Video: Historiese hotel in Noordwes brand af

Die Mmabatho Palms Hotel in Noordwes. (Foto: Peermont/Facebook)

ʼn Bekende hotel, casino en vakansieoord in Mahikeng, Noordwes, het Woensdag afgebrand terwyl die adjunkminister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Rosemary Nokuzola Capa, ʼn gas in die hotel was.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het aan Maroela Media bevestig dat die Mmabatho Palms Hotel in die vroegoggendure aan die brand geslaan het, maar dat niemand tydens die voorval oorlede of beseer is nie.

Groot dele van dié hotel, een van die oudste casino-oorde in Suid-Afrika, lê egter nou in puin.

Volgens eNCA het Capa in die hotel oornag toe die brand ontstaan het. Sy het glo wakker geskrik toe sy nie kon asemhaal nie. Sy het kort daarna besef dat die hotel brand en by die gang af geskree om ander gaste wakker te maak.

“Dit was chaos en ons het ons weg uit die hotel probeer baan terwyl alles, waaronder selfs van die bome, aan die brand was,” het Capa aan eNCA gesê.

Beeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is, wys hoe dié historiese hotel in vlamme verswelg word.

Die polisie en brandweer is vroegtydig na die toneel ontbied. Dit blyk egter uit video’s wat ná afloop van die brand geneem is dat groot dele van die hotel steeds in die brand vernietig is.

“Tot dusver is niemand tydens die voorval beseer nie en die meeste gaste is ook reeds uit hul kamers na veiligheid gebring,” het Mokgwabone gesê.

Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade is nog nie bekend nie, maar die polisie en brandweer is op die toneel en ondersoek die saak verder.

Peermont Hotels Casinos Resorts, wat dié hotel besit, het gesê ʼn verklaring in verband met die brand sal uitgereik word sodra meer inligting bekend is.

Intussen het die Christiana-hospitaal, ook in dié provinsie, ook Woensdagoggend aan die brand geslaan.

Die departement van gesondheid in Noordwes het op Twitter bevestig dat die hele hospitaal deur die brand geraak is.

“Die brandweer is steeds besig om die brand te blus,” lui die plasing.

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes, sal na verwagting dié hospitaal besoek om die omvang van die skade te bereken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Misky ·

Gaan terug op rekords en kyk wanneer laas is risikobepaling gedoen en wie doen onderhoud en herstel van geboue en persele. Dan praat ek nie eens van opsetlike brandstigting nie en sommiges is darem lief vir vuur. Baie hartseer en wat ‘n mooie hotel was dit nie gewees nie

Suzette ·

Hierdie land is stadig maar seker besig om af te brand tot op die grond – en wie moet ons bedank? ….. glo almal weet.

Anel ·

Dis darem maar snaak hoe baie plekke deesdae net aan die brand slaan! Mens mag mos deesdae nie meer hardop sê wat jy saggies dink nie!!!

Elize ·

Hulle wil alles afbrand en oor begin. Ons gaan almal in hutte bly en grondpaaie he. Dit kos minder om so te lewe.

Feite ·

My arme Broer werk daar. Nie seker wat nou gaan word van die werknemers nie.

Johann ·

Interesant…so ewe na die inhuldiging van die nuwe Premier? Darm net TE terloops. Bowendien die “taal” van die Afikaan…brand en verwoes as hy “disadvantaged” voel.

Strandloper ·

Sjoe alles brand deesdae? Afrika styl? Of dalk iemand wat te veel weet?

Oom Hennie Pennie ·

Tragies. Hoop die brandweer doen ‘n deeglike ondersoek en die skuldiges is spoedig agter tralies.

Adrie ·

Ek dink net hardop by myself…… Dalk ‘n versekerings eis….. Ek vra net.

Frank ·

MM, sien nie lekker die video raak nie? Oops, refresh werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.