Video: Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria

Die ouers van twee seuns wat erge psigotiese aanvalle gekry het nadat hulle “Herbal Blend” gerook het. Die ouers het op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat. Foto: Maroela Media

Video’s van jong mans en kinders van Pretoria wat oënskynlike aanvalle en psigotiese episodes beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het, word wyd op sosiale media versprei.

Minstens 13 mense, van wie sommige kinders so jonk as 14 jaar oud is, moes die afgelope drie dae mediese behandeling ontvang nadat hulle dié middel, bekend as Herbal Blend, gerook het. Baie van hierdie mense het in hospitale geëindig.

Nie net is dié middel ʼn lewensgevaarlike konkoksie van verskillende tipe dwelms nie, dit word wettig oor die toonbank in verskeie winkels verkoop.

Een van die video’s wat tans die ronde doen, is van twee jong mans wat in ʼn byna besete toestand is nadat hulle Herbal Blend gerook het. Op die video kan gesien word hoe Johan* (22) op ʼn bed rondspring en onbeheersd in ʼn kamer rondval. Sy vriend lê op die grond, praat onherkenbare brabbeltaal en ruk onbeheersd.

In ʼn stadium begin die man wat op die grond lê, braak en is hy nie in staat om om te rol om te keer dat hy nie in sy eie braaksel verstik nie. Johan, wat in dieselfde toestand verkeer, en ʼn derde vriend wat nié die middel gerook het nie, sukkel om hom op sy sy te draai in ʼn poging om te verhoed dat hy aspireer. Oomblikke daarna begin Johan ook onbeheersd opgooi.

“Herbal Blend” word tans in ongemerkte swart pakkies verkoop met selfs die geur van die inhoud wat op die pakkie aangedui word. Foto: Maroela Media

Dié ontstellende voorval is deur Johan se pa op ʼn selfoonvideo vasgevang. In die video kan jy hoor hoe die pa histeries skree: “Draai op jou maag seun, draai op jou maag! Julle, kom help hierso asseblief! Seun, is jy orraait? Haal hy asem? Haal net asem, haal net asem!”

Die pa, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, vertel dié dramatiese voorval het hom Sondagmiddag in hul huis afgespeel. Wat nog meer skokkend is, is dat Johan se 25-jarige stiefbroer, Marius*, vroeër die dag dieselfde middel gerook het en ʼn soortgelyke reaksie daarop getoon het. Marius is egter só erg aangetas dat hy per ambulans na ʼn hospitaal gehaas moes word waar hy in die hoësorgeenheid opgeneem is. Hy word steeds in die hospitaal behandel.

Marius se ma vertel haar seun het ná skool met dwelms deurmekaar geraak, in ʼn erge depressie verval en dat sy bewus was van die feit dat hy steeds dagga rook. Sondagoggend het sy hom winkel toe gestuur om goed te gaan koop en het hy net ná 08:00 teruggekeer. “Ek was in die bad toe ek hom hoor roep het. Hy het gesê hy het gerook en ek moet kom help. Hy het gesê sy hart klop uit sy bors en hy is besig om dood te gaan.”

Die ma sê sy het Marius kalmeer, hom water gegee, hom aangesê om diep asem te haal en hy het uiteindelik kalm geword. Marius het later erken hy het kort voordat hy huis toe teruggekeer het, Herbal gerook. Nadat hy kalmeer het, het sy ma gedink alles is onder beheer.

Sonder haar medewete het Marius ʼn ruk daarna egter toe nóg van die Herbal gerook.

Die volgende oomblik het hy uit sy kamer gebars gekom, op die vloer geval, geruk, teen die mure geskop en geskree. Paramedici wat hom behandel het, vertel aan Maroela Media hy het onbeheersd gevloek, heeltyd sy ore toegedruk en oor en oor sy hond se naam geskree. Paramedici moes Marius vasbind om hom in ʼn ambulans te kry, waarna hy na ʼn hospitaal gehaas is.

Dit was egter nie die einde van dié Pretoria-gesin se nagmerrie nie.

ʼn Skermskoot uit ʼn video van twee jong mans wat ernstige gevolge beleef nadat hulle “Herbal Blend” gerook het. (Video verskaf deur Best Care-ambulansdienste)

Dieselfde middag het Johan en sy vriend besluit om ook Herbal te rook. “Ja,” sê Johan, “ongelukkig het ek geweet wat met Marius gebeur het en dat hy hospitaal toe moes gaan en steeds het ek die ding gerook. Want ek het dit vroeër gerook die dag, en toe ek nou gehoor het van my stiefbroer en wat met hom gebeur het, was ek geskok. Maar ek het maar net gedink hy het te veel gerook en kon dit nie hanteer nie. En toe ek dit gaan rook, toe lyk dit my dit gaan nie oor te veel nie. En toe is ek ook in daardie toestand.”

Nadat Johan en sy vriend ook die psigotiese aanvalle gekry en onbedaarlik begin braak het, is die paramedici weer ontbied. Hulle is op die toneel behandel, maar het nadat hulle weer by hul positiewe was, vervoer na die hospitaal geweier.

‘Dit is nie iets wat enige ouer wil sien nie’

Johan se pa vertel dat hy eintlik toevallig Sondag op die skoktoneel in Johan se kamer afgekom het. Sy eksvrou, Johan se ma, het hom gebel om te sê sy kry nie hulle seun telefonies in die hande nie. Johan se pa het gesê hy is in sy kamer en hy sal die selfoon na hom toe neem. Hy sê toe hy instap, het hy onmiddellik gesien dat Johan hoog was, maar hy was aanvanklik nog in beheer van sy spraak en bewegings.

“Johan sal nooit erken as hy dagga rook nie… Ek sien wat dit aan hom doen en dan sê ek vir hom: ‘Seun, ek kan sien daar is iets fout met jou.’ En hy sal altyd vir my sê, ‘Pappa, ek is fine. Moenie oor my worry nie. Die goed maak my niks.’ Maar ek weet dit doen iets aan hom. En toe ek Sondag by daardie kamer instap, het ek besluit, hierdie keer gaan ek ʼn video maak en ek gaan vir hom wys wat gebeur. Maar toe is dit nie dagga nie, dit was toe heeltemal iets anders.”

Die pa vertel wat nié op die video gesien kan word nie, is hoe hy probeer om Johan te help om op sy sy te draai toe hy begin braak en hoe Johan aggressief terugbaklei en aan sy pa stamp. In die struweling het die pa in die braaksel gegly en met die val sy stuitjie gebreek.

“Ek is so dankbaar dat my eksvrou my gebel het, want as sy nie het nie, het ek nooit na sy kamer toe gegaan nie en sou ek dalk nie geweet het wat daar gebeur het nie. Dalk sou ek die commotion gehoor het, ek weet nie… Ek het gesien wat gebeur en ek wil dit nooit weer sien nie. Dit is nie iets wat enige ouer moet sien nie. Ek het net hulpeloos gevoel; regtig, regtig hulpeloos. Ek is nie ʼn dokter nie, ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek was hulpeloos.”

Volgens die pa was sy bedoeling nooit dat die video moet uitkom nie, maar dit het op een of ander manier uitgelek. Teen Dinsdag was dit so wyd op sosiale media versprei; dit was onmoontlik om dit om te keer.

Die jong man wat in een van die video’s gesien kan word waar hy ʼn erge psigotiese aanval kry nadat hy “Herbal Blend” gerook het. Die man het op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat. Foto: Maroela Media

Johan sê hy was baie ongelukkig toe hy sien hoe die video versprei word. Hy sê hy het sy pa gevra om nié die video te versprei nie en was ontsteld toe hy besef die video het wel uitgelek.

Hy sê om die video egter te sien, was ʼn ontnugtering. “Ek was baie geskok om te sien wat met my aangegaan het. Dit wat ek kan onthou, is glad nie wat regtig gebeur het nie. Dit was asof ek ʼn heeltemal ander mens op die video gesien het. Dis nie hoe ek dit kan onthou nie.”

Johan sê hy is vasbeslote om nooit weer naby dié middel te kom nie en dat hy nooit weer wil beleef wat hy daardie dag beleef het nie. Hy beskou die voorval as ʼn keerpunt in sy lewe. “My boodskap aan ander mense sal wees: bly ver weg van die goed af. Dit is onnodig om dit eers te wil probeer. Daar is soveel ander beter dinge in die lewe as om net op jou eie te wees en ʼn ding te rook en nou te dink jy voel beter. Bly eerder weg daarvan af.”

Wat is Herbal Blend?

Hoewel dit nie bekend is presies waaruit Herbal Blend bestaan of deur wie dit vervaardig word nie, het Maroela Media vasgestel die middel kan maklik oor die toonbank in verskeie drankwinkels en tabakwinkels gekoop word. ʼn Pakkie kos ongeveer R45 en volgens ʼn gebruiker kan sowat tien sigarette uit een pakkie gerol word. Dié middel word gewoonlik soos ʼn sigaret opgerol en gerook, maar sommige gebruikers stop ook daarvan in ʼn pyp. Soms word die middel met tabak gemeng voor dit gerook word.

Die middel lyk baie soos dagga, hoewel daar baie meer as dagga in dié mengsel is. Foto: Best Care-ambulansdienste

Johan het aan Maroela Media gesê dié middel is voorheen onder die naam “Puff” verkoop. Hy vertel dat hy dit destyds gerook het en dat dit die gebruiker ʼn euforiese gevoel soos dagga gee, maar veel sterker.

Die middel het daarna van die mark verdwyn en so paar jaar later sy terugkeer gemaak, dié keer onder die naam Herbal. Volgens Johan was die pakkies altyd gekleurd, was daar ʼn rookwolk op die pakkie gedruk en is die geur van die inhoud, soos “Crazy Coconut” of “Fun Bubblegum” op die pakkies aangebring.

Die verpakking van die middel wat die 13 mense wat onlangs behandel is, gerook het, lyk egter heel anders. Die pakkie is heeltemal swart met geen teks of grafika op nie en slegs ʼn plakker wat die geur aandui, is daarop geplak. Nêrens op die pakkie word aangedui wat die inhoud is, wat die bestanddele van die inhoud is, of wie dit vervaardig nie. Die inhoud in die sakkie ruik soet en soos die geur wat op die pakkie aangedui word.

Dr. Neville Vlok, ʼn ongevalle-dokter by ʼn bekende hospitaal in Pretoria, het op versoek van GrootFM en Best Care-ambulansdiens die inhoud van hierdie swart pakkies Herbal ontleed. Hy verduidelik aan Maroela Media dat hy ʼn basiese toets gedoen het om te bepaal wat in die middel is. Dié toets gee ʼn aanduiding wat in die middels is, maar is nie so akkuraat soos ʼn formele toets in ʼn laboratorium nie.

Die middel is egter ook deur minstens twee organisasies en die polisie na ʼn laboratorium gestuur en daar word tans op die uitslae gewag.

Die middel staan meestal as “Herbal Blend” bekend, maar word ook onder die naam “Blazing” verkoop. Die middel was glo voorheen bekend as “Puff”. Foto: Best Care-ambulansdienste

“My voorlopige toets het getoon die basismiddel is dagga,” sê Vlok. “Of dit daggablare is of dagga-olie is, is nie bekend nie, maar die aktiewe bestanddeel is Tetrahidrokannabinol en dit is die basismiddel van dagga. Wat ons ook gevind het, is dat daar stimulante in is en dit is nogal wat ek verwag het toe ek die video’s van die gebruikers gesien het. Ons het verseker Tik of metamfetamien daarin gekry, asook Ecstacy en daar was ook tekens van Mandrax in.”

Vlok sê dié middel kan beslis lewensgevaarlik wees. “Jou hartklop gaan op, jy sweet baie, jou spiere kan afgebreek word, dit kan jou later nierskade gee, jy kry elektrolietskeidings in die bloed, jou bloeddruk verhoog, jy kan in jou brein bloei. Daar is baie effekte van veral die stimulante wat lewensgevaarlik is.”

Ook Johan meen dat Herbal ʼn vlak bo dagga is gemeet aan die “hoog” wat dit veroorsaak. “Ek het al die eerste keer toe ek dit gebruik het, besef dit is baie sterker as dagga en dit het ʼn baie sterker uitwerking op jou. Ek kan nie verstaan hoe die [vervaardigers] dit op die mark kry en hoe hulle dit aan mense mag verkoop nie, want dit is erger as enige ander dwelm wat ek al gerook het. Dit is nie iets wat op die mark moet wees nie, dit is iets wat ver weggehou moet word van menslike gebruik af,” sê hy.

ʼn Skermskoot uit ʼn video van ʼn 14-jarige seun wat mediese behandeling ontvang nadat hy “Herbal Blend” gerook het.

Herbal gewild onder jonk en oud

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, sê hul paramedici is tussen Sondag en Dinsdag uitgeroep na minstens sewe gevalle waar mense Herbal Blend gerook het. Drie van die pasiënte was 14-jarige seuns wat nog in hul skooluniform die middel net ʼn blok weg van hul skool af gerook het. ʼn Ander geval was ʼn ma en seun van Danville wat saam die middel gerook en na ʼn hospitaal geneem moes word.

Loubser sê die verskillende pasiënte het verskillend op die middel gereageer, hoewel onbeheerbare rukkings, lomerigheid, braking en verwarring onder die meeste voorgekom het. Die swart pakkies Herbal Blend is in elke geval om die toneel gevind.

“Die simptome wat mense ervaar nadat hulle hierdie goed rook, behoort rede genoeg vir enigiemand te wees om nié hierdie middel te gebruik nie. Die nuwe pakkies wat nou op die mark is, sê glad nie wat daarin is nie. Boonop word aanloklike name soos ‘yummy bubblegum’ gebruik wat kinders nog meer daartoe aantrek en daarom moet kinders en ouers bewus wees van wat gebeur,” sê hy.

“Tabakprodukte mag in elk geval nie aan kinders verkoop word nie, maar ons het bewyse dat die middel wel aan minderjarige kinders verkoop word. Die mense wat hierdie goed verkoop, weet hoe gevaarlik dit is. Hoe verkoop hulle dit met ʼn skoon gewete en dan nog boonop aan ʼn kind ook? Dit is ons verantwoordelikheid om mense in te lig oor hieroor.”

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is bewus van 14 gevalle waar mense Herbal Blend gerook en so negatief reageer het dat hulle mediese behandeling moes ontvang. Volgens Selepe is die middel aan die polisie se forensiese laboratorium gestuur om dringend ontleed te word.

Intussen is die polisie besig om ondersoek in te stel oor waar die middel vandaan kom en is verskeie regeringsdepartemente by dié ondersoek betrek.

Skakel vanaand om 20:00 in op GROOTfm 90.5 tydens GROOTtrauma waar Pieter Cloete oor die afgelope paar dae se gebeure sal gesels, vals gerugte rakende Herbal Blend sal regstel en meer oor dié middel sal deel. Luister op 90.5fm of op DSTV oudiokanaal 820.

*Skuilname word gebruik om die identiteit van die persone te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

waarheid ·

O my genade!
Wat lol die mense met sulke goed!
Bly weg!!! Julle gaan julself vernietig !
Of is dit die plan?

DeVill ·

Ek rook al vir amper 15 jaar dagga. Ek het al verskillende grade van dagga gerook.
Was eenkeer in Amestrdam en het ‘n hoe gehaalte graad dagga gerook.
Ek beweeg tussen mense wat al langer as ek dagga rook en ook mense wat pas begin het.
Nog NOOIT in al hierdie jare, het enige iemand al OOIT wat saam met my dagga gerook het so opgetree nie.
Ek het nog nooit in my hele lewe so iets voor my sien afspeel nie.

Waar ek dit wel al gesien het was op Youtube en dit was mense op die Crocodile dwelm in Rusland. Baie erg!

tamboti ·

Baie mooi en goed DeVill, ek rook nie en ek drink baie matig gewone alkoholiese verversings per geleentheid. My enigste verlawing is werk – dit is ook baie lekker vir my.
My kinders sal my voorbeeld volg en joune seker jou voorbeeld.
Groete vir jou longe.

Piet ·

DeVille langdurige gebruik van enige iets wat jou op n trip sit gaan later sy tol eis, al is dit drank (en soms veral drank). Jy raak later so dom soos grond. As jy dit aan jou self wil doen moet jy maar aanhou, maar moet tog nie dat jou kinders sien hoe jy met jou eie lewe mors nie.

Nettie ·

@Duiweltjie (DeVill) – moet jouself nie flous nie. Onthou, dagga is ‘n twak produk, en ons almal weet wat twak maak – dit veroorsaak sekere siektes. As jy jou kans wil waag, doen dit gerus. Wat hierdie kinders egter gerook het, was nie net aaptwakkies nie – daar was Mandrax, metfetamien en Ecstasy in. ‘n Totale ander prentjie as jou ‘onskuldige’ ou ‘suiwer’ aaptwakkies.

Oopkop ·

Net n artikel vanaf die pro cannabis gemeenskap, wil al die mense wat “cry wolf” en weer cannabis die skuld wil gee.
A synthetic cannabinoid is not a cannabis product, but a chemical analog that binds to the same system of receptors. THC, the primary psychoactive chemical in herbal cannabis, latches to CB1 receptors in the brain to produce a euphoric high, and synthetic cannabinoids also bind here, but with a much higher affinity.

Synthetic cannabinoids can be 2 to 100 times more potent than THC and induce severe side effects like vomiting, chest pain, increased heart rate, vision blackouts, headaches, kidney damage, agitation, high blood pressure, and psychosis. Significant withdrawal symptoms have also been reported.

John William Huffman, a Harvard graduate and organic chemistry professor at Clemson University, began synthesizing hundreds of novel cannabinoids in the mid-1980s for medical research purposes using funding from the National Institute of Drug Abuse (NIDA). They were intended as tools for understanding cannabinoid mechanisms, but in 2008 following the publication of his work, one cannabinoid called JWH-018 appeared thousands of miles away in a German forensic lab. They named it “Spice” and disseminated it to curious, experimentally-inclined customers.

Simple to manufacture with a remarkably short turnaround time, it didn’t take long for clandestine drug manufacturers to jump on the opportunity and open the market floodgates. Huffman’s response: “Someone opened Pandora’s box.”

stemsaam ·

dit is sintetise thc wat die hoof bestandeel is. Sintetiese THC is baie gevaarlik. Die groen blaartjies wat jy rook is n natuurlike produk! nie mens gemaakte crap nie.! Mense gaan lees n bietjie op or sintetiese THC….. Dis die euwel nie n plant nie!

Maro ·

Dis werklik jammer dat mense hulle na allerhande middels wend om deur n dag te kom. Van dagga, pille tot drank. Daarmee saam kom gewoonlik ook heelwat ander duiwels uit. Die lewe het lyk my een te veel geword.

chris ·

DeVill as jy mooi kyk tree jy eintlik ook net so op, maar in n mindere mate.
glo nie jy het jouself al gesien nie, vra enige iemand wat dit nie rook nie
hoe sien hulle die persoon wat dit wel rook, dalk sal jy dan n ander deuntjie sing.
dit is waar dwelms begin. vir 15 jaar lank en het jy dit nooit oorweeg om dit te los nie.
jy is virseker 15 jaar terug al “gehook”

LB S ·

Nee Pienkie, die MEESTE kinders wat ek geken het en veral die wat met my seun grootgeword het, het beslis nie met sulke goed ge-eksperimenteer nie. Say no more.

Anoniem ·

Of LB S jyt dalk nie van die experimente geweet nie. Baie baie baie kinders experimenteer sonder dat hulle ouers ooit daarvan uitvind. En dis reeds die Wat so onskuldig lyk Wat die kuns Al pragtig volmaak het

Mona ·

Al wat ek kan sê is Kersfees is om die draai en pad ongelukke gaan seker nog meer verhoog aangesien almal gaan hoog wees van dagga en dan miskien nog gemeng met flakka ook.

Gert ·

As ek Johan se pa was, sou sy boude gebrand het lank voordat hy sy hande op sterker goed kon kry!

Karien ·

Maklik om te praat as dit nie jou kinders is of jy nie in so posisie is nie. Wat gaan slaan help? Hul laat stop of dat hulle dit eerder skelmer doen? Fout kom in by respek. Kinders van vandag het geen respek vir hul ouers of skaamte oor hul dade nie. Ek sou as kind sekere dinge nie gedoen het nie, omdat ek nie my ouers wou teleurstel nie of as ek iets gedoen het en hulle het uitgevind, was net die feit dat ek hulle so diep seer gemaak het genoeg vir my om te stop, maar deesdae gaan dit oor die ek en myself, voel vere vir wat ander dink of voel en doen net wat hulle “happy” maak is al wat vir hulle tel. Die dat kinders sulke goed doen en ouers se hande is eintlik afgekap. Slaan maak nie alles reg nie, as hulle dit wil doen sal hulle, maar punt is, hulle voel vere wat dit aan hul ouers en die om hulle doen en selfs aan hulleself. Op daai ouderdom dink hulle mos nog nie so lekker aan gevolge nie en lewe net vir die oomblik en dink die dood is vir oumens. As ouer, kan jy net bid en probeer doen wat jy kan om te help, maar kinders is skelm en agterbaks as hulle in n hoek gedruk word. Wil jy weet wat gaan aan of net dink jy is in beheer van jou kinders.

Maggie ·

Ek sou die Ma wees wat die kinders waarsku oor die gevare en as hul voortgaan met hul proefneming dan dreig. En dan bid vir herstel. Daarna sou daar nie ñ vel op meneertjie se agterent oor wees nie. Dan reg of weg !!

Pam ·

My woede oor die feit dat die kinders die gemors rook was dieselde as die pa sin gewees, en daarna nadat die kinder begin verstik het het ek so gehuil en net so magteloos soos die pa gevoel want ek self het nog groen koring. Hoe op dees aarde kan sulke gemors enigsins vrylik beskikbaar wees en van waar die oorsprong??? SAPS moet sommer alle handelaar en winkels wat die gemors in hulle besit het, sluit en die eienaars moet sommer aangekla work vir dwelm handel en wie ookal dit aan die minderjarige kinders verkoop het se handels lisensie moet weggevat word en aangekla word.

JohanII ·

Eks met jou Oam…hoe verkoop jy iets wat onbekend en ongemerk is! Ek koop/eet! niks wat ek nie weet wat dit is nie…(soos Coca Cola terloops)…wdf, hoe rook jy iets wat onbekend is, is jy van jou trollie af!

Lallie ·

Ek stem 100% saam jou. Die feit dat die mense dit aan kinders verkoop se alreeds dat hulle onwettig handel dryf. Dagga kan dalk legal wees maar sover ek kan onthou is rook verbode onder 18 volgens wet. So vir wat verkoop hulle dit aan skool kinders. Al wat ons kan doen is bid dat God regtig sal begin intree en werk en ons kinders sal beskerm in alle gevalle.. daar is hopeloos teveel dwelms op die mark vrylik beskikbaar en die SAPS moet iets omtrent dit begin doen. Alle kinders is stout en probeer goed skelm, ons as ouers kan net ons beste doen om hulle te beskerm en te leer wat reg en verkeerd is.. maar dis in die hande van ons polisie en wetgeewing om dinge soos die te voorkom. Hoe kan n winkel net n drug verkoop sonder dat dit op die mark wettig aanvaar word???

Gert ·

Wanneer mens kyk wat die goed doen, is dit geweldig. Mense wat dit gebruik getuig van n hoog, jy is nie meer in beheer nie maar iets anders is. Een persoon het gese dat n duiwel in hom gekom het op die hoog. Sy lewe was daarna n gemors. Mense met addiction raak baie keer kriminele omdat die goed duur is. Moord is al gepleeg onder die “high”. Mens kan nie n leeu se pens kielie en verwag dat niks met jou sal gebeur nie. Hierdie goed is gevaarlik en dodelik en hou geen goeie waardes in vir die mens nie. Moenie n leuen glo nie. Hierdie goed drein Finansies, goeie verhoudings, morele standaarde, ens. Nadat hierdie goed met mense klaar is is hulle voorland: RIP. Mense probeer om die realiteit van die werklikheid te ontvlug deur dit te gebruik, maar hulle besin nooit hoe hulle hulleself en familie benadeel nie.

Eleanor ·

Briljante artikel en beeldmateriaal. Elke ouer hoort dit te lees en kyk. Selfs kinders. Ek glo dat dit kinders sal afskrik van die middels.

Bosluis ·

Wel dit het nie vir Johan af gesit wat al n jong man is en gesien het wat met sy stiefbroer gebeur het nie!

Anon ·

Wens mens kan al die kinders help in die land wat met dwelms betrokke raak. Die probleem is baie grootter as wat mense besef en die staat het nie die regte organisasies om dit stop te sit nie. Hier is groot moeilikheid mense, pas julle familie en kinders op.

Santie ·

Mense kan dagga maar goedpraat soos hulle wil…..bly weg. Want mense soek altyd ‘n hoër “high”. En dit is hoe die hel van dwelms vir menige mense begin het, en soms tragies geëindig het. Ek is BAIE bly hierdie video het die lig gesien. Dit waarsky nou baie mense. As jy dit nog steeds wil prober, is jy klaar nie reg van wysie nie.

charmaine ·

Dit is skokkend! Die winkel is in Van der Hoff Weg hoop die polisie plunder daai winkel, brand hom sommer af hulle verwoes die kinders. Hopelik sal die kinders nooit weer so iets probeer nie en dat hulle so groot geskrik het dat hulle nooit hulle monde aan dwelms sit nie. Gendae dis amper eksamen tyd hoe kan hulle so met hulle lewens speel nog so jonk.

chantelle ·

Dit kom van nuuskierigheid…ek sou my dood skaam want ek is so groot gemaak ek sal nie eers n gewone sigaret voor my ouers rook op 30 nie Baie bly ek het nooit belanggestel in sulke gemors nie……..hoop almla leer n les en hou op met dinge mors wat jouself in n ander mens verander! wat rook mens op 14 leer die kinders om eerder die snoepie te besoek en lekkers te koop as sigarette/rook goed

Ouer ·

Die feit dat die goed orals beskikbaar is vir enige iemand om te koop is die mees kommerwekendste van alles. Gehoorsame ouers is net so groot probleem ons laat ons kinders te veel toe ek is self in my 30s en rook ni voor my ouers nie. Ek het 4 tieners seuns wat aanhou vir hubley en ek weier want dit is waar al hierdie mengsels van geure ontstaan het… hoe keer mens sulke goed gee hy hulle meet vryheid neem hulle aan hul kan doen wat hulle wil is jy te streng dien hulle dit op ander plekke…..

marous ·

Dwing diegene wat dit verkoop se kinders om dit te rook en neem videos daarvan .

Mak Muil ·

Het die videos vir my twee tieners gewys! Het hulle asvaal geskrik.

Hoop dit bkly hulle by!

ou uil ·

Baie mense koop dagga op straat waarby verkopers hul voorrad wegsteek in stegies en dreine. Om sodoende dan hul “stash” te beskerm sit hul rotgif binne die pakkies. Dagga is nie verslawend nie maar pure gewoonte. Meer verslawende middels word wel bygevoeg sodat verkopers meer gereeld besigheid kan doen. Ek vind geen probleem met natuurlike dagga nie maar wel as daar chemiekaliese middels bygevoeg word. Jong mense weet altyd beter en raak afgesaag met daaga se ligte effek wat maar eintlik nie veel doen nie. Mense wat vertel dat hul buite hulself raak met dagga gebruik praat bol.

Pieter ·

Dit gaan my verstand te bowe as jy gesien het wat dit aan ander doen, maar dan gaan jy nog steeds voort en rook weer die gemors. Dis seker maklik om te praat, maar as dit my kind is wat dagga of die herbal gemors rook, sal ek beslis ingryp en iets daaromtrent doen!

Laura ·

Ek kan verstaan dat die ouers en seun ongelukkig is oor die video versprei is … maar ek
is ongelooflik dankbaar daarvoor … ek kon my 13 jarige dogter wys watter lelike ding dwelms van enige aard is. Almal kan kritiseer soos hulle wil maar dit bly nog jou eie keuse of jy dit gaan doen of nie … as jy beginsels en fondasies nie sterk genoeg is nie, gaan jy jouself oorgee aan sulke goed.

C ·

Ek stem 100% persent saam my kinders is ook in ‘n skool in Pta en hulle is maar 13jaar oud ek is ook bly hulle kan sien wat die vieslike goed aan mens kan doen want vriende kan baie beïnvloedbaar wees. Ek is bly die video het uitgelek. Ek bid vir elke liewe kind wat met sulke goed ekspirimenteer om op te hou, het ook amper ‘n familie lid verloor deur dwelms.

Johann ·

Dit is baie erg vir die kinders se familie, tog voel ek persoonlik hulle het mos ‘n keuse gehad of hulle gif wil rook of die duiwel eenkant toe skuif en weier om die gemors te rook. As ou nou vergiftig word deur goed wat by jou kos of so iets gegooi word sonder dat jy weet is dit baie erger. Ou weet nie waar gaan die land se jeug heen nie

Maria ·

BAIE DANKIE VIDEOS VERSPREI EN WAARSKU!!. Ja ek huil my nou dood as ma wat self deur gegaan met jou eie kind .. dit nie maklik nie (elkeen het sy eie keuse) …dit hel ….in hande van Satan!!

Wilma ·

Spice word op die Oosrand verkoop, saam met Mr Nice Guy en n paar ander verpakkings. Die video het hopenlik genoeg mense se oe oopgemaak dat die gemors van ons strate af kan kom

Chantel ·

Hoe siek geweet dit sal nie by gewone skoon dagga bly nie dis skokkend mag liewe Jesus ons help in hierdie deurmekaar wereld

wielie ·

EK VOEL BITTER JAMMER VIR DIE OUERS! Mens weet nie altyd wat jou kind aanvang saam die maats nie! Glo my ons het ook al deur n paar skokke gegaan. Dankbaar vir die inligting … hoop al die kinders sien dit ….. maak jul ogies oop. Mamma en pappa preek nie weer nie ! Julle SIEN dit. Sterkte aan die kinders en ouers wat hierdeur gaan. Dankie vir die eerlikheid …………… Hoop almal sien dit en SKRIK WAKKER. Oh en gaan brand daai winkels af wat die goed verkoop …. dan is mens ontslae van winkel en voorraad.

Yolandi ·

Indien jy dink die sort ding gebeur NET in SA wag daar n groot verrasing op jou…..

Jo-anne ·

Dit is hartseer dat iets SO skokkend eers moet gebeur vòòr mense se oë oopgaan. Ek hoop regtig daardie kind/kinders het ‘n les geleer en gaan na skole en waarsku kinders oor die gevare van dwelms. Laat die lewens wat verloor is nie verniet wees nie. OPDRAG: GAAN RED LEWENS! Wys die video vir hulle en maak hulle oë oop!!

dankbaar ·

Aan “Johan” en sy ouers Boeta ek is jammer dat die video vesprei is en dat jy ongelukkig voel daaroor, met reg so- deur die video te versprei het jy indirek baie mense geraak wat nou nooit aan hierdie of enige dwelm sal raak nie, dankie daarvoor en jy as jongmens wat ook maar alle dinge beproef kan nou die uitwerking van die dwelm uit jou pa se oogpunt sien ! Aan jou pa ek haal my hoed vir jou af want dit kon nie maklik gewees het om deuentyd so kalm te bly nie , baie sterkte met die gebreekte stuitjie mag uit hierdie ondervinding vir julle baie seeninge kom!!

Bianca ·

Net bekommerd oor die feit dat sy pa dit afgeneem het en nie gehelp het nie. Ek hoop dat die hele familie gou sal herstel van die hartseer dag.

Amelda Ferreira ·

Ek was self naar net om na die video te kyk, en het dadelik my 17 jarige seun dit laat kyk. Hy was wit geskrik. Ons arme tieners. Hulle word van alle kante met die “duiwels” verlei. As ma bly ek maar net op my kniee.

Mickey ·

Bianca, ek dink dit moedeloosheid van die pa wat dit laat afneem het. Hy wou sy seun na die tyd wys hoe hy lyk. Ek haal eintlik my hoed af vir die pa want deur dit te gedoen het wys eintlik dat hy omgee vir sy seun. Eerlik…dink net hoe moet dit vor die pappa voel om oor en oor sy seuns te waarsku en hul luister nie. En onthou die seun kan na dit nog steeds nie onthou wat hy gedoen het nie maar nou kan hy self sien en net so geskok wees soos die res van ons. Nou kan hy skaam voel en nie meer mighty nie en ek is seker nou sal hy 2 keer dink voor hy weer snert rook.

MIS EK IETS? ·

Ek sien nie baie kommentaar oor die feit dat DIT VRYLIK OOR DIE TOONBANK BESKIKBAAR IS NIE!!!

Ek self was ‘n ywerige roker op skool gewees en het verskeie tabak flavours probeer, my eie sigare vervaardig ens, maar nooit maar nooit was hierdie tipe goed vrylik oor die toonbank beskikbaar nie. Die instituut moet gevind word en mense moet gestraf word vir die verkoop van hierdie middels.

Die kinders was beslis verkeerd, en daar is duidelik n probleem met opvoeding en onderwys in die land as dit is hoe ons jeug lyk. Maar alle vingers kan nie na kinders gewys word nie, hulle is naief, onverskillig en probeer hulle eie identiteit skep. Institute moet van beter weet en nie dit aan die publiek verkoop nie.

Ek ruik ‘n multi-miljoen rand dagvaarding…

Em ·

Ek stem saam. As die Dok se vinnige toets middels soos Tik en Mandrax wys, kan die winkels wat dit verkoop sekerlik vir dwelmhandel verantwoordelik gehou word? En hoekom is daar nie ‘n onmiddelikke verbanning in plek nie? Of wag die owerhede vir ‘n meer tragiese uitkoms?

Rina Kotze ·

Kan mens die video clip vir 7 & 8 jarige ook wys?
Skokterapie werk gewoonlik die beste!

Ouers wees asb paraat en weet wie jou kind se maats is asb? en wie hul ouers is!

KSlatter ·

Ek het dit gisteraand vir my 8 jarige gewys (sal seker gestenig word daarvoor), want ek weet nie wanneer sy daarmee gekonfronteer gaan word nie en ek wil hê sy moet voorbereid wees. Ek het vir haar mooi verduidelik dat een keer se gebruik dit aan jou kan doen en dat as enige iemand ooit vir haar sê “As jy dit nie doen nie, is jy nie cool nie” (of iets soortgelyks) moet sy dit juis nie doen nie en onmiddelik vir my daarvan vertel. Sy was geskok! En dit was die plan.

Ansie ·

Dis is baie hartseer en my hart gaan uit na ouers wat se kinders op drugs is of andersom. Dis jou geliefde en dis n moeilike pad wat ek nie eers vir my vyand gun nie. Dis n pad van vrees en magteloosheid en geen innerlike vrede nie…Ek dink persoonlik al die Greens soos hul dit noem Herbal tabak moet verban word. Regtig selfs ook dagga wat al legal is…waarheen gaan als. Als wat boos is word toegelaat…Drugs raak legal, Drank , rondslaap, Homosexuals word getrou, Godsdiens word verban uit skole en so kan die lys net aangaan…Dan wonder almal hoekom gaan dit so in ons land. Ons het nodig om terug tekeer na die Here. Bekeer en draai weg van die sonde…Net die Here Jesus kan vir ons red en bevry en in staatstel om in oorwinning te lewe. Ek bid mense begin hul harte net oop en ontvanklik maak vir ons Hemelse Vader se voorskrifte en nie die stem van die bose nie…want die is nie van die Here nie….mag die Here ons genadig wees. Blessings!!!

Wilma ·

Ek weet die familie wou dit nie gehad het nie, maar Dis goed dat die video uitgekom het, hopenlik gaan die goed nou van die strate af kom.

Stefanie ·

Dankie aan Johan se pa wat hierdie video geneem het. Johan kan maar vies wees oor dit gelek het. Hierdie is n ‘eye opener’ vir duisende jongmense. Ek het dit vir my kleinkinders aan gestuur. Daar het nou onlangs twee familie vriende selfmoord gepleeg agv die gemors.

Ekke ·

En alkohol?
Suiwer Dagga het heelaas nagevorste gesondheids voordele, of ons nou daarvan hou of nie. Let wel – SUIWER DAGGA!
Dit is vir baie mense met verlammende siektes ‘n laaste wanhopige uitweg, meermalle dan nie, met goeie resultate.
Alkohol aan die ander kant het behalwe as ‘n antiseptiese middel, GEEN mediese voordele nie.

Marly ·

Wel al wat ek weet dit is hard verskeurend om dit te sien, maar SAPS gaan ons nie help nie, ek weet van n huis in Booysens Pretoria wat baie mense van praat, en wat Dwelms verkoop. Ek weet maar Hercules sit mos en kyk wie koop en gebruik die die goed en doen nie ondersoek na die handelaar nie hulle het altyd in Marina str gesit en kyk wie kom uit die plakkers kamp uit en dan vang hulle daai persoon wat bv n paar gram dagga het, en nou sit hulle weer in Booysens want dagga is leagal. Maar hulle doen niks aan die handelaar nie by die brug in Hendrik str is dwelm smouse ook volop maar nee jong ek dink hulle kyk watter polisie stasie kan die meeste geld insamel.

Skok ·

Die hartseerste sin in die berig …. ” ‘n ma en haar seun het dit saam gebruik ” …. waar is die ouer leiding en morele standaarde heen.

Natasha ·

Die regering in SA het nig nie soos gewoonlik wakker geskrik nie. Die ” blends” is lankal ONwettig in ander lande. Hier word die gemors oor die toonbank verkoop.

Edward ·

How is this sold without approval from a regulating authority?? So i can simply make up my own blend, package it under some misleading name and sell it to the public. The world is a mess but South Africa is corrupt to the core, anything for money, since life has no value to these unscruplous, depraved and money hunting scoundrels. Avoid like a plague.

BEKOMMERD ·

wel as ‘n moeder wil ek graag weet hoekom laat ons toe dat sulke dinge met ons kinders gebeur – ja ons blameer SATAN maar laat ons nie SATAN toe om in ons lewe te kom nie. ek voel rerig jammer vir die ouers en kiddies wat deur die trauma is – dit is nie lekker nie dit sal en gaan vir ewig by hulle bly. maar mense ons kan dit beter maak ons moet net ons geloof in ons Vader terug kry, ek gaan nie elke Sondag kerk toe nie ek bid wel elke dag ek lees nie my bybel elkedag nie, maar ek kan julle belowe GOD het my nog nooit in die steek gelaat wanneer ek opreg gevra het om gevaar uit my lewe te hou,

BEKOMMERD ·

MISKIEN MOET DIE KINDERS NET REG INGELIG WORD DIE GOED WORD GEBRAND SOOS INCENSE DIT WORD NIE GEROOK NIE EN DIT IS NIE VAN “COOL WEES NIE” DIT KOM UIT ‘N ALTIKEL VAN DIE REKORD KOERANT – MAAR JA JULLE IS REG GEEN PERSOON IN SUID AFRIKA HET RESPEK NIE – VIR NIEMAND NIE!!!!
The store employee, who asked to remain anonymous, explained that the ‘drug’ was actually a potpourri that had aphrodisiac qualities and was supposed to be burnt like incense. He stressed that it should not be smoked at all. The back of the package had a warning that it was not to be sold to persons under the age of 21. It did not specify the ingredients though.

Omgekrap ·

Wat my omkrap is dat die ouer in die eerste plek ‘n video maak…..

Huh! ·

…en dan daarmee voortgaan terwyl die seun in lewensnood verkeer. Het my heel aan die begin laat dink dat die video gestage was.

Besemryer ·

Dit is sintetiese ‘dagga’. Die groen wat daar gesien word is gewoonlik ‘n onskadelike spesery soos Oreganum en word dan opgekikker met die ‘dwelm’. Dit is nie so nuut soos wat daar gedink word nie. Die tobacconists verkoop dit oraloor. Dit is egter hoogs verslawend

Besemryer ·

Die ‘high’ wat die mense daaruit kry hou net vir ‘n paar minute. Gevolglik word daar meer en meer gerook om dieselfde ou gevoel weer te probeer namaak. Gaan google gerus “Spice drug” en kyk wat hulle daar wys

cbr ·

Hoop en vertrou dat mense wat klippe gooi nie in glashuise bly nie, sterkte vir al die ouers. As jy nie rook, kan jy tog gerook raak deur drank…..

What??? ·

Gerook raak deur drank.

Rerig?

Nog nooit daai effek op my gehad nie, ek raak altyd nog net dronk.

Mandie ·

Jammer dat sulke goed nou wettig is en oor die vernedering. Ek is dankbaar dit het uitgelek en gee so vir talle ouers die geleentheid om te sien wat werklik aangaan asook talle kinders wat kon sien wat die gevare is. Daar is dalk n doel met die uitlek van die video. Ek hoop regrig dit maak n verskil vir die jong mans en so ook talle jong mense wat dink die gemors is ok. Eendag sal hulle hopenlik sien die uitlek het ook n voordeel vir almal gehad.

guppy ·

Die hartseer ding is, die meeste dinge vandag gebeur by die skole, Die oggend as jou kind jou huis verlaat is jou hande afgekap , maak nie saak hoe jy jou kind groot maak nie, maak nie saak watter waardes jy jou kind geleer het nie, as jou kind verkeerde maats het, en hy probeer in wees, beproef jou kind als net om in te wees by die vriende,,,,,dit begin by ‘n gewonde sigaret, daarna dagga, en wanneer die high nie meer high is nie, gaan hulle na sterker dinge toe, As jou kind eers begin het met dwelms dan dit so moeilik om daai kind daar af te kry want hulle sien nie fout met dit nie, Al wat jy kan doen is om hulp vir jou kind te kry, en om elke dag die bloed van Jesus oor jou kind te pleit,

RN ·

Vat kinders vas wat rook, soos in die ou dae. Alles is deesdae te maklik bekombaar. Daar is veronderstel om ouderdom perke op rookgoed en alkohol te wees. Alles ruk hand uit.

Annetjie ·

Baie jare terug het my seun en n vriend n blom (MOON FLOWER) wat in baie mense se tuine mooi pronk gekook en die water gedrink – (ek was by die werk ) hy was so deurmekaar gewees – ons het gesukkel met hom n volle twee dae – ek het als geprobeer

Almal by die skool het dit getry.
Ek wil maar net noem mense kyk uit as julle sulke blomme in julle tuine het
Dit het soorgelyke uitwerking soos die Herbal

So waar ·

Ek stem, baie goeie artikel…..vind dit baie waardevol.

Ons kan slegs ons kinders hierteen waarsku en bewus maak sodat hulle kan besef dat enige “substance”sleg is vir hulle. Hoe kan ons oordeel lewer hierop. Mense is verslaaf aan baie verskillende goed soos: grandpa, pyn pille, sigarette, drank, dwelms en nou in die geval is mense verslaaf aan die herbal.

Help eerder om mense hiervan bewus te maak sodat ons mekaar eerder reg help as afdruk grond toe. Sterkte aan hierdie ouers.

Wees versugtig vir “fake weed”

Van ·

Is nou al 15jr skoon van E, A en C en is elke dag dankbaar daaroor…. Meeste tieners explore en raak dan hooked, ongeag hoe jy grootgemaak is… My ouers het vir jare hulself geblameer vir my verslawing tot ek, nadat ek ge-rehabiliteer was, vir hulle verduidelik het dat dit nie hulle skuld was nie maar my niskurigheid… Ek wens dat die mense wat dwelms maak en versprei sal besef dat hulle onskuldigge mense vernietig… As a x-addict wat alles verloor het agv my verslawing wens ek hulle sal dwelm vervaardiggers en handelaars lewenslank uit die samelewing verwyder, veral as dit aan kinders verkoop word….

bgj van der westhuizen ·

wel wys dit in elke skool dat hulle kan sien wat doen dit aan jou maar die sapd moet alle winkels wat dit verkoop sluit en groot boete gee en ek kan julle dit nou al se dit word in gebring deur al die ander mense van afrika wat hier kom en drags verkoop

Marie ke Roux ·

Skokkend Satan is lusting Ons kinders is waardevol maar word deur n siek samelewing mee gesleur en hulle toekoms word verwoes Ouers het baie stres en kinders leef in angs Kinders wat wil in wees is n no!! no!! Kinders is somtyds ook dood onskuldig en word deur vriende beinvloed en gedreig Vader wees ons genadig???

Asjas ·

Skuus maar lees of kyk ek verkeerd….
Die pa het die video gemaak, die video is wyd versprei op sosiale media, die kind is ongelukkig dat dit versprei was. Die video moes eerstens deur die pa aan iemand gestuur geword het…dis al hoe dit kon versprei.
Dis jammer dat kinders aan hierdie euwels blootgestel word. Ons lewe in ‘n siek wêreld en elke dag is daar iets ergers. Die verspreiding van die video is miskien ook ‘n goeie ding sodat kinders bewus kan word van wat die gevolge is van dwelm misbruik.

Jeremia ·

Na ‘n paar jaar onder tieners waar dwelmmisbruik voorgekom het, kan ek sê:
Uiteindelik is die brein suf en kan nie meer na behore werk nie. Dan is daar sg. depressie. Maar dis eenvoudig omdat brein nie meer na behore kan seratonien en ander goedvoel stoffies afskei en deur brein versprei nie.
Dan word daar weer medisyne vir depressie gedrink, maar die brein is opgefoeks.
En dan is daar diegene wat eenvoudig maar weer die strate invaar en dan grasgroen opdaag.
Dagga is gewoonlik gerook om die ergste sug na sterker dwelms net te help stil.
Uiteindelik besef mens dat keuses wat gemaak word, te veel tyd en geld soms ‘n rol speel. Suiwer verveling en blootstelling aan negatiewe is dikwels ook faktore. En sommige het eenvoudig net ‘n geneigdheid tot negatiewe.
Leer kinders om hul tyd en geld konstruktief te spandeer. Genoeg aandag en liefde is ook wonderlik voorkomende middels.
En dan is daar werk (skool; huis; tuin) wat kinders en tieners uit die kwaad kan hou.
Ag, en kyk maar wie is die maats.

EP ·

Daar is defnitief ‘n sterker tipe dwelm by hierdie kruie -konkoksie gegooi as mens na al die simptome kyk. Ek het die video gesien en dit is baie ontstellend. Wat my vies maak is dat die pa die heeltyd die psigotiese kinders afneem met sy foon en nie die vriend wat in sy eie braaksel verstik help nie. Ons kinders en ouers moet ingelig wees aangaande dwelms en die effekte en gevaar wat dit inhou. Narkotika Polisie eenheid moet heringestel word.

Yolandi ·

Aan die mense wat sê die kinders is swak opgevoed. Dit het niks met opvoeding te doen nie. Ek het self wonderlike ouers en dis beslis nie n ouer se skuld nie. Ons almal het dom en risky goed gedoen en geeksperimenteer as kinders. Kinders is nuuskierig en wil als probeer. Geen manier dat hul sou weet wat op hul wag nie. Dis n baie goeie ding dat die video uitgelek het- dis n eye opener vir báie!!

Giep ·

As jy jou kind reg grootmaak sal hy nie rook nie. Problem solved.
wat jy doen…sal jou kind doen

Spikkels ·

Giep. Asb jy kan jou kind hoe goed groot maak en op al die gevare wys en hul kan nog steeds verkeerde dinge doen. Ek het nie gerook en ook nie gedrink nie maar my kinders het gerook en hul drink ‘n wyntjie.

Conspiracy Theorist ·

Ek sien slegs blanke kinders op die fotos…

Laat my wonder of daar nie spesifiek vir hulle van die “Herbal Blend” gegee is nie…

Julle kan self besluit.

Johan ·

Ek het self ook so gedink, arme kinders.

Dat hulle so geteiken moet word.

Phil ·

Rassisme in hierdie land moet nou end kry, ons kinders is nou die slagoffers van hierdie euwels!!!

Josua Keys ·

Ek het opgelet dat die meeste videos wat bekend gestel is almal jong seuns is, die tydperk het aangebreek dat millitere diensplig nie meer langer uitgestel kan word nie, ek gee nie om wie wat sê nie. Dit moet verpligtend word soos in die ou dae en die jong slap….. agterend seuns moet gedissiplineer word al is dit net vir n jaar lank. In dieselfde tydperk kan die mannetjies plaas gebiede patroller, onluste afweer en soos ons gebiede patroller om veiligheid te verseker soos in die ou dae, dit sal hulle ruggraad gee en voorbery vir die grootmens wereld daar buite. Dit is omdat kinders vandag meer regte het dat die dinge gebeur en dan word die ouers blameer, jaag en dril die drac gewoontes uit die jong manne uit en maak hulle manne wat eendag agter hul gesinne sal kan kyk en dissipline onder hul kinders verseker.

JohanII ·

Ai Josua, in die Nuwe SA weermag dien…nee dankie. Dis nie die WEERMAG wat jy onthou nie vriend. Dink jy hul rook nie alerhande gemors in vandag se weermag nie…as jy mooi onthou het baie destyds ook maar bietjie zol gerol inie weermag. Diensplig het ons in elkgeval nêrens gekry nie.

Lanfear ·

JohanII is reg. My pa en later jare my vriende het almal met dagga te doen gekry in die ou weermag.

Pieter du plessis ·

SAPS moet die ondersteuning van die Publiek en Huidige regering kry om alle dwelm, handelaars, verkopers en gebruikers tot die uiterste te straf , te vervolg en uit ons samelewing te verwyder…

Eleanor ·

Wat help dit om “Skuilname” te gebruik!! As Die video presies Wys Wie Die kinders is.. almal weet wie Die Ouers ook is!! Hoop hulle het nou gesien Watse nagevolge dwelms het, en “social media” almal gaan daai kinders herken hoop hulle kry so skaam, en hoop hulle het n duur les geleer!! One kan Manet bid en die Here vra om Ons Kids veilig te hou.

Johanné Steyn ·

Ek stel voor die ouers wie se kinders hierdie goed rook, moet die regering dagvaar vir gesondheidsrisiko’s en kostes omdat hulle dagga gewettig het, want dis duidelik dat dit toegeneem het onder kinders vandat dagga gewettig is

Lanfear ·

Dit het nie toegeneem nie, en hierdie kinders op die video het suiwer dagga gerook nie.

Chris77 ·

Eerder openlik met jou kind oor Drank en Dwelms praat. Wys hulle hierdie videos en wys hulle wat gebeur met mense wat dwelms gebruik. Sulke skok foto’s van hoe mense lyk voor dwelms en na dwelms. Daar is baie op die internet. Dit is altyd beter om ‘n oop verhouding met jou kind te he en jou kind moet voel hy kan altyd na jou toe kom vir hulp. So sal jou kinders dan nie hierdie experimente doen nie.

Ansa ·

Johan se pa, dankie vir die video. Ek glo daardeur het en gaan jy nog heelwat families verdere verdriet spaar deur familielede wat dit nog oorweeg het om te eksperimenteer. Aan al die vingerwysendes, WOW!……Ek het nie besef daar is nog soveel vlekkelose lewende wesens op aarde nie. Sterkte aan almal wat deur hel gaan met ‘n verslaafde familielid, vriend of vriendin.

Jeremia ·

Opvoeding plus jou verstand maak dat mens liewer wegbly van sogenaamde “eksperimente”.
Sommer heel gou is daar onderskeidingsvermoë om te kies.
En indien ouers die regte voorbeeld stel én kinders heel goed ingelig is
oor gevare en gevolge dan kan baie hartseer voorkom word.
In my jonger dae was dagga ook geredelik beskikbaar en kon ek kies of ek die ou gewoontetjie wou aankweek. Ek het gesien by die werk wat die gevolge van dranksug is en het sommer teen drank ook besluit.
En ja, my ervaring is dat veral jong seuns maar baie dissiplineloos is. Sommige het selfs pa’s tuis. Militêre diensplig is nie meer ‘n opsie nie. Maar plaaspatrollies (soos Josua K opmerk) sal ‘n baie groot leemte vul asook ‘n doel en rigting verskaf.
Baie van ons jong seuns (eintlik jongmanne) dobber half rond sonder die vooruitsig van studie en werk.
Sommige van hulle gee my die idee dat hulle nie baie lus is om te werk nie en baie bedorwe is. Dan is daar weer diegene wat jou laat moed skep vir die pad vorentoe.

Jason ·

My vriende het al baie die goed gerook dan word hulle mal en jaag goed rond wat nie bestaan nie . Kan die rubbish koop by selfoon shops of kan gewoonlik gekoop word by buitelanders soos Pakistanis ens .

Tokkie ·

Die laaste keer wat ek herbal gerook het, het i haatlikke demoon my oorgeneem. Ek was ten volle bewus en nie eers effens hoog nie. al wat ek kon voel is i demoon vol Haat wat my lyf heeltemal oorgeneem het en my gelos het met volle bewussyn. hy het, net nadat ek besef het iets anders in beheer is van my liggaam, die pyp waarmee ek gerook het in my mond gedruk en die herbal gerook asof hy my wil versmoor in sy drug.. wat gevoel het soos 3 minute later het hy die rook ytgeblaas en my yt my stoel yt in die lug gegooi asof ek i lappie is. Ek het blitsvinnig besef dat my enigste hoop in Jesus lê.. ek wou nog i hele gebed se sodat Jesus my sal verlos maar ek Het gekom by “Here!” toe val ek yt hierdie demoon yt op my knieë neer en ek kon nog voel hoe bly hy agter my staan maar al my vrees vir die duiwel het verdwyn want toe vrees ek my God. ek het daar opgestaan so nigter soos kan kom en op dieselfde stoel gaan sit en my oë yt gehyl van blydskap. Ek was alleen, net God is my getuie…
Ek wil waarsku teen hierdie drugs maar belangriker as dit ek wil Se dat Net Jesus kan jou red maak nie saak wat jy gedoen het nie. Almal wat so klippe gooi na die kinders toe? waar is jy nie skuldig nie?

Marien ·

Maroela Media, ek lees nou op social media (facebook) dat ses van hierdie seuns oorlede is as gevolg van hierdie dwelm. Kan julle bevestig of dit waar is en of dit weer net vals nuus is asseblief.

Tania Heyns ·

Dagsê Marien

Dankie vir jou boodskap. Maroela Media is in direkte kontak met die families van die twee jong mans op die video en kan bevestig dat enige bewerings wat versprei word dat daar mense oorlede is weens die gebruik van “Herbal Blend” onwaar is. Die polisie het ook aan Maroela Media bevestig geen sterftes wat met dié middel verband hou is aangemeld nie. Hou gerus Maroela Media dop vir feitelike en geloofwaardige beriggewing oor die kwessie.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Marien ·

Baie dankie Maroela Media. Maak mens net vies dat mense sulke ongegronde goed op social media pos.

Deurmekaar ·

Iets maak nie vir my sin nie. Hoe kan mens dit “wettig” oor die toonbank koop?

chris ·

DeVill as jy mooi kyk tree jy eintlik ook net so op, maar in n mindere mate.
glo nie jy het jouself al gesien nie, vra enige iemand wat dit nie rook nie
hoe sien hulle die persoon wat dit wel rook, dalk sal jy dan n ander deuntjie sing.
dit is waar dwelms begin. vir 15 jaar lank en het jy dit nooit oorweeg om dit te los nie.
jy is virseker 15 jaar terug al “gehook”

Elsie ·

Een pakslae en ‘n sigaret wat jou kop laat draai toe ek met ‘n stompie gevang was deur my Pa op ‘n baie jong ouderdom het my van sigarette of probeer rook afgesit die res van my lewe. ‘n Baie oop verhouding met my ouers oor groepsdruk en “in wees” by vriende en streng reëls, het veroorsaak dat ek op 42 vir vriende wat “poppers” snuif i.p.v. eet as hulle honger word, kon sê Nee dankie. Ek sal my braaivleisie en slaai neem. Geniet maar julle rietskraal lyfies. Gesonde kos maak maar, nie snuif of rook of naalde nie. Ek bid vir “Johan” en sy ouers. Dit moes ‘n nagmerrie wees!! Gun dit nie my grootste vyand nie. Sterkte.

Nadia ·

Die arme PA… die help nie mense gooi klippe nie… Bid net asb. Ek kan nie dink dat enige ouer dit wil sien nie. Oom ek hoop jy is okay na al die Trauma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.