Video: Historiese gebou in brand beskadig

Die brandweer het alles in sy vermoë gedoen om die vlamme te blus, maar die voorste gedeelte van die gebou het heeltemal afgebrand. (Foto: Skermskoot)

Lede van die eThekwini-munisipaliteit se brandweerdienste het Sondagaand gespook om ʼn brand wat in ʼn historiese gebou in Westridge, Durban, uitgebreek het, in bedwang te bring. Dié gebou is meer as 100 jaar oud en het vroeër as ʼn kerk gedien.

Die eThekwini-munisipaliteit se brandweerdienste en Emer-G-Med is omstreeks 18:25 na die gebou op die hoek van Tighardstraat en Jan Smutsweg in Westridge ontbied.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die voorste gedeelte van die gebou was by hul aankoms op die toneel heeltemal in vlamme gehul.

“Die brandweer het alles in sy vermoë gedoen om die vlamme te blus, maar die voorste gedeelte van die gebou het heeltemal afgebrand. Hulle kon wel daarin slaag om die agterste gedeelte van die gebou te red,” het Van Reenen gesê. Die brand is later die aand heeltemal geblus.

Emer-G-Med se paramedici is op bystand geplaas om enige beseerdes te help waar nodig. Volgens Van Reenen is daar geen beserings aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ʼn Anonieme bron het aan Maroela Media gesê die gebou dateer van die vroeë 1900’s en het vroeër jare hoofsaaklik as ʼn kerk gedien. Hy sê die gebou is ook onlangs as ʼn dialise-kliniek gebruik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fedup ·

How convenient that almost every month a historical building or church are in flames?

Erika ·

Alles Word net eenvoudig Afgebrand weens die assosiasie met Kolonisasie…- Ons Kultuur erfnisse mag nie Behoue Bly nie….Terwyl Ander sin erken word en daar verwag jy moet net inval by Politiese Korrektheid…en die Norm Volg ….Wat het Geword van ALL LIVES MATTER.. RESPECT EACH OTHER ..THAT IS GODS WAY

Anel ·

Ander lande het geboue wat uit 1100 dateer. Ons mag niks geskiedkundig hê nie. Alles moet verbrand en afgebreek word sodat dit hier moet lyk soos voor 1652!

Chris dupreez ·

Ons weet almal wie nie hou van ons historiese geboue ,hulle is baie uitgesproke daaroor asook asook om die boere dood te maak.

Elize ·

Dis alles aspris. Hulle wil die hele land in puin sien en dink daar sal heeltyd geld wees vir nuwe goed.

Sarel ·

Nog ‘n gdbou brand…nog ‘n ondersoek sonder antwoorde in ‘n land wat brsnd

Kokerboom ·

Sluipslapers? Nare gevolge van ANC beleid…beplande verarming

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.