[Video] Hoogdrama in Comrades-vrouewedloop

Charne Bosman. Foto: Twitter

Charne Bosman. Foto: Twitter

Charne Bosman het Caroline Wöstmann se droom om geskiedenis te maak in vanjaar se Comrades-marathon aan skerwe laat spat.

Bosman, wat verlede jaar met die tweede plek tevrede moes wees naas Wöstmann, het Sondag met sowat twee kilometer om te gaan Wöstmann verbygesteek. Wöstmann was vir meer as 80 km ver voor, maar het sowat 10 km voor die wenstreep in ʼn motorfiets vasgehardloop waarna ʼn ander motorfiets haar van agter af raakgery het. Wöstmann het hierna heelwat stadiger gehardloop en selfs een keer inmekaargesak.

Bosman het die marathon met ʼn tyd van 06:25:55 voltooi. Wöstmann se tyd was 6:30:44. Kajsa Berg van Swede was derde met ‘n tyd van 06:39:04.

Wöstmann sou geskiedenis maak as sy vanjaar se marathon weer kon wen. Dit sou beteken dat sy vir die tweede agtereenvolgende jaar die Comrades-vrouewedloop sowel as die Twee Oseane-marathon gewen het. Derek Preiss is die enigste ander atleet wat dit nog kon regkry – in 1974 en 1975.

Wöstmann het verlede jaar die eerste Suid-Afrikaner geword om die Comrades-vrouewedloop te wen sedert Rae Bisschoff in 1998 daarin geslaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Joann ·

Ja maar Caroline is deur twee moterfietse gestamp. Sy moet dit nie daar los nie.

Cherokee ·

En daardie motorfietsryers moet nie weer op die baan toegelaat word nie. Dit is ter wille van die kameras wat hulle reg langs haar wou ry. Hulle moet verbied word op enige ander baan.

Morné Summers ·

Sy het duidelik in die motorfiets vas gehardloop, wat n ketting reaksie tot gevolg gehad het… Ek moet toegee dat die 2de motorfiets ryers se aandag dalk nie voor hom was nie.

Javctn ·

Asseblief maroela. Ek dink nogal julle verslaggwing is nie swak nie, maar hierdie berig is totaal sensasie soek. Sy was al voor die insident totaal moeg en het voorgekom of sy uit was op haar voete. Sy het wel in die motorfiets vasgehardloop, maar geen motorfiets het haar van agter getref nie. Die insident het ook geen uitwerking op haar uitslag gehad nie want sy was reeds moeg en het probleme gehad. Interessant het ek vir mense gesê kyk nou hoeveel twak die verslaggewers nou gaan skryf.

Gerhardi ·

Stem saam met Javctn. Sy was basies uit op haar voete , het nie haar lyn gehou nie en is beslis nie “raakgery” deur die agterste motorfiets nie

Retha ·

Stem saam. SY het in motorfiets vasgehardloop. Sy het na sy kant toe beweeg en sy het na 2de motorfiets toe beweeg. Sy het gedisorienteerd gelyk. Haar eie skuld sou ek sê.

Christie ·

Ja sy moet die saak nie daar los nie Wat soek hulle in elk geval so na aan die atlete

Hetta Labuschagne ·

Se die ecperts way nog nooit comrades gehardloop het nie. Nie n idee wat se implikasie so iets op jou fisies en geestelik het, op daardie afstand nie. Motorfiets was verkeerd moes gesorg het dat hy uit die pad is. As julle al gehardloop het sal julle weet iewers kry jy daai af gevoel en dan kry jy weer n tweede asem. Sal dit ook verder vat!

Javctn ·

Interessant hoe jy kan aflei wie het al wat gedoen. Lees die berig mooi. Die motorfiets links was verkeerd. Die punt is dat sy reeds soveel probleme gehad het dat sy in elke geval nie beter kon doen nie. Sy self herken dat sy op was.

kykweer ·

Sys klaarblyklik oppad na die kant van die pad toe om n verversing te kry.. want sys moeg en hulle is vir daardie doel beskikbaar. Die motorfietse moes beter gedink het…

cobusp ·

Ai mense in die land van die blindes is die eenoog koning…….kyk weer is heeltemal reg sy het na die kant van die pad beweeg na die water punt vir water en die motorfiets het haar geblok was in haar blind spot……..dit was nie haar skuld nie dit was die motor fiets se skuld

Paul dB ·

Goed, ek het die Comrades al 11 maal foltooi. Eerstens sal ek erken dat die motorfiets links agter haar te naby was, maar sy het eintlik meer in hom vas gehardloop as wat hy in haar vasgery het. Die punt is eintlik dat die motorfiets weinig tot geen impak op haar gehad het. Sy was toe reeds gedaan. Die fiets het haar linkerbeen effens geraak, maar dit was duidelik dat sy regs gekramp het. Die fiets en motorfiets agter het nie aan haar geraak nie!
Maroela, hierdie berig is swak en sensasie. Dit boesem gladnie vertroue in in julle beriggewing nie. Neeman, kry die feite reg asb?
Onthou ook net dat hierdie fietse en motorfietse frywilligers is wat help om hierdie voorste hardlopers te beskerm. Die fiets was dalk te naby en het hopenlik nou hieuit geleer. Die balaans is egter maar moeilik. Indien van die skare nou een van die hardlopers verhinder, dan wil almal nouweer weet waar was die beamtes dan. So, hierdie was ‘n frats wat vey kon gewees het maar dis Altyd maklik ma die tyd om dit of dat kwyt te raak. Gelukkig het. Ditweinig tot geen impak op haar wedloop gehad….
Sterkte vir Altwee die atlete, hulle is puik!

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul dB

Dankie vir jou kommentaar. Die “hoogdrama” in ons opskrif verwys nie na die voorval met die motorfiets nie, maar eerder dat Wöstmann in ‘n stadium bykans 12 minute voor Bosman was en Bosman uiteindelik as wenner weggestap het. En Wöstmann wat deur die pyn kon deurdruk om uiteindelik steeds in die tweede posisie klaar te maak.

Ons het op ons naels gekou tydens die laaste paar kilometer, en daarom voel ons dat “hoogdrama” nie enige onnodige sensasie probeer wek het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Retha ·

12 min voor ja. Tog het Charne 5 minute vroeër as Wostman se wentyd ingekom wat wys dat Charne meer stamina as sy gehad het en haarself gepace het tot die einde.

rb ·

Mense hou op om advokaat te seel. Daardie motorfietse het ñ doel. Die fiets het ñ elektroniese aparaat moet so naby moontlik aan atleet bly
vir statistiek terug voering .
Sy het haar lyn verloor en oor gehel na links teen motorfiets vas

Griki ·

Ag nee, sy verdien spesiale vermelding. Om na haar ongeluk klaar te maak so kort na die wenner is ‘n prestasie op sigself. Soiets kan jou lelik omver gooi. Ons sal nou nooit weet wie die wenner sou gewees het as daar nie ‘n ongeluk was nie.

Lourens Maritz ·

Ek was n beampte op die roete, met 200 meter voor die atlete die stadion ingaan kon ek sien dat Wostman is uit op haar voete. Welgedaan Wostman dat jy die wedloop waardig voltooi het sonder verskonings. Die moed wat jy uitgestal het verdien vermelding. Ystervrou!

Luister ·

Dit is jammer dat die ongeluk gebeur het. Welgedaan aan die 2 dames.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.