Video: ‘Hoë mure help nie teen misdaad’

Jay Naicker, polisiewoordvoerder

Jay Naicker, polisiewoordvoerder

Die jongste misdaadsyfers dui op ‘n skrikwekkende toename van 63% in huisrooftogte die afgelope dekade. En hoë grensmure doen dalk meer skade as wat dit inwoners help veilig hou. ‘n Kriminoloog wat die onderwerp nagevors het sê misdadigers kán soliede strukture tot hulle voordeel gebruik.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos ·

Ek stem nie saam hoe moeiliker jy dit vir hulle maak om in jou eiendom te kom hoe beter skelms is lui ,hoë inkomste groepe sal eerder geteiken word as lae inkomste areas en die rede is vooraan liggend polisie moet meer fokus op misdaadvoorkoming en hulle werk doen.

Grap ·

Bog,en wat kommerwekkend is dit is die tipe navorsing waarmee die polisie hulself besig hou pleks van opleiding en herinstelling van die spesialis eenhede om misdaad onder beheer te bring en dit dan stelselmatig uit te roei

ekke.. ·

Hoë mure help misdadigers om ongesiens met hul bose dade voort te gaan. Als wat mens doen, wat beserings of dood van misdadigers kan of veroorsaak, is jy die skuldige! Die gemors van die samelewing het mos meer regte as jy. Vroeër was die wet so dat jy onskuldig is tot jy skuldig bevind word. Nou is dit skuldig tot jy jou onskuld kan bewys.

KarooKlong ·

Die suksesvolste aktivis is nie die een wat al die foute uitwys nie.
Dit is wel die een wat bereid is om te help om die foute reg te stel.

Columbiana ·

Weet jy wat sal werk? As die polisie weer hulle werk begin doen en die howe hul jannie jammergat houdingtjies begin los en die gespuis hangpale toe stuur vir moord of die strawwr swaarder maak

Wat-ek-lees ·

Ek stem saam met Naicker. Daar is geen muur wat die misdadiger gaan keer en eers binne is hy veilig om nie maklik gesien te word van buite. Daar is ‘n heel eenvoudige manier om vas te stel of daar enigiemand tuis is maar ek durf dit nie hier meld want verkeerdes kan dit dan ook gebruik wat dalk hier lees.

Gemsbok ·

Die beste manier om misdaad te voorkom is om inligting van misdadigers te weerhou. Indien hulle nie weet wat binne in die huis is om te steel nie, of watter veiligheidsmaatreëls bestaan (en hoe om dit te omseil nie), dan is dit basies onmoontlik vir hulle om toe te slaan en sal hulle eerder aanbeweeg na die volgende teiken.
Die grootste bron van inligting vir misdadigers, is diensverskaffers wat die perseel gereëld besoek. Dit sluit in bediendes, tuiniers, afleweraars en dies meer. Deur hierdie dienste te vermy of te beperk, kan huishoudings hul veiligheid aansienlik verbeter.
Mure, daarteenoor, is slegs ‘n passiewe struikelblok wat maklik oorkom kan word deur ‘n vindingryke misdadiger wat oor binnekennis beskik rakende swakplekke in die muur of die beste tye of metodes om die muur binne te dring. Wanneer die muur eers binnegedring is, beskerm dit die misdadiger teenoor buitestaanders.

Akram ·

Ek was n in die SAP en SAPD gewees. Ek moet saam stem dat hoë mure beskutting bied aan mense agter die muur. Die voordeel van n hoë muur is dat dit moeiliker is om oor teklim. Ek het in my tyd baie patrollie gery en leë huise besoek. met n gwone draad heining kan mens effens sien wat binne n persoon se erf aangaan. selfs met palasade heinings. n huis wat te siene is van die straat glo ek, en dis my opinie, sal dalk moeiliker geteiken word. die kaanse dat n boef of rampokker gesien word is groter as n muur. Maar as n boos doener wil in, sal hy inkom, sal selfs die dak teels verwyder.

John ·

‘n Navorser se nou die dag, alle helde is dood. Volgens hom word heldhaftigheid nou vervang deur elektroniese apparate, waarvan die heel nuutste, slinkse hommeltuie en robotte. So kan die skuld ook afgewentel word na… niemand. Grensdrade help nie meer nie, ook nie by huise nie. Wie kan wie se veiligheid waarborg teen enige prys? ‘n Sekuriteitstelsel is byna soos ‘n lewenspolis. Dit kos iemand geld maar dit waarborg net sy dood. Om eenvoudig en versigtig te lewe is die antwoord, maar wie is bereid om af te gradeer? Die verkondiging van die Woord se etiese waardes staan lynreg teenoor ‘human rights’ en sodoende beskerm heldlose/etieklose geregstelsels eerder die ‘verontregte’ skelms.

Marina ·

Wilhelm, ek stem saam maar ongelukkig moet die arme ou 24 uur aan diens wees en gaan jou ‘n huisie vol geld kos, lol.

sarie van heerden ·

Ek sien oral in Pretoria warskuwingstekens wat opgerig is om jou te waarsku teen CRIME HOT SPOT. As die polisie nou hiervan WEET, waarom beskerm hul dan nie daardie verkeerslig of stopstraat nie? Dis ook soos waar waarskuwingstekens opgerig word wat jou inlig oor die gate in die strate. Hul rig die goed op ipv om iets daaraan te doen!

Jean ·

So WAT is die oplossing? Ons het al almal gewapende eenhede wat ons huise bewaak op ONS eie onkoste .. Die ‘verdagtes’ en “rowers” en “inbrekers” het nog te veel regte, almal is te bang om aan hulle te raak want anders gaan JY tronk toe. Wettelose land waar net sekere mense mag maak en breek soos hulle wil, brandsteek, vernietig, verkrag en vermoor met Ministers wat agteroor sit en se MISDAAD het gedaal. Solank as wat jy iets ontken of misken, sal daar niks aan gedoen word nie.

sarie van heerden ·

In Engeland het hul oorhoofse kamera’s langs die paaie en stede, en ongemerkte polisievoertuie om oortreders vas te vat. Hoekom kan mens 10uur in die nag in hul parke stap sonder enige molestering? En dan praat ek darem nie van die hole van die land nie want daaraan kan jy niks doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.