek dit teens die leiers van ons land wat in die sestig sewentigs regeer het gooi. Die veranderinge moes reeds in die laat sestigs plaas gevind het. Dan sou ons lank reeds weer top SA gewees. Groetnis

Ou Bosvark ·

Suid-Afrikaners moet hulself spoedig deeglik vergewis presies wat die “National Democratic Revolution (NDR)” is en die “National Democratic Society (NDS)” en dan besluit oor hulle en hul kinders se toekoms. Caveat Suid-Afrikaners! Caveat.

Klaas ·

Melktert ? Ons bak dit. Biltong, ons droog dit. Ons maak vuur, braai op hout, eet skaaptjops en kuier lekker met ons Engelse en Afrikaanse vriende. En ons huil nie op Skype nie, veral nie noudat die internet ons 20Mbps spoed het nie. Ek vermoed hierdie is meer op die agtergeblewenes gerig as die wat geemigreer het – en in daardie opsig is dit goed : dit sal baie mense beter laat voel oor Suid Afrka. Maar glo my, daar is baie ander plekke op die wereld waar mens baie lekker en rustig kan woon. Groete uit Australie!

JC ·

Hallo Klaas. Stem saam maat. Ons lewe het begin toe ons na ons nuwe land Australia ge emigreer het nadat EK en my famile amper daar, bokveld toe was. Geen plek in die wereld soos Australia. Enige produk van Suid Afrika hier besikbaar by IGA. En as jy vinnige aflewering wil he,gaan op web Satooz, volgende dag aflewering. EK het lekker gelag toe ek na die video van verlange kyk, so on waar.

Frederik ·

Julle het niks lekker daar waar jou familie nie is nie.Julle verlang elke liewe dag na julle ouers en ander familie.Dis nerens net beter nie.Glo my,ek was al in baie lande en jy is maar altyd die ou wat nie daar hoort nie.Bly julle dink dis beter.Wat wel beter is,is n kind se toekoms.

Groete

Lali ·

Frederik – blykbaar weet jy alles van almal in die hele wye wereld. Ek maak nie daardie aanspraak nie, maar het kan vertel dat ons (en honderduisende ander emigrante) baie lekker woon in ‘n emigrante-land soos Australia en dat ons nie huil oor die melktert-wat-ons-mis ens. nie. Die koeksister-videos wat Maroela Media maak is meer gerig daarop om verbitterde ouens soos jy beter te laat voel.

EB ·

As enige een in Suid Afrika die kaans kry om uit tekom sal hulle

Lekker om nie in muure en hekke vas te kyk nie . Alles werk en my kinders het n toekoms
Braai vleis maak biltong en luister Grootfm op my rekenaar

Dankie Maroela media buik web blad

Groete uit Amerika

Gerhard ·

Uitstekende werk, Maroela. Ek is lief vir al my mense – die wat reeds padgegee het, die wat beplan om dit te doen, die wat nie kan nie, en die wat nie wil nie. Nie een van hierdie groepe behoort iets slegs te se van ‘n ander kategorie nie. Ons is almal in dieselfde boot: Ons is staatloos. Ek en my mense gaan binnekort Amerikaanse burgerskap aanvaar, maar ons landskap van die hart sal altyd Suid-Afrika wees. Ons het 20 jaar laas gestem. Ons het minder as 2 jaar van ons lewens in die nuwe SA deurgebring. Wat ons hier het is ‘n Afrikaner-diaspora en dit gaan nog dekades wees voordat ons die omvang van hierdie tragedie heeltemal besef.

Ou Erdvark ·

Ek as ‘n gebore en getoë Suid-Afrikaanse erdvark is al so moeg vir die onderwerpe van apartheid, kolonialisme, diskriminasie, regstellende aksie, werkloosheid, armoede, kriminaliteit. elitism, sosiale onrus, swak dienslewering, ongelykhede, korrupsie, nepotisme, selfverryking en stroping van die staatskas en ons natuur. Dit hang al by my ore uit.

Ek, Ou Erdvark, wens ons Suid-Afrikaanse soogdiere kon liewer hoofsaaklik praat oor opbouende eerbare kreatiwiteit, unieke Suid-Afrikaanse produkte te koop, eerbare winste, trots op dienslewering, selfaktualisering en wêreld kompeteerbaarheid en ons kinders wat wêreldklas presteer. Ook oor kontraknakoming, eerbaarheid, vriendelikheid, omgee vir ander, en vrede.

Miskien moet ek ook liewers emigreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.