[Video] Huise glo oor vermiste kind aan die brand gesteek

Foto: Verskaf

Drie huise is Dinsdagaand in Rustenburg in Noordwes aan die brand gesteek, glo in verband met ʼn 14-jarige meisie wat Vrydag vermis geraak het.

Kapt. Elsabé Augoustides, woordvoerder van die polisie, het gesê die huise in Ooseinde is na bewering deur lede van die plaaslike gemeenskap aan die brand gesteek. Die inwoners beskuldig glo die huurders, wat almal buitelanders is, dat hulle verantwoordelik is vir die verdwyning van die meisie.

Volgens Augoustides het die meisie, wat op sosiale media as Gomolemo Haraba geïdentifiseer is, verdwyn nadat sy nooit Vrydag van die skool af teruggekeer het huis toe nie. Augoustides het gesê die meisie se familie het eers self probeer om na haar te soek deur vriende en familie te nader en te kyk of sy dalk elders oorgeslaap het, maar het haar uiteindelik Sondag as vermis by die polisie aangemeld.

Augoustides het gesê niemand is tydens die huisbrande beseer nie en daar was ook nie geweld wat met brandstigting gepaardgegaan het nie. “Die situasie in Ooseinde is tans kalm. Sake van brandstigting word ondersoek,” het sy gesê.

Sy het gesê die soektog na die vermiste kind duur steeds voort. Enigiemand met meer inligting oor Gomolemo se verdwyning kan sers. Ernest Modise, die ondersoekbeampte in die saak, by 060 967 3932 of 073 189 9343 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris Ws ·

Zeno,net ‘n koreksie – die huurders is uitlanders.Dis nie hul eiendom nie maar iemand anders sn!Ek het 40 jaar in Rustenburg gewoon maar sal nooit weer daar gaan bly nie.Dis nou ‘n kriminele nes.

Willie ·

Die grootste problem met die kataarsnare, hulle sweep op en gaan mal… jy kan hulle nie beheer nie… Snaaks hoe hulle kan reg in eie hande kan inneem… niks word gedoen nie… dis altyd iemand anders….

Nico ·

Die huise wat afgebrand was behoort almal aan Nigeriërs wat handel met dwelms en slegte dinge wat hulle voor bekend is so dit is ñ goeie ding.Ek ken daai area en dit is vol dwelms en duiwels wat daar rondhang wat gepaard gaan met prostutisie en mensehandel en allerhande misdaad so ja ek sê brand nog af sodat hulle kan teruggaan na hulle land toe en ophou om ons land te vergiftig.

wettelose land ·

Dis asof n negatiewe gebeurtenis goed gepraat word deur by te voeg dat daar geen geweld was nie. Met ander woorde as ek n kar steel is dit reg, net niemand seermaak in die proses nie

Annelize ·

Zeno, dit gaan oor baie meer as net die vermiste meisie. Die Nigeriers, dis die buitelanders na wie verwys word, het Rustenburg besmeer met dwelms en prostitusie. Almal in Rustenburg, ongeag jou ras, is al soos in verby keelvol vir die Nigeriers. Rustenburg het in ‘n hool ontaard, en jy kan maar gaan kyk, 90% van die gevalle is die Nigeriers te danke. Die huise wat gebrand is, is bekend vir dwelms en prostitusie. Die Nigeriers “run” hier die prostitusie nen dwelm kartel. Nou laat ek dit hier se, dit wat gisteraand gebeur het, is reg. Die strate in Oos-Einde is helder oordag besmeer met die prostitute. Nou moet jy daar verbyry met jou kinders in die kar, en party kon maar die moeite gespaar het om iets aan te trek. Die gemeenskapslede moet asb na my toe kom, ek sal hulle wys waar die res van die hole is, ek sal die petrol gee, die res moet ook brand. En ek weet waarvan ek praat, ek bly my lewe lank al Rustenburg, en my man wat tot einde September toe in die Polisie hier.

Ilse ·

Ek stem. Die mense wat die prostitute oplaai kom parkeer sommer onder my ouers se afdak om die daad te doen. Nee sies man. My swaer het hulle probeer verjaag voor sy hek en hy het dreigemente ontvang dat hulle sy huis gaan petrolbom. As dit dan al manier is om ontslae te raak van hulle en hulle druglords – gaan voort asb. Solank onskuldige mense nie seerkry nie.

Penelope ·

Ek sou seker ook so opgetree het as dit my kind was, maar ek is so bly daar is van hierdie huise afgebrand. Dis al manier wat jy die Nigeriers uit die buurt sal kry. Hier is baie van hierdie huise in Rustenburg en ons moet daagliks verby hulle ry, terwyl hulle jou aangluur….
Hulle is verantwoordelik vir baie jong meisies van enige velkleur se ondergang, hulle staan openlik en kyk hoe die “meisies” op en afgelaai word. Sommige meisies is seker nie eers 13jr oud nie….Jy kan partykeer nie eers by jou eie hek indraai soos wat hule die sypaaie oorneem nie. Daar is gedurig bakleiery oor dwelms en dan is dit net skote reg rondom jou. Dit gaan nie beter word as die gereg nie ingryp nie. Baie keer staan polisievoertuie ook en by die spesifieke huise, hulle gesels openlik oor die heinings. Rustenburg is in ‘n toestand agv hierdie tipe mense. Dankie vir die Rustenburg Buurtwag en al die ander groepe wat patrolleer en probeer ‘n verskil maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.