[Video] Huis binne vyf minute beroof

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Beeldmateriaal van ʼn veiligheidskamera toon hoe rowers op ʼn huis in Edenvale, Johannesburg, toeslaan en binne slegs vyf minute met ʼn televisiestel, skootrekenaars en juweliersware vlug.

Die beeldmateriaal, wat deur Edenvale Journo van Bedfordview and Edenvale News op YouTube gelaai is, toon hoe die verdagtes glo Sondagmiddag voor die huis in Illiondale stilhou en die interkom by die hek druk.

Toe daar geen antwoord is nie, lig die verdagtes binne ʼn oogwink die hek met ʼn koevoet op om dit oop te maak. Hulle verkry buite sig van die kamera toegang tot die huis, voordat daar gesien kan word hoe hulle ʼn televisiestel en ander items in die motor laai. Binne vyf minute is hulle weer uit by die hek.

Maroela Media het sedert Donderdagmiddag probeer om kommentaar van die polisie te kry, maar het teen Vrydag nog geen inligting ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Elza ·

Sigbare en betroubare polisiemanne en vroue , asook sekuriteitsmense in elke omgewing en voorstad sal booswigte uithou en selfs vastrek,

Riaan ·

Kyk so word ons daagliks bedreig dis nou een land wat burgers leef soos tronk voëls Die buite land lag vir ons en ons sit soos paddas en probeeer alles reg praat en word gevang met ons broeke om ons enkels word WAKKER SUID AFRIKA

marlene muller ·

ek stem saam met riaan kan ons nie n goeie mens soos donald trump kry met rug raad wat sal op staan en se genoeg is genoeg nie asb dit word net erger elke dag en die goverment doen niks om ons te beskerm nie so ons sal moet saam staan en begin opstaan en gou ook. ons moet ook ons eie stukkie grond kry waar ons ons self n goverment kan stig ons eie in komste belasting vir ons eie goverment betaal ons eie universiteite en skole banke en sommer hospitale ens laat ons sien hoever kom hulle sonder ons inkom belasting geld en ons boere kan dan net aan ons kos voor sien laat die goed self sien en kom klaar

humor ·

Geen twyfel. Die veiligheidsdienste moet agter die kap van die byl kom. Hierdie misdadigers onvang iewers opleiding om hul moord en rooftogte te voltrek. Die vraag is waar en wie bied hierdie opleiding. Ons kan dalk baie verbaas en geskok wees. Geld spreek baie hard.

humor ·

Maroela, regtig ek wag dat my kommentaar geolaas word. Ek reken dit is regtig binne die vereistes wat u stel.

Mariné Lourens ·

Dagsê Humor

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dan soms ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk net bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Jef ·

Dit lyk my na n nuwe kar wat hulle in ry, ag dit sal seker ook gesteel wees.

Jef ·

Wel Humor my kommentaar word ook nie geplaas nie en ek weet baie seker dat ek niks verkeerds gese het nie, ek het my ook aan bepalings en voorwaardes gehou.

Tollies ·

Ek dink regtig die gene wat weg van hul eiendom gaan om n bietjie te geniet en terug kom

en hulle besittings is onaangeraak soos hulle dit ager gelos het – hulle is geseën

Ronnie ·

En het iemand darem die helderheid van verstand gehad om die eienaar van die rooi motor op te spoor?

Anoniem ·

Hoekom sal ons hulle nou vang ? Die huis eienaars het mos versekering.
Pateties dat SAP nog nie reageer het nie. Red nou ons volk asb!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

mollie ·

Selfde met ons gebeur …3min… vandat alarm afgegaan en sekuriteit opgedaag het.

humor ·

Jef. Kan nie verstaan nie. Het min of meer die volgende gese. Met hierdie rooftogte wat so knap binne 5 min plaasvind ,bevestig dat hierdie misdadigers opleiding ontvang. Waar en deur wie weet ons nie. Geld praat hard. Ons kan dalk verbaas en geskok wees. Veiligheidsmagte behoord hieraan aandag te gee.

Johan ·

Hulle het reguit na daardie huis gery, moes ñ wenk gekry het dat die mense weg is. Net die klokkie gedruk om seker te maak.

Gerhardt ·

Met arbeid, soos enigiets anders, is goedkoop koop, duurkoop, as julle nou verstaan wat ek sê.

André ·

Ouens.goeie meganiese en tegnologiese afwerings sal n teenwerking wees/word. Maroela/solidariteit-wat van n kompetisie onder lede om die algemene huis beter te beveilig op n goedkoper manier? Bv daar moet n eenvoudige manier wees om te verhoed dat skuif hekke so maklik deurdring kan word…deel van die toekoms beweging kan ook gratis inspeksies van lede se huise insluit om raad te gee.

Joann ·

Weet jul nou nog nie n skelm word so gebore en daar is baie van hul in ons land. As de leiers kan steel hoekom nie die gewone man ook nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Joann

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dan soms ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk net bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Oom Kalahari ·

Soms het mens nie meer woorde en gevoelens neem oor met sulke dinge.

Francie ·

Dieselfde het my kinders in ‘n veiligheidskompleks in die Kaap oorgekom.
Die tyd vandat die motor deur die hek gery het, tot hulle weer daar uit is was 15 minute. In daardie tyd is 2 woonhede oopgebreek en beroof – baie selektief daarby. TV , rekenaars, mikrogolfoond, kamara, juwele, ens. Die deur is met ‘n koevoet oopgebreek en erg verniel. Dis traumaties om na ‘n dag se werk jou huis in so ‘n toestand te kry en dadelik vir die nag veilig te maak. Die
polisie het eers 2 dae later kom vingerafdrukke neem!
Marlene Muller: In watter wêreld leef jy? Spaar Amerika ‘n president genaamd Donald Trump – ‘n sprekende voorbeeld dat geld nie alles in die lewe kan koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.