[Video] ‘Hokfoto nie ʼn rasse-voorval’

Die foto wat wyd reaksie op sosiale media ontlok het. Foto: Facebook

Die foto wat wyd reaksie op sosiale media ontlok het. Foto: Facebook

ʼn Foto van ʼn vrou wat agterop ʼn bakkie in ʼn hok vervoer word, het wyd opslae gemaak sedert dit vroeg Donderdagoggend op Facebook geplaas is.

Die foto wys hoe ʼn vrou met haar kop gebuig in ʼn hok sit wat agter op ʼn Isuzu-bakkie met ʼn Oos-Kaapse nommerplaat vasgemaak is. By die inskrywing van die foto staan: “Please help nail this b*****d who put an African woman in a cage in the back of a van. Please share until he is found”. [sic]

Die foto is Dinsdag naby Cradock in die Oos-Kaap geneem. Dit is teen Donderdagmiddag wyd op sosiale media gedeel en het talle kommentare van ontstoke gebruikers uitgelok.

André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het aan Maroela Media gesê die ware feite agter die foto is egter glad nie soos dit op sosiale media uitgebeeld word nie. “Hierdie foto word nou gebruik om ʼn politieke agenda te dryf sonder dat die ware agtergrond rondom die voorval bekend is,” het Snyman gesê.

Snyman het intussen met die bestuurder van die bakkie kontak gemaak, wat op sy beurt met die vrou in die hok kontak gemaak het. Volgens Snyman het die bestuurder bloot vir die vrou ʼn saamrygeleentheid gegee en word die foto nou vir politieke doeleindes misbruik.

“Die bestuurder van die bakkie bied dienste aan boere en besoek gereeld plase in die omgewing. Hy het die hok gebruik om lammers te vervoer en het dit op ʼn plaas gaan aflaai. Op die plaas het iemand hom gevra of hy die vrou ʼn saamrygeleentheid kan gee na die plaaslike kliniek toe en hy het ingestem,” het hy gesê.

“Die vrou het self agterop die bakkie en in die hok geklim. Die hok het die hele bakkie volgestaan, so dit was nie regtig moontlik om langs die hok te sit nie. Die bestuurder van die bakkie het die vrou gevra of sy nie eerder voor in die kajuit wil sit nie, maar sy wou nie. Sy het volgehou sy wil agterop die bakkie sit. Hy het dit toe maar so aanvaar en haar by die kliniek gaan aflaai.”

Snyman het gesê die bestuurder van die bakkie en die vrou het intussen saamgekom om ʼn video te maak om die voorval te verduidelik. Op die video identifiseer die vrou haarself as Linda.

Linda verduidelik dat sy ʼn saamrygeleentheid gevra het na die dorp toe en erken dat die bestuurder haar gevra het om voor in die bakkie te sit. “Toe sê ek nee, dis warm, meneer. Ek gaan agter sit, want ons is gewoond aan agter sit,” sê Linda. “Omdat dit warm is, toe sê ek self vir hom ek wil daar, in die hok, klim.”

Snyman het gesê dit is jammer dat ʼn persoon se goeie daad nou as ʼn politieke instrument gebruik word. “Daar is natuurlik mense wat verkeerde goed doen en verkeerde goed op sosiale media plaas, maar dit is nie regverdig dat ʼn goeie daad omgekeer en gebruik word om ʼn politieke agenda te dryf nie,” het hy gesê.

“Die meeste motoriste is klaar huiwerig om mense saamrygeleenthede te gee omdat daar ʼn veiligheidsrisiko aan verbonde is. Nou het ons ʼn geval waar iemand dit wel doen en probeer om ander te help en dan word dit so verdraai. Dit is jammer.”

Kyk die volledige video hieronder:

To all those haters out there. Here is the video you have been waiting for. This poor guy was nearly arrested by the police and received death threats. ANC members were going for the jugular. I think that is time to show more compassion for the good people in South Africa who want our country to work. http://www.enca.com/media/video/outrage-over-caged-womanWatch out for the story soon to be aired on ENCA. We helped them setup the interview with all parties involved. Here is a story behind the story.. OK ,the story behind the video. The farmer stopped on a farm and was asked to give the lady a lift. So he did. They way in which he gave the lift is questionable but read on. This happened on Tuesday. On Thursday the photo reaches eblockwatch and we decide to find out why the lady was in a cage. We tracked down the owner and asked him whats up. He says, "strange thing". The police were at his office and took a picture of his bakkie then they asked to see the lady. They said that they wanted to see her alive giving the guy quite a fright. He then said he was going to the clinic to get her details. from there we are not too sure how he tracked her down but he did. We then suggested that he takes a video of her to prove to the cops that she was alive. So the video was made not about the fact that she was on the back of the bakkie but for proof that their was no foul play and that she was alive. Interesting story. Ok. Let's make everyone happy. We are going to bring the concerned parties together to have a chat. What this space.Guys. Sorry I can not read all the comments. I think that this is an important learning curve for all South Africans. We have to think about this. If it was the farmer's wife would she have sat on the back? Just asking.Take it easy with your comments and behave. Video to prove that there are good people in this world. Join us make this happen in South Africa. Share this post. Eblockwatch is all about helping those who are not in a position to help themselves. We have locked up abusive police officer ,rapists robbers and con artists. We also protect women from abusive partners and we love catching con artists and social bullies. We have 17 years of experience and 88000 good South African's who we call on to help us do this. We nailed "the Facebook" rapist live on TV years ago. We love what we do and will always stand up for the underdog .Today we believe that we have a situation where a good man, with good intentions needs our support.He is being used and abused to gain votes for political parties. A strategy I would say is cyber bullying.We may be proved wrong but we have done some home work and we believe that we are correct. This picture above is a person doing a good deed and getting nailed for it.Join us and follow the steps of this story as they develop. Join us make South Africa a nice place to live and stand up for what is right. I would love to know the story behind this picture. Who was driving? Why she was in a cage?Eblockwatch tracked down the owner.I have the story behind the picture. She jumped on the back and climbed into the cage. The owner asked her if she wanted to sit in front and she said no. He then dropped her off in town. She wave thank you to him and he drove off. He says that he often gives lifts to people because he feels sorry for them and he feels that he is building goodwill in South Africa by assisting where we can. https://www.facebook.com/groups/102575386217/We have breaking news. Watch the link above.

Posted by Andre Snyman on Thursday, January 19, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

janneman ·

Kry die persoon wat hierdie wanvoorstelling op sosiale media ge-inisieer het en kla aan vir kwaadwillige saak beskadiging. Die persoon wou weer n rasse herrie ontketen sonder feite.

Sakkie ·

Ek stem saam Kobus maak die naam van die persoon wat so ophef gemaak het bekend, sodat ons sy of haar lewe ondersoek en oop maak vir bespreking sonder om al die regte feite te he

Rachella ·

Ek wil ook net vra of die persoon wat die foto geneem het, nie net eers vir die man kon vra wat aangaan nie. Spring net op sosiale media. Ek sou ook se maak n voorbeeld van die persoon en kla hulle aan

Deon ·

Die persoon wat die uitlokkende foto geplaas het is Phillipe Khotinho (@Sva_MG) ‘n siviele ingenieur van Oos Londen. Verder versprei deur Rob Byrne (@TrafficSA). Vandaar soos veldbrand versprei

Deon Roux ·

Dit is tragies dat ons reageer op grond van ons vooroordele en nie op grond van die feite nie.
‘n Verskoning aan die weldoener op sosiale media sal nou van pas wees.

oumie ·

Ja kom ons sit nou n jagtog agter die een wat die foto geplaas het met sy eie weergawe

Sonja ·

Rassisme het nou ‘n stok geword waarmee jy kan slaan links en regs soos jy dit jou pas. Alles word uit verband uit geruk. ‘n Klein 2 jarige wit seuntjie se voete is verbrand op ‘n warm stoofplaat, daarvan word niks gese nie. Nie ‘n woord word gerep van wreedaardigheid van plaasmoorde op wittes nie. Maar as iemand in ‘n hok of ‘n kis klim dan word groot bohaai gemaak. Ek is so siek en sat van hierdie eensydige propaganda.

Johann cb ·

Ek is bly ons het nou albei partye se weergawes van gebeure. Net jammer dat die plasing van sulke fotos sonder feite, nog méér rassehaat aanblaas…

m ·

O hel hier begin die volgende drama. Sterkte aan die man. Wonder net wat se weergawe sy gaan vertel…….

jemma ·

lees weer die berig aandagtig sy het alreeds haar weergawe gegee

Mariana ·

Asseblief lees die volledige berig voor daar kommentaar gelewer word!

Max ·

Duidelik het jy nie die hele berig gelees nie of het net nie mooi gelees nie…..

Erika ·

Sosiale media nie altyd goed nie. Die man het n goeie daad gedoen en kyk nou. Nee mense..Dink voordat julle Sosiale media toe hardloop.
Mooi gebaar om iemand in nood te help. Jammer oor onnodig publisiteit.

Bruce ·

Kan die persoon wat hierdie foto geneem en op die sosiale media versprei het, dan nie opgespoor en aangekla word vir naamskending en aanhitsing tot rasse haat nie???

Hierdie persoon moet gestraf word soons al die ander mense wat die sosiale medie misbruik het om rasse haat aan te blaas.

Fritz ·

Enige regdenkinde logiese mens met meer as twee breinselle sou weet dat as die vrou teen haar wil in die hok geplaas is sy sekerlik ander motoriste se aandag sou probeer trek het. So as witmense swartmense help is dit ook nou rasisties. Belaglik. Fokus eerder op die plaas aanvalle. Dis wat rasisme is. Die land is n grap.

Odwa ·

This video is just a sad reality of how in bondage still our people are. And how absolutely a true reflection the photo is of the state of mind of the victim & perpetrator BOUND!!

Jus listen to the white Mrs trying hard to justify!!!

No ODWA ·

Shame, hate is still filling your heart and mind. The photo was a sad reality of the RACIST FIRES that blacks still keep on fueling in stead of uniting or finding out what the facts are. There was NO reason for the farmer to put her in a cage except for she asking for transport and the cage was already on the vehicle. IN future, NO LIFTS AND NO TRANSPORT to anyone .. much better!

Karma ·

Ag please, Odwa – “how in bondage our people still are” …. Did you miss the part of the black woman being offered to sit in front and that she refused? Did you miss the part of the lamb-cage being fixed on the back and there being no space for her? Did you miss the part of the woman climbing VOLUNTARILY into the cage and not fixing other motorists’ attention to her sitting inside the cage? Yes, if you have missed all the above, you are ‘still in bondage’ ……….. in your minds and attitude and you will always be.

Adriaan ·

He did ask her to come and sit in front but she didn’t want to. Stop feeling sorry for yourself and stop looking into the past. We can only move forward and be successful if we stop blaming the past. Maybe she was shy talking to the camera. At least she didn’t have to walk. Seems like no good deed goes unpunished.

sunette ·

Next time i will just drive by the farm workers and not give them a lift. As it is more racist to give them a lift on the back of my bakkie than to leave them walking kms in the burning sun or pooring rain.

Esmé Deysel ·

Indien daar bv blanke kindertjies in die hok sou wees…. sou dit geen opslae gemaak het, meer soos ‘n speletjie gelyk het! Laat my dink aan die storie van Hansie en Grietjie! Mense moet leer om nie so vinnig te oordeel. Sien die goeie in almal raak en gee iemand die voordeel van die twyfel. Dalk moet almal gedwing word om vir ‘n uur elke dag te bid…. wie ook al jy aanbid, vind vrede in jouself!

Ivana ·

Odwa, seems you are one of the reasons we will never get rid of racism and live in SA in peace and with freedom not to lock up ourselves and our belongings. As it clearly indicates from all actions that you believe that there is only white to black racism and not vice versa so I would like if you can give all of SA a word explaining the opposite

Just Saying ·

Odwa, maybe you must copy the comment onto Google translate. The “victim” confirmed that she will rather sit at the back IN THE CAGE, because it was hot. No-one forced her to climb in the cage. At least this Good Samaritan offered her a lift. Ask yourself if you would have stopped to give someone a lift…

Janneman ·

Odwa, it is time that you and your elk stop your victim and entitlement mentality. White people are not the enemy!
Corruption, crime, race baiting, race incitement, state looting, incompetent cadre deployed politicians, useless government and SOE employees are the real enemy of all South Africans.

Los hulle ·

Dis nou so tipies, selfs as jy probeer goed doen sal dit uitgebuit word, waar is die fotos van die oumense op die plase wat wreed vermoor word, hoekom onstel dit niemand? Ek is net bevrees as die EFF die dame in die hande kry en haar geld belowe gaan sy dalk ook ‘n ander deuntjie sing. Hoekom word die goed so uit verband uitgeruk? MOET NIEMAND MEER ‘n GELEENTHEID GEE NIE .. los dat hulle loop!

Jenny Visser ·

n Mens kan sien dat daar nie plek was vir iemand om after op die bakkie te sit nie, die hok het dan al die spasie opgeneem

Theresa ·

ja. Ry verby. in vandag se lewe absoluut die beste keuse. Sterkte vir die gawe man. Hoop die swerkater wat niks beter gehad het om te doen behalwe snert rondstuur die wêreld in nie, word vasgetrap.

Carlia ·

Moet in hemelsnaam nie meer mense oplaai nie. Al bedoel jy dit hoe goed.

Chris ·

‘n Kennis van my het 20 jaar gelede ‘n “plaaswerker” ‘n geleentheid dorp toe gegee. Die ou het agterop die bakkie gespring. Die man het tot in die dorp gery waarna sy passasier afgespring het en hom vyf keer geskiet het. Hy is vandag nog in die onderlyf verlam. Drie jaar na die voorval is sy ma en my broer op hul plaas doodgeskiet. Wat is nie duidelik vir ons nie?

Johann ·

Ek het al soveel keer gesê, elkeen se toekoms is in sy eie hande wat bepaal word deur die keuses wat hy maak.

Piet Pompies ·

Die gapings aand bokant van die sogenaamde hok se struktuur is so groot dat enige volwasse persoon daardeur kan klim …….

Jordaan ·

Baie waar – vir my altyd interessant om te sien dat sommige bedelaars doen nie eens moeite om vir die (swart) bestuurders van luukse motors iets te vra nie. Hulle loop by hulle verby en kom direk na my in my afgeleefde 15 jaar oue voertuig.

Theresa ·

Netso. Daarom kry hul dan nie by my geld nie, maar ‘n goeie preek dat hul eerder daardie motoriste moet nader vir ‘n ou geldjie.

oumie ·

Jordaan wragtag hul loop verby die swart bestuurders en kom klop aan my venster gelukkig het ek laasjaar al besluit hulle kry nie weer n sent by my nie hulle wil net hê en hê

Justsaying ·

Moral of the story, stop being the good Samaritan. Charity begins at HOME.

Erno ·

As dit ek was sou ek ‘insist’ het dat sy voor ry. Wat sou sy doen? Die geleentheid van die hand wys? Ek sou net nie gemaklik daarmee gewees het dat sy agterop ry nie nie. Wat ook al voor in die bakkie was sou ek agterop laai. Dis iemand se ma/vrou/dogter en ek sou haar so wou hanteer. Ek se nie die ou was verkeerd nie. Dis net wat ek sou doen.

Theresa ·

Mmm. die hok sou bitter moeilik binne-in gepas het. en dit was haar keuse. Mens dwing mos nie jou wil op iemand af wat jy wil help nie. Nee wat. Hy het dit goed bedoel EN nog haar wens respekteer.

ouma ·

Mans is ook maar bang. Daar was al gevalle waar persone aangekla is vir poging tot verkragting wat net ‘n geleentheid wou gee. Ry nou maar eerder verby.

Mike ·

Ja Erno moenie dink dat alles dan reg sou loop nie daar is nog steeds n risiko dat jy dan beskuldig kon geword het moontlik van n poging tot verkragting of seksuele teistering. Ons lewe in n siek verby wêreld moenie dit vergeet nie.

estelle ·

Ai, ai, ai. Die land is al kla vol geweld onder rassisme. Een verkeerde persoon wat die verkeerde inligting het, kan geweld aanjaag. Kry eers die feite. Ons land al kla so deurmekaar. Dan ly onskuldig mense daaronder.

Hennie Olivief ·

So trots op die vrou wat hierdie saak regstel. Ek ken haar goed maar dalk sal sy nie haar naam genoem wil hê nie. Sy is beslis nie n rassis nie wat baie goeie werk op Cradock doen.

Justsaying ·

Daar word alreeds bespiegel dat sy voorgese is wat om te sê in video. As jy haar ken dalk net vra of sy nie dit nie wil regstel. Die ding is besig om in ‘n lelike ding te ontaard

Scalla ·

Kort en kragtig, jy laai geen vreemde persoon wat vir n geleentheid vra nie, verwys hom na sy comrades.

Rina ·

Wat ‘n aaklike nadraai?? Kort en lank is ek het lankal besluit geneem om niemand op te laai – watter kleur ookal – jy ken nie die persoon wat langs jou inklim of agterop bakkie laai se intensies nie – ek sal stop by ongeluk mits ek eerste op toneel is en in werklike noodsituasie maar andersins……..!!!

MCS ·

Ons blanke afrikaners is mos” savages” ons is uit om mense temoor en teveronreg. Ons het nie n menslike been in ons liggaam. Dis tyd dat ons stop om hulpvaardig en goed vir ander rasse tewees. Ons elkeen vir onsself en God vir ons almal.

vytjie ·

AL DOEN DIE WITMENSE HOE GOED VIR ONS BRUINMENSE OF SWARTMENSE HULLE SAL ALTYD FOUT MEE GEVIND WORD. ONS BREEK EINTLIK ONS EIE MENSE SE GELEENTHEDE AF TOT IN DIE AFGROND. SNAAKS WANNEER DIE WITMENSE GOED DOEN WORD DIT NOOIT NOOIT OPGEMERK NIE. DEUR WITMENSE HET MY HUISHOUDING GEEN SOOS IN GEEN GEBREK GEHAD NIE. HOEKOM? WANT DAAR WAS WEDERSYDSE RESPEK VIR MEKAAR. EK SO GROOT GEMAAK EN MY WAARDES HET NET GEGROEI IN DIE WITMENSE SE TEENWOORDIGHEID. EK SIEN HULLE NIE AS MY OPPERGESAG NIE ONS IS SAAM KINDERS VAN DIE HERE.

Willie E ·

Vytjie
Dis mense soos jy wat God se seen verdien en sal kry…glo my.
Baie baie dankie vir jou positiewe bydrae,jy is ‘n voorbeeld vir elke mens in Suid Afrika.
Die Here seen jou.
Groete
Willie

Karma ·

@Vytjie – baie dankie hiervoor. Ek wens meer mense wil soos jy dink en uitspreek. Daar was ongeregtighede in die verlede wat nie weggewens of afgeskryf kan word nie. Maar ons is in ‘n sg. demokratiese en vrye land na 1994. Daar is nie meer iets soos Apartheid nie; ons moet saamwerk vir ons en ons kinders se toekoms. Om voortdurend na die verlede te kyk en te sê “Maar die witmense het hierdie, of daardie of dit en dat aan ons gedoen …” gaan niemand nêrens bring nie. Dit was nie óns huidige geslag (diegene onder 50) wat dit gedoen het nie en ook nie ons kinders nie. En wat gedoen was, is gedoen JUIS om die gemors, soos wat tans in ons land aan die gang is, te voorkom.

Louwrens ·

Vytjie, maak asseblief vir ons n video waarin jy presies dit se wat jy in jou plasing se. Stuur dit dan ook vir MM (sal hulle dit plaas…?) Doen ook moeite om dit op ander sosiale media platvorms te plaas.
Dit sal vir almal in SA baie baie beteken.

Die vet weet ·

Die vet weet Vytjie, jy sal baie hoog uitstyg met jou gesindheid, jy gryp die lewe en wat dit bied aan, werklik n goeie voorbeeld en help my onthou en besef ek ken nog Vytjie’s wat regtig verstaan en vir hulself en hul gesinne omgee en werklik vorentoe wil gaan. In kort baie grysstof ook het! Waardige vrou en leier!

At ·

Dien ‘n klag van naamskending in teen diegene wat die storie as rassisme verkondig het.

Estelle ·

Ek self gee niemand n saamry geleentheid nie maar die boer het net n goeie daad gedoen. Soos ons die berig gelees het was dit die vrou se eie besluit om agterop die bakkie te sit. Die mense is gewoond daaraan om so saam te ry. Sy kon as sy wou toe sy sien dat daar net plek in die hok was, voor gesit het dus was dit haar eie keuse. Waarom nou weer so n bohaai maak!

Koos1 ·

Die probleem is hier dat geen politieke partye hulle aan die feite gaan of sal steur nie.
Die engelsman sê mos: “A picture speaks a thousand words”!
Feite of nie, hierdie ding gaan nog wyd kring!
Sterkte aan albei die mense, julle gaan dit nog nodig kry!

Danie ·

As daar ‘n voorbeeld van die fotograaf gemaak word sal mense twee keer dink en eers hulle feite agter mekaar kry, voor hulle so iets aanvang. Die fotograaf is nou skuldig aan ‘n baie meer erenstige misdaad van haat en aanhitsing. Die woorde van hom op sosiale media moet nou na sy kant toe kom.

Lance ·

So bly ons weet nou vir n feit wie en wat agter dit sit ….mense wat self die grootste rasiste is …pateties

annoniem ·

Hierdie land het n siek plek geword, wens die eindtyd wil aanbreek, nie meer lekker om in Suid Afrika te woon nie, wat n vieseike beeld dra ons uit na die buiteland toe, ek as Suid Afrikaner sak my kop in skaamte, !!!……..waar gaan dit alles eindig

Anoniem ·

Die dae is lankal verby dat jy vir enigiemand uit die goedheid van jou hart ‘n saamry geleentheid gee. Buiten dat dit te gevaarlik is, kan die saamryer baie maklik ‘n legio vals klagtes teen jou gaan lê wat jou lewe hel kan maak en alhoewel jy later onskuldig bevind sal word, gaan dit jou lewe verwoes. Nee wat die risiko daaraan verbonde het net eenvoudig te groot geraak in hierdie sielsiek land.

Lize ·

Jy laat mos nie ‘n vrou in ‘n hok agter op jou bakkie sit nie! Waar is jou oordeelsvermoë en gesonde verstand?

CAV ·

Het jy die berig gelees?. Dit was haar eie keuse om agter en in die hok te sit. Sy was n alternatief geoffer, maar wou nie daarvan gebruik maak nie.

Lize ·

Al het sy gevra om met ‘n tou agter die bakkie aangesleep te word behoort jou gesonde verstand vir jou te sê dat dit nie ‘n aanvaarbare manier is om iemand met menswaardigjeid te vervoer nie. Jy moet van jou sinne beroof wees om met ‘n vrou in ‘n hok agter op jou bakkie rond te ry!

Jan ·

CAV, ek sien die media ding so sterk om mekaar mee, een se berig lees nou dat die swart dame sê sy het in die verlede gesien ander mense wat vervoer soek het ook daar agter in die hok gesit, toe gaan sit sy ook daar.

Waardigheid ·

Ek stem!! Diere woord in hokke vervoer. Gee nie ‘n flenter om wat die omstandighede is wat tot hiertoe gelei het.

Ano ·

Hierdie is n goeie Les vir ons almal om te leer. Die dae van jammer kry .wil help. Of geleendheid gee is Verby. . Elkeen nou vir homself en die Here vir almal. PUNT

Tatiana ·

Nou ja toe! Dit is waar die gesegde kom, moenie jou neus in ander mense se sake druk nie! Ek hoop eintlik hulle lê ‘n klag, want mense wat altyd hulle neus in goed i druk waar sit nie hoort nie, sê vingertjies moet maar slae kry!

Filisety Erasmus ·

Dis so ironies..ons besit n vakansie huis in mosambiek en gaan dis gereeld soontoe..die inwoners noem my man “kwela hahala” omdat hy hul ook altyd oplaai partykeer ontaard n trippie dorp toe n uur langer oor al die stoppe…want waar jy ry skree hul kwela mahala as hul net sy cruiser hoor te dankbaar dat die lang stap korter geword het..self van ons plaas af dorp toe word almal opgelaai want die volgende taxi kom dalk eers more verby.. en ek is seker as hy dalk n vanghok op het sal hul daarin ook klim solank hul net in die dorp kan kom. Hy sal moet ophou om dit te doen.

Garath ·

Plaas asseblief die video wat die saak regstel op ENCA. Hulle is besig om die oorspronklike berig heelwat lugtyd te gee.

Cherokee ·

As ek die sterretjies reg lees is die helper uitgeskel vir ‘n ‘bastard’. Die een wat daardie foto geplaas en skeltaal daarby gebruik het, behoort vir laster aangekla te word. Geen amptelike verskonings of dies en dais nie. Kla hom aan en maak ‘n behoorlike voorbeeld van hom of hou op met kla.

BOOSKOOS ·

KAN JY NOU DOMMER GAAN…. DIE FOTO HET SKADE GEDOEN AAN RASSEVERHOUDINGE…DIE VIDEO DOEN NOU BAIE GROTER SKADE.JY KAN SIE HOE HARD PROBEER MIESIES DIE TANIE WEGKRY OM DIE BAAS WOORD TE NOEM. HOE SY HAAR WOORDE VOER. .. NOU GAAN DIE POPPE DANS

DIE VIDEO IS ERGER AS DIE FOTO.

Kobus ·

Vytjie….Ek het as kind groot geword op die plaas…my maters was Bruin kinders….soos jyself se….”Daar was geen tekort in jul huis”netso was daar ook nie n tekort in my ouers se werksmense se huise….Ek wens diep uit my hart dat( al is dit net een)van ons land se leiers jou kommentaar sal lees en tot die besef kom dit is hoe ons wil saamleef in hierdie mooi land van ons….ek as Witman sien nie neer op anderkleuriges….ek nie rassisties groot gemaak….maar ek pleit dat anderkleuriges ook nie ons as Blankes altyd as rassiste afmaak en waar daardie man n vrou gehelp het om vinniger by die kliniek uit te kom….sensasie soek met n foto…ongelukkig spreek een foto meer as duisend woorde…om n regstelling te maak gaan waarlik nie die kwaad wat gedoen is….regstel….want baie hoor nie,dink nie MAAR SIEN IN ALLES RASSISME….

Lance ·

Odwa this proves again that a second class ride is better than a first class walk …and I’m afraid that its people like you that will always rather see the bad first than to get the true facts …and that places you in the same category as the rasists that made the initial posts !

Verkeerd ·

Al is die storie soos in die video ook waar, maak die video eintlik die storie baie erger, omdat die onderhoudvoerder duidelik die hitch hicker voorsê wat om te sê, en dis verkeerd, en skep verder agterdog teenoor die storie.

Magriet le Roux ·

Ek is wit, maar iemand moes daai wit vrou n script gegee het. Sy kom nie goed oor nie

Cherokee ·

Ek stem 100% met jou saam, Magriet. Sy is nie opgewasse daarvoor nie want onvoorbereid kon sy nie wees nie.

Elsje ·

Ons kerk doen so baie vir hulle. Ek het ook, maar nie meer nie.

Kobus ·

Elsje….jy nou verkeerd…jy doen dit nie vir die Kerk…of om erkenning te kry deur die gemeenskap…jy doen dit omdat jy voel dis n plig wat jou opgele is….word genoem NAASTEDIENS…jy kry jou erkenning by Hom wat jou seen om dit kan doen deur middelle aan jou beskikbaar…of jy Wit,Bruin of Swart is….oral kry jy die goeie,die beter en slegte….maar moenie almal oor dieselfde kam skeer as daar ens nood is

Curious Me ·

Just a question, this guy who took the picture and then send it across social media, why did he not stop the driver and demand that the person be let out of the cage, or is it too much of a hassle actually caring. As per his comment it was racism plain and simple and should not be allowed. WHY then did he not do something about it

Johann ·

Die beste is, moet geensins by hierdie mense betrokke raak nie, buiten vir by die huis en jou werkplek. En bied géén hulp aan vreemdelinge aan nie.

Jan ·

Laat alle mense wat vorentoe daaraan dink om hulp te verleen, hierdeur ‘n les leer.

miv ·

Dis so jammer dat mense minderwaardig voel in die vel waarin hul geskape is, dis asof sekere mense skaam is vir hul velkleur – nou word anderskleuriges aangeval en jag op gemaak. Mense, wees tog trots op hoe jul lyk, moenie mekaar beny nie. Nie een van ons het die ander een geskape nie! VYTJIE, ag ek wens jy was my buurvrou! Die Here seën jou!!

Johann ·

En moet nie die media met al hierdie rasstories weggooi nie, hulle staan voor in die ry, heel voor om sensasie te soek, lesers te trek. Intussen is hulle deel van die probleem.

Leendert ·

Ten minste was sy darem beskerm gewees, as sy nou op die bakke, wat nie tralies langs die kante het nie, regop sou staan, soos al so baie gebeur het, en sy sou afval, dan was dit ook nie goed nie.

Gail ·

Ek vra net, hoe sou julle voel as die vrou julle ma, suster of kind was. Plaas julleself in ‘n ander se skoene dan sal julle verstaan hoekom ons so seergemaak voel.

Justsaying ·

Rerig??? Waaroor seergemaak voel? Is sy aangerand…met geweld in die hok gegooi…ontvoer..? Die foto is gebruik om weer rassehaat aan te blaas.

Kyk mooi hoeveel spasie is daar tussen die tralies. Dis nie asof sy toegesluit was in ‘n hok. Bewys net weereens, moenie goedhartig wees teenoor ander nasie. Dis die dank wat mens kry.

Regte perspektief ·

Liewe Gail, ja daar gebeur verkeerde optrede teenoor mense, maar dit is beslis teen alle rasse. Kyk in regte perspektief hierna, glo my ek sal ook nie my Ma in n hok wou sien, maar sy sou voor gaan sit het – onthou hierdie vrou kon. Dalk was sy bang mense dink sy het iets aan met die man. Op die anderhand as dit die enigste plek is en my Ma kan kilometers gespaar word om as sy siek is nie kliniek toe te loop nie, sou ek dankbaar gewees het. Kom ons kyk liewer na werklike rassisme teenoor enige persoon, want almal het dieselfde waarde in die Vader se oë. Ek haat ook rassisme of onderbehandeling, die was werklik n geval van hulp en weet jy in die toekoms gaan sy dit nie meer he nie, almal gaan te bang wees om haar op te laai en dit is die hartseerste, sy en ander sonder vervoer betaal die prys van jul onnatuurlike oorgevoeligheid!

Keelvol ·

Toemaar. Volgende keer se ons net nee as iemand wil saamry, dan kan julle maar seergemaak voel.

Juan Olivier ·

Die foto was nou net weer deur ‘n ras byter geneem.

jacques du plessis ·

As dit n wit vrou was dan was dit n grap word wakker

Rupert Ashford ·

O aarde sterkte vir die man. Linda het nou haar storie vertel en dankie aan haar daarvoor. Maar het die werkers van die Reitz video nie ook eers die storie as nonsens afgemaak totdat IEMAND hulle begin voorse het oor wat hulle moet se nie?

Johann ·

En die ANC vroueliga skree en maak erge stof omdat die vrou so getraumatiseer is.

Seiso ·

Hi the picture itself looks ugly to us as blacks, although whether the man was doing a good deed or not, only them knows what happened there.

Regtig ·

Seiso, stem vir enige oog lyk dit nie reg, maar dit was haar keuse, sy kan ry waar sy wil, dit is haar demokratiese reg en ek is bly sy het nie nodig gehad om so ver te loop, ek sou haar ook opgelaai het al was dit op my skoot, sou jy?

My tweesent bydrae ·

Het die fotograaf toestemming by die bestuurder van die bakkie en die vrou agter op die bakkie gehad om die foto te neem ? Skending van privaatheid .

Frikkie ·

Wat doen die plaasboer nou wat aangebied het om die swart vrou ‘n saam ry geleendheid te gee, nadat hy haar gevra om voor in die kajuut te kom sit vir die rit kliniek toe. Volgens wat ek nou verstaan sy het geweier en eerder verkies om agterop te gaan sit. Hy die plaasboer is volgens my in groot moeilikheid deur die verspreider van die video clip. Kon hy nie eerder die bestuurder stop en vra wat die rede is dat die vrou in die hok sit nie. Waarom het die verspreider nie eerder aan gebied om die vrou verder saam met hom te laat ry nie. Verseker sal die arme boer nooit weer iemand ‘n saamry geleentheid gee nie, EK SAL NIE!!!! DIe video verspreider staan meer skuldiger as die boer. Hy die video verspreider het erder sensasie gesoek.

SitSitSo ·

Daar moet ‘n klag teen die persoon gele word wat die foto geneem het en daardeur rassehaat aangehits het.

marianna ·

As ek geleentheid gesoek het en dit is die enigste sou ek ook in die hok geklim en ek is 71 jaar oud en ek dink dit sou lekker wees om die wind deur jou hare te voel waai. He hehehe

Alida ·

Doen ‘n onderhoud met die vrou op TV dat sy die ware feite daarstel. Dan kan almal hulle bekke hou en aangaan met die lewe.

Estelle ·

Ek lees in Die Burger van vanoggend dat n vriend die boer gevra her om die vrou n geleentheid te gee en die boer wou net help. Ek dink die boer moes vir haar gesê het toe sy weier om voor langs hom te sit, “jammer dan ry jy nie saam nie.” Net omdat hy toegelaat het dat sy uit vrye wil agterop sit het daar nou n hele misverstand gekom wat verhoed kon gewees het.

Scalla ·

Waaroor die hele bohaai, ons almal bly elke dag en nag in hokke. Huise en kantore met tralies, diefwering, hekke, kluise en alarms, ten minste het dit gesorg dat sy veilig by haar bestemming aangekom het.

Afrikaner Donkie ·

Alles in die land is oor rassisme. En hierdie man was eerbaar en het probeer help. Dalk moet ons net terugstaan en nie meer help nie. Gister maak ek kommentaar op News24 dat ek bly is vir AB se part. Ek sal ook IPL speel vir R19 mil. Se toe ook dat daar in elke geval te veel politiek is met die krieket en kry kommentaar terug dat ek rassisties is. Ek het bloot gese ek is bly vir AB en sterkte vir die IPL, hy het my support. Dalk moet ou Steve maar met Trump praat en hoor of hy vir ons n plekkie het…………..

Dirk de Hart ·

ann7 Gupta Zuma kanaal het neatiewe uitsending oor aangeleentheid gehad op n wyse wat ek meen oordadig en eensydig was.

Vienna ·

No human being deserves to be put in a cage
like an animal, no matter what !

CrimeSA.com ·

Snaaks dat ek glad NIE die video op die ouens (wat blykbaar die video versprei het) se sosiale media bladsye kry nie? dog ek noem dit maar net…

CrimeSA.com ·

Korreksie: Rob Byrne @TrafficSA het besluit om sy video op te los.

CrimeSA.com ·

Korreksie nogsteeds: Phillipe Khotinho @Sva_MA het ook besluit om sy video op te los.

Anoniem ·

Ek kom deesdae tot die gevolgtrekking Suid-Afrikaners is siek. Ruk alles buite verband.

Marlise van der Merwe ·

Eerstens die vrou wat hierdie onderhoud gevoer het moet dalk weer deur die kyk want sy praat vir Linda… en tweedens wat van die haat spraak wat plaas vind in die Kaap en die plase wat afbrand! Sosiale media veroorsaak haat !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.