
Lebohang Lebogo, die hommeltuigoperateur. (Foto: verskaf)
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) wil voortaan hommeltuie inspan om lewensbelangrike bloed betyds by pasiënte in veral landelike gebiede af te lewer.
Die sogenaamde TRON-onbemande vliegtuig is ʼn hoogs gespesialiseerde vliegtuig wat die SANB voortaan tussen bloedbanke en hospitale in afgeleë gebiede wil inspan. Soos ʼn helikopter kan die TRON vertikaal opstyg en land en wanneer dit eers in die lug is, is dit ʼn hoogs doeltreffende vliegtuig.
Op dié manier kan bloed wat dringend benodig word baie vinniger en doeltreffender by hospitale afgelewer word.
Die TRON-hommeltuig vorm deel van die bloeddiens se bestaande logistieke infrastruktuur, het die SANB in ʼn verklaring gesê.
Dit pas in by die bloeddiens, ʼn nie-winsgewende organisasie, se doelwit om ʼn betroubare hoeksteen van die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel te wees.
“Ons glo dit is ʼn innoverende stap in die geskiedenis van bloedoortappings. Die SANB is vasbeslote om toegang tot lewensbelangrike bloedprodukte te verbeter met die gebruik van hommeltuigtegnologie,” het dr. Jonathan Louw, uitvoerende hoof van die bloeddiens, gesê.
“Dit is wêreldwyd ʼn unieke konsep. Ons kan met die hommeltuig O-negatiewe-noodbloed van een van ons bloedbanke na ʼn pasiënt stuur. Dieselfde hommeltuig kan dan die pasiënt se bloedmonster na die bloedbank terugneem, waar dit getoets word. Verenigbare bloed word dan vinnig en veilig na die pasiënt teruggevlieg,” het Louw gesê.
“Ons vier ʼn mylpaal. Ons grootste doelwit as die bloeddiens in die Wes-Kaap is om mense se lewens te red deur genoeg veilige bloed beskikbaar te stel. Hommeltuie gaan ons help om dit betyds af te lewer waar dit nodig is,” het dr. Greg Bellairs, mediese direkteur van die Wes-Kaapse bloeddiens gesê.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Duidelik nie ñ tekort aan geld nie. Teen die prys wat jy betaal om bloed te ontvang, en die gratis skenking daarvan, maak dit natuurlik sin om speelgoed aan te skaf. Die nood Helikopter en drone moet net nie gelyk aankom nie
KOSTES!! en dan nog die “pilot traaining”
Ek kort so een op die plaas asb
Sal nie werk in SA nie.
Hoe staan jy op die grond en vlieg die hommeltuig kilometers verder en sien waar jy vlieg of land?
@Marius. ‘Autonomous Flight’ Gee die hommeltuig ‘n roete en hy vlieg self.