Video: Hier is die top 5 grootste Afrikaanse liedjies

grootste liedjieMaroela Media is nou in die pylvak van sy Grootste Afrikaanse Liedjie-kompetisie.

Vyf liedjies gaan dit nou verder in die kuberruim uitspook om te bepaal watter een die kroon gaan dra.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

JOHAN HEUNIS ·

A nee a…Ek stem saam met Trudie…’Heidi’ is darem nie ‘n eg Afrikaanse liedjie nie! Alhoewel steeds ‘n pragtige lied, behoort die kriteria darem te bepaal dat ‘n lied sy oorsprong in Afrikaans moet hê!

Hannetjie ·

Ek dink ons as wit Suid Afrikaners het een ding wat ‘n klippie in my skoen is. Ons kan nie saam staan nie en kan nie die son oor die ander een sien opkom nie. Dit altyd ‘n kompetisie wie se kinders gaan by watter privaat skool skool of wat het die bure wat ek nie het nie . Vra ‘n wit rykman om hulp en hy verneder jou net omdat jy nie in sy klas is nie . Bied jy hulp aan by funksies dan word jy behandel soos ‘n derderangse persoon want hoe durf jy jou hulp aanbied jy val nie in die hoe klas nie. Die swart gemeenskap staan saam kry saam swaar en nie een kyk op ander een neer nie. Ek is geen boetie boetie met niemand nie maar dit het ek al ondervind.Ek raak net so kwaad oor plaas moorde en die misdaad soos enige iemand ,en is eerrste om aan te dring op die doodstraf. Ons moet as Suid Afrikane begin dink en nie meer wit en swart nie ,want aan albei kante is daar goed en kwaad.eerder as wat ons bekommer oor by watter privaatskool ek my kind kan inskryf om tog in tel te wees of met die buurman mee te ding kyk eerder waar daar nood I’d ongeag ras en help al is dit net met ‘n glimlag of drukie.So sal ons weer leer om ” mens” te word

Elize ·

Ek, stem net vir Steve-Pampoen, want hy is erg Afrikaans,en hy kom op vir die Afrikaner.Ek verstaan nie Hannetjie se brief nie.Dit gaan mos nou hier oor die liedjie wat moet wen.Mooi dag vir al ons Afrikaners,in Suid Afrika.

Cornémari ·

Ek sal maar moet gaan met Kinders van die Wind…maaar, kan ni help om te wonder waar is Liefling dan nie…???

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.