Video: “Hoekom ons die EFF ondersteun”

Cobus Roode en Corrie Gordon. Die video volg onderaan die berig.

Cobus Roode en Corrie Gordon. Die video volg onderaan die berig.

Cobus Roode en Corrie Gordon, twee Afrikaanse sakemanne van Noordwes, het besluit om by die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aan te sluit na hulle die party se verkiesingsmanifes onder oë gehad het.

Hulle sê die reaksie wanneer hulle in hulle rooi berets op straat verskyn, is uiteenlopend.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Adoons ·

Kan iemand net die donkerkop wys hoe om ‘n beret op jou kop te sit – hy was duidelik nie in die weermag nie!

Veronica Deacon ·

Adoons ek stem saam met jou. Kan mens jou eie velkleur so in die steek laat.

Peter Says ·

Elders het ek verwys na die ander jak(k)als/e hiers nog een.Pasop.

Jasper ·

Let maar op hoeveel van hierdie tweegat jakkalse gaan uitdop as Juliaas aan bewind kom.

Grassie ·

Moeilik om te glo hulle is deel van die blanke bevolking. Pokkels en Kraai.

Babs ·

Bly ek is nie familie van die twee narre. Die een ou dra sy beret soos ‘n p..pot.

Babs ·

Baie bly ek is nie familie van die twee narre. As jy nie weet hoe om ‘n beret te dra moet jy dit liewers glad nie op jou kop sit.

Elsje ·

Verraaiers, Ja nee hierdie 2 lyk sommer of hulle nooit in die lewe iets kon bereik nie, nou kry hulle bietjie aandag met hul rooi pette.

grobbie ·

Ag siestog dalk wag hul vir hul vrouens wat hulle gaan kry want dit is mos die tradiese waaraan hulle nou behoort,Ons sal vir julle bid

veronica ·

Gordon en Roode is die grootste idioote waarvan ek nog ooit gehoor het!!! Hulle glo verseker aan: Klaasvakie, die Tandemuis en Vader Kerfees!! Het hulle dan NIKS by Piet Retief geleer nie??? Ek kry hulle AMPER jammer! SO naïef! Foeeiitog!

AmY ·

Totdat hulle grond en maatskappye die eerste is wat teruggeneem of ge-BEE word, dan sal ons sien of hulle nog so mal oor ou Julius is.

GEORGE ·

Julle twee nare is laat vir Aprils fools day, Die enigste fools is julle twee!!.Julle is seker famielie van De Klerk om alles van Malema te glo !

Gas (Sarin) ·

Piet Retief se familie eerder….?
Die twee laat my aan die kat en jakkals van Pinoccio dink.

Pieter ·

Die ou mense het hulle “JOINERS” genoem want ‘n witman wat so laag kan daal om vir Mal-Emma te stem het ons nie no dig nie

Cobus Roode ·

Die kommentaar is tipies van onvolwasse Afrikaners wat nog steeds glo hulle is die enigste ras wat bestaansreg op aarde het…? Hulle kan en kon ook nog nooit volwasse en professioneel redeneer sonder om persoonlik en beledigend te raak nie….Egter gepraat van Klasvakie, Kersvader ens, dis hierdie soort wat nog glo in die Boeremag en dat apartheid ons land besonder goed gedoen het….?? ‘N Mens voel regtig vir hul absolute idiotiese denke en emosies, maar kan duidelik hul opvoedingstatus en ontwikkeling herken….. Tipiese grootpraters maar staan altyd agter in die ry wanneer hul hul standpunt in die openbaar moet verdedig of skree onder ‘n skuilnaam….my ondervinding is dat dit ook diesoort is wat agter vrouens en hul Mammies se rokspante wegkruip…..Ook vir jou inligting Liewe Elite Afrikaner, Adoons( dié naam laat ook veel te wense oor en spreek boekdele van jou kommentaar), ek weet die beret was skeef want hy is ietwat te klein…..en ek was toevallig in sg SA Weermag, wetende hy was skeef. Ek is egter oortuig as ons nader ondersoek doen sal ons vind jy kon nie eers basies slaag nie!! Maar sterkte vir julle vrese en dankie vir die gebede, ons waardeer dit…..

Anne ·

Soos dit vir my lyk kan jy ongelukkig nie praat van mense beledig nie want dis nou presies wat jy met almal hier doen

Cobus Roode ·

Anne, geluk daar is positiwe tekens dat jy begin dink..? Interessant dat hulle almal hierbo kan beledig en vuilpraat, om ons idiote hier te noem is seker in jou terme en verwysing ‘n kompliment?? Sodra hulle dit op hulle vlak terugkry, dan skop die Jannie, jammer…sentiment in? Ter bevestiging, hulle is almal meer bekommer oor die beret as die inhoud of redenasies wat aangevoer word?? Wys jou waaraan hulle dink…Selfs hulle kennis oor ons voorkeure vir vrouens….interessant dat hulle verseker weet of beledig hulle ons? Tipiese Afrikaner styl, hulle laat my dink aan Afrikaner denkwyse dat die Bybel net vir Afrikaners geskryf is en net aan hulle behoort en niemand anders is of kwalifiseer as Christene nie…..??? Moet vir die mans hierbo(grobbie en Mickey)sê hulle moet maar mooi kyk na dié plesierige Afrikanermeisies waarmee hulle getroud is/assosieer….nie altyd so seker hulle bly net in een hok nie, maar te geneig om deur die draad te spring……maar O Heng.. Sondag sit hulle in die voorste gestoeltes in die Kerk…so nuus vir hulle, dis nie waarna ons neig nie en al sou ons ook is dit totaal irrelevant tot die gesprek..Dié Ian hierbo wat so wens hy ” hy kan sy hande op ons lê?” Dis mos hoe Afrikaners alles hanteer, met hul vuiste, hul vrouens, hul kinders…ja nee hy word seker wyd ondersteun deur Afrikanervroue…waarborg jou hy is ‘n groot sissie….Elsje en Babs…julle is reg ek nog nie veel bereik in die lewe, maar gelukkig het ek dit nie kon bereik om ‘n skynheilge, elite Afrikaner te word nie….ek is baie trots daarop…geluk met jul kwalikfikasies..
Jy weet hul praat so trots en bly dat hul nie familie van ons of Piet Retief is nie…ek weet nie kom Adoons nie van Bobbe..familie af nie… Bobbejaan of dalk Bob Muga?..dink die laaste een is meer intelligent…,,Nee wat Anne, probeer ‘n slag logies dink…

Elsje ·

Wiekus Kotze, ʼn Afrikaanse man wat bekendheid verwerf het toe hy by Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)-party aangesluit het, is Donderdag glo weens bedrog in Alberton, Gauteng, in hegtenis geneem

Cobus Roode ·

Weereens het jy nie die feite nie, maar Afrikaner selfopgelegde mentaliteit van vooroordeel maak jou doodseker dat die man skuldig is….? Wonder ook van wanneer af is dit so snaaks dat ‘n Afrikaanse man vir bedrog aangekla word….? Dit kom seker nie voor onder wit Afrikaners nie…..die geskiedenis vertel ‘n ander storie… Of is dit omdat die ou by EFF aangesluit het wat jou so senuagtig daaroor maak? Elke mens het ‘n konstitusionele reg en vryheid van spraak om by enige politieke party aan te sluit of te sê wat hy dink….waarom onstel dit julle so dat blankes van jul oortuigings kan verskil?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.