Video: Hoëvlakondersoek ná polisie op ‘drawwer’ toeslaan

‘n Skermgreep uit die video. (Twitter)

ʼn Senior polisielid van die Wes-Kaapse polisie sal die ondersoek lei na die inhegtenisneming van ʼn vrou van die Strand wat in hegtenis geneem is nadat sy glo gaan draf het. Vrydag se voorval is op video opgeneem en is een van ʼn vlaag voorvalle waar die polisie diegene wat na bewering die afsonderingsregulasies oortree, hardhandig aangekeer het.

Die video is wyd op sosialemediaplatforms gedeel en het groot woede ontlok.

Uit die video is dit nie duidelik wat presies tot die vrou se inhegtenisneming aanleiding gegee het nie. In die video kan die interaksie tussen haar en ʼn polisielid gesien word, waarna sy tot by ʼn polisievangwa geboender word.

Ingevolge afsonderingsregulasies wat in dié stadium geld, word Suid-Afrikaners toegelaat om tussen 06:00 en 09:00 buite hul huise oefening te doen. Net noodsaaklike uitstappies word buite dié tydgleuf toegelaat.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die provinsiale polisiehoof, lt.genl. Yolisa Matakata, het beveel dat ʼn ondersoek na die voorval gedoen word.

“Nadat die video [onder die polisie se] aandag gebring is en nadat hulle daarna gekyk het, is die polisiebeamptes uitgevra. Daar moet nog vasgestel word waarom die inhegtenisneming gedoen is,” het Potelwa gesê.

Die vrou is na die Strand-polisiestasie geneem waar sy weer vrygelaat is nadat speurders geen gronde kon vind vir haar om aangekla te word nie.

“Terwyl die ondersoek na die polisiebeamptes se optrede voortduur, word alle polisielede gemaan oor mense se regte. Hoflikheid, billikheid en waardige behandeling is deel van die polisie se opleiding. Polisielede word gereeld herinner aan interne voorskrifte wat onvanpaste gedrag deur polisielede verbied wanneer hulle met die publiek te doen kry,” het Potelwa gesê.

Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag gesê meer as 230 000 mense is reeds vir oortredings van afsonderingsregulasies in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

MAGRIETHA ·

Skande dink die regering moet n plan maak met die minister ,as ek n vrou so hanteer word ek toegesluit en aangekla wie gee polisie di reg waar is die wet nou van vroue mishandelling val dit nie hieronder nie di n skande

Ronel ·

Sal graag wil weet hoekom sy aangekeer is? Die reëls sê jy mag 5km radius van jou huis af draf. Ekt in die verlede gereeld werk toe gedraf wat 5km van my huis af is, maar dis nie toelaatbaar nie (volgens ‘n polisielid) want dis nie in my woongebied nie.

Alleen Wolf ·

Duidelik is dit een van Cele se GEKEURDES se onkunde, net so pateties soos sy baas

Hoekom ·

Sy is wit, dit is hoekom. Ek het my werknemers huis toe gevat gister en daar loop almal vrylik rond sonder enige vrese van arrestasie, inteendeel daar is nie eers polisie patrolies nie…

Oros Soros ·

Daar is geen regulasie wat voorskryf hoe jy by jou werk kan kom nie. Jy kan per voet, per fiets, per motor ens na en van jou werk gaan. Of jy loop of stap is nie ter sake nie en jy kan met respek vir daai dom polisieman sê dat hy kan gaan doppies blaas ( solank jy net jou vlak 4 permit by jou het).

Anel ·

O, en hy is so trots op die afname in midaad maar nog trotser oor die arrestasies wat gemaak is oor onbenullighede. Hoe kan so iemand minister van polisie wees?

Barbara ·

Ek hoop die beamptes word toegesluit en word vervolg. Ons polisie minister behoort skaam te kry vir die tipe mense wat haar departement in diens neem. Hul dink omdat hul ń uniform dra hul kan maak net wat hul wil. GROOT SKANDE. Sulke dinge maak dat mense glad nie n blou univorm vertrou. Hoe leer ń mens jou kind om enige iemand in ń blou univorm te vertrou as hul mense so behandel.

Alleen Wolf ·

As jy ‘n blou uniform persoon vertrou is jy van jou sinne beroof.

twaalfboor ·

Ek is ñ blou uniform persoon al vir 35jaar. Hou op veralgemeen.

JohanR ·

twaalfboor – se dankie dat jy in blou uniform is, maar in 35 jaar het jy nog nooit iemand met geweld in in polisie bakkie in gegooi, gebonder, of geslaan het nie, is u seker die enigste een wat se hande skoon is!

johanf ·

Dit was nooit my siening nie, maar agteros kom ook in die kraal, nooit.te oud om te leer nie.

Jannie van Niekerk ·

Hulle sal NIKS oorkom nie. Hulle is swart “helde” en sy is ‘n wit vrou wat die grootste misdaad in SA se geskiedenis gepleeg het deur te gaan draf. Net omdat ‘n vet oorgewig ANC misnister nie wil he wittes moet oefen nie..

Willem ·

Ek hoop sy maak ń saak teen hulle. Ons moet nou begin geld vat dat hulbkan hoor

Johan ·

Goed en wel maar dit is Jan- publiek wat met belasting geld gaan betaal of sy moet hulle siviel aankla.

Jr ·

Nee Willem hulle anc het nie n sent geld nie. Dis ONS GELD. So hoekom moet ek worry die taxpayer sal boet. Soos ma en pa betaal vir die stout kinders

Jan ·

Ek hoop die vrou ry hulle tot in die afgrond in. Dit blyk dat die nie blanke poliesie altyd die sondebokke is . Rasisties nes hulle bass. CELE

Nie Verbaas ·

Dit is tyd dat regslui eise van miljoene teen staat begin vir vals arrestasie. Polisie moet dan lede persoonlik verantwoordelik hou om eis koste te delg. Kom ons kyk of hulle dan nog steeds so gretig is om ongemagtigte mag toe te pas.

capie ·

Nie die lede nie, die leiers wat in die openbaar dit afkeur en agterna die lede aanhits

Oros Soros ·

Moenie bekommerd wees nie. Daar is hordes eise wat kom en die polisie gaan moet bontstaan.

Herpiet ·

Absolute skande! Sagte teiken en die verkragters en moordenaards roop vry rond

Michael ·

As jy mooi kyk is dit nie blanke polisie wat haar arresteer dit se vir my dit gaan oor rassisme blank or nie blank en om te wys wie is baas en wie is klaas. Die polisie weet hul word beskerm deur die regering en kom niks oor. Die minister van SAPD praat net en doen niks. Hy spog nie van al die boetes wat hul skryf en hoeveel hul toegesliut het. Gee vir ons suifers van hoeveel blank teenoor nie blank ek daag hom uit.

Cherokee ·

Dankie gatgogga. Hier is ander wat praat van poliesie en selfs van unievorms. Sommige kan nie ‘die’ skryf.

penny ·

Wees bekommerd oor die misdaad en onregverdigheid wat plaasvind , nie oor hoe mense spel nie. Dit gaan oor menslike beginsels en nie wie kan reg spel of vinniger foute maak as hulle tik nie!!!!!!

Anoniem ·

Wat ‘n absolute skande. Duidelik dink die mense in blou dat hulle nou kan maak en breek soos hulle wil. Ek hoop regtig die dame laat dit nie daar nie. Daar is geen polisie lid en geen minister van hierdie land wat ek respekteer nie. Ek wil nooit in dieselfde foto as een van hulle verskyn nie. NOOIT NIE !

Ronéll ·

Weet jy wat melaney, een vrot vrug maak nie die hele kis vrugte vrot nie, nes jy op die oomblik die vrot vrug is wat nie almal om jou kan vrot maak nie.
My man is n trotse polisiebeampte reeds 38 lank. sedert inperking staan hy padblokkade saam met ander lede en gedurende die hele tyd het hul slegs enkele arrestasies gemaak weens publiek wat inperking reëls verbreek. Duisende essensiële werkers wat daagliks deur die padblokkade ry, word deur die polisie beamptes herken en wedersydse groet gaan daagliks daarmee gepaard.
Ware Christene sal nie die slegste in ander mense raaksien sonder om hulle te ken nie.
Ek vra jou die vraag, is jy n ware Christen of n klip Christen. Jou kommentaar dui op die klip, maar ek ken jou nie, dáárom sal ek jou nie as sulks uitkryt nie.
Moet my nie verkeerd verstaan, die optrede van die polisie beamptes in die video en verskeie ander keur ek geensins goed nie en vertrou dat daar werklik teen hul opgetree sal word, maar die meeste lede het goeie integriteit.

KB ·

Die minister, die SAPD (en die SANW) skep soveel afkeer in hulle, dat hulle publieke weerstandigheid te wagte kan wees. Ek glo nie die kabinet het ‘n benul wat hul drakoniese reëls en optrede tot gevolg het/gaan hê nie. As hulle dink hul gaan eensgesindheid tot gevolg hê, “droom hulle van paaseiers wat pik in die maanskyn”!
Genade, is dit volwassenes wat só maak?!

Willem ·

Daar sal niks van kom nie ,1 sy is blank 2 dis in die Wes Kaap

Abie ·

Blatante diskriminasie teenoor ‘n wit lid van die gemeenskap…dit terwyl duisende nie-wit mense die afsonderingsreëls in talle woongebiede minag.. Wys my die polisielid wat daar ‘n arrestasie gaan maak.? Dit is die SA van vandag: Dubbele standaarde en onopgevoede, onopgeleide wetstoepassers. Wat kan mens meer sê? Jy kan niks doen of sê nie, want jy het GEEN beskerming teen enige regte wat jy mag dink jy het nie. Voorbeelde hiervan is legio.

Adam Adriaan ·

Hulle aard na Tannie anti rook, Zuma, vekrag alle beginsels van die sameleweing

capie ·

Ek is baie bly ek was nie daar nie. Daar is omstanders en niemand doen iets nie. ‘n Klomp lamsakkige mense wat daar woon.

Snowball ·

SA is verlore- kriminele in uniform, terroriste in regering, en sotte wat kamtig ‘n pandemie hanteer.

Boortor ·

Die mense gaan begin reageer met dieselfde of erger geweld as waarmee die polisie hulle hanteer. En die polisie gaan die seerste kry. Die mense, dis nou almal, wit,swart en pers, is nou gatvol vir hierdie toesluit speletjies. En zuma pomp nog steeds petrol vir die landswye vuur wat oppad is!

Jessey ·

Ek sou se open ñ saak van geslagsgebasserde geweld en ñ tweed een van rassisme by die MRK

Jims ·

Die polisie moet nog vasstel waarom die inhegtenisneming gedoen is staan in die berig. Nou waaroor is die beamptes dan ondervra?

Manie ·

Skokkend dat iemand so behandel word. Totaal buite menslikheid wat baie nie het of verstaan nie. Nie deel van ‘n opgevoede waardestelsel nie. So jammer vir haar. Minister gaan besoek asb hierdie vrou en hanteer haar trauma ASB. Is jy iets in jou het gaan doen dit?

Stephanus ·

Van mening dat daar n weg gevind moet word om die lewe van Cele moeilik te maak vir die wandade wat deur lede van sy dept gepleeg word. Gaan vir die kop van die slang.

Fedup ·

That women should really sue 7 kinds if crap out of each of those officers, their station, mad hatter and the government. The only way to teach these one’s
a great lesson, hit that pockets very hard.

Lizanda ·

Die Vader weet, dit moet darem my meisiekind wees wat daai skepsel so rond ruk, of ek daarna agter tralies is is irrelevant, die polisiemag, het nou verander in skurkemag hulle magte geheel en al oorskrei.
Ek vertrou dat daardie jong dame die nodig sal doen …….

MakersMark ·

Dis wat hul kan doen, om wetsgehoorsame belastingbetalers, wie hul veronderstel is om te beskerm, te terroriseer. Dis mos maklik. Vra hulle om ‘n regte krimineel te vang, of ‘n misdaad op te los, dan wys hul kompleet onbevoegdheid saam met daai ander belangrike syfer wat gewoonlik < 70 is.

Mariana ·

Jy kan nie mense in uniform sit en dink hulle is reg vir die verantwoordelikheid nie. Kriminele in uniform. Sy is net nog een van baie wat gearresteer is en dit terwyl daar duisende is wat elke dag buite hul huise ronddwaal. Dit is ook omdat mense in poste is gestel is wat magsbehep is. Kyk maar na als wat hulle uitdink om mense te benadeel. Wat ‘n klug. Mnr die predident moet begin om sy ministers beter te kies. SA moet begin om sy regering beter te kies.

Oros Soros ·

Die slagoffer moet ‘n kriminele saak open van aanranding en menseroof. Sivielregtelik ‘n saak van naamskending, onwettige arrestasie ensovoorts, anders is daar net die interne ondersoek en ons weet mos hoe daai soort ondersoeke opeindig.

marius ·

Sy moet dadelik opdrag gee vir siviele eis . In persoon en die man met die hoed ook . Sy is duidelik nie volgens regtersreels gewaarsku nie . Stuur dit buiteland toe ook .

Poertjie ·

Skokkend. Duidelike bewys wat regtig agter die “lockdown” sit

Hoekom ·

Die wat nog hoop het in die VN het nog nooit enige boek oor internationale politiek gelees nie. Die enigste manier om ‘n beter toekoms vir afrikaners te bou is self beskikking. Diversiteit sal altyd lei tot dominansie van een groep oor ‘n ander, dit is onvermydelik.

Sarel ·

Ondersoeke en ondersoeke een na die ander maar ons hoor nooit van die resultate nie. Gaan alkes na File 13 of wat. Afriforum julle tree op namens die Pa en kind van vroér, kan ons vra dat julle bietjie hier ook kyk asb.
Ek vra ook weer is dit Magsmisbruik of Politieke opdrag

Jerry ·

Mafia baas Cele het sy comrades mooi geleer. Ek het die video met vriende in Amerika gedeel en hulle kan dit nie glo wat hier in SA aan die gang is nie. Magshonger regering wat minderhede probeer onderdruk en intimideer. Lyk al hoe meer soos Zim.

Jannie van Niekerk ·

Hierdie is BESLIS ras georienteerd. Die swart (ANC) polisemanne wil die WIT vrou ‘n les leer. Die ANC is beslis regte misdaad soos plaasmoorde, moorde op ou vrouens tydens die inperking en roof met verswarende onmstandigehede baie goed gesind. Vir hulle is dit ‘n groter msidaad om WIT drawwers en stappers met GEWELD te vervolg. Dis omerkilik dat dit altyd agressiewe swart polisemanne is wat betrokke is by hierdie situasies

Jaco ·

Wel, sy kan bly wees. ‘n Swart joernalis is onlangs aangerand en jou skuil hy maar in Lesotho. En in Alexandra het soldate ‘n swart man wat lockdown reëls oortree het, so erg aangerand dat hy dood is.
Dis net vreemd: brutale geweld teen deur our people teen our people, maar net’ n ronsplukkery van wit mense. Iets maak nie sin nie. Hulle haat ons dan.

pieter ·

Dis jammer dat ons as mede mense nie saamstaan en die persoon help nie , ons moet saamstaan dan sal dit baie beter met ons gaan .

Agge nee ·

Dit is baie interessant dat elke keer wat daar polisievroue en mans betrokke is, die geweld so ekskaleer. Dit is asof die vroue vir die mans wil wys dat hulle ‘tougher’ is.
Daar moet seker gemaak word dat die polisie uit hulle eie sak en nie die belastingbetalers se sakke, skadevergoeding moet betaal. Dit is al wanneer ons magsmal polisie sal luister. Hulle kry egter hierdie ‘ek kan doen net wat ek wil’ houding van die regering.

Petrus Johannes ·

Dit is n skande dat 230000 mense gearresteer is oor covid 19 maar plaas moorde en ernstige misdaad word niemand aan gekeer Celle is jou Polisie Mag so bang dat hul eerder mense aankeer wat geen misdaad pleeg nieen krimenele los.Jul weet as mense hof toe gaan met die belaglike reels kom hul onskuldig.Wees n man engaan vang die regte skelms

Susan ·

Dit is skandalig hoe die polisie teenoor die publiek optree, en kom net daarop meet dat hulle arrogant, onredelik en rassisties is. Die feit dat hulle geen gronde kon kry om haar verder aan te hou nie, beteken net dat hulle dink hulle kan mense intimideer. Hulle moet sonder versuim uit hulle poste geskors word, hulle is geen aanwins vir die polisiemag nie, net ‘n groot verleentheid!

Bertie ·

Die geregsdienaar wat veronderstel is om ” To serve and protect”, wonder of hy sy eie vrou of vriendinne ook so rondpluk aan die arm, tyd dat hy maniere geleer word, seker ook geboelie toe hy op skool was, nou bietjie mag gekry, nou moet weerlose dames daar onder lei……..hoop van harte dat sy saak maak teen die “so called” beampte?

Sonneblomkind ·

Dis onaanvaarbaar van die Magte van ons land dis skokkend ek hoop net nooit dit gebeur met my nie

Francois ·

Ek hoop ons sal tenminste hoor wat hier gebeur het want gewoonlik is dit vandag voorblad nuus en dan hoor jy nooit weer daarvan nie

Niklaas ·

Daai dapper SAPD lede sal dit nie doen met nie blanke dames in Khajalitsia nie.

Jr ·

Nog net nog ń file wat gebêre sal word in kamer 13 by Lithule house khan. CANCer HQ

Jack ·

Ek is bevrees daar is teveel gevalle van die aard en dit kan tog nie wees dat die uniform draers nie ingelig is oor hoe hulle mag optree nie. Of is hulle dalk gese om so op te tree. Die vis vrot vanaf sy kop.

Riana ·

Dit is wraggies sois kommunisme. Siek om te dink die was een n land van melk en heuning en is nou van dissels en dorings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.