Mandy de Lange, ʼn inwoner van Umhlanga in KwaZulu-Natal, se huishulp is in hegtenis geneem nadat sy glo De Lange en haar vier kinders probeer vergiftig het.
De Lange het in ʼn onderhoud met eNCA gesê sy en haar kinders het verlede week almal siek geword nadat hulle vergiftigde koffie en vrugtesap gedrink het. Sy het agterdogtig geraak oor haar huishulp wat sy vier weke gelede aangestel het. Die gesin het al hul kosbestanddele nagegaan en ontdek dit is vermoedelik besmet.
Sy het die huishulp daaroor konfronteer, maar dié het dit ontken. Die polisie is ontbied en hulle het ʼn blou poeierige stof en ʼn verdagte vloeistof in haar besit gevind.
Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die 47-jarige vrou Woensdag in die Verulam-landdroshof verskyn het op aanklagte van algemene aanranding. “Die rede vir die voorval is nog onbekend. Die poeier en die vloeistof is vir toetse gestuur om te bepaal wat dit is,” het Naicker gesê. Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Die insetsel is deur eNCA vervaardig.
Raak ontslae van huishulpe, ‘n bietjie stof hier en daar is nie die einde van die wereld nie. Probeer sover moontlik self huistake verrig, en dit waarby jy nie vandag uitkom nie, more is nog ‘n dag.
Ek stem saam met Marlene, doen jou werk self en bly veilig. Jong mense kan hul ouers help as die ou mensies nie meer kan nie.
Ek het 84 werkers afgesit en my besigheid toegemaak. Nou het ek rus van diefstal en ANC bee. Laat hulle gaan wit vroue julle kan en sal goedkoper leef.
Minder kombuisgereedskap wat aangevul moet word sowel as kruideniersware wat voete kry ook.
Tot die tandepasta gaan langer hou, vra my. Jigggg. !
Nee wat. Ons kom goed klaar sonder die huishulpe. Jy kan hul (meeste van hul) nie meer vertrou nie. Hul werk 15 jaar vir jou, wen jou vertoue, ken alles in jou huis (tot die alarm se kode).
Dan, op ‘n dag, draai hulle skiellik (soms sonder enige rede) teen jou en jou gesin. Die een sommer na net 4 weke!!!
En waarom word sy aangekla van ‘algemene aanranding?’ Is dit dan nie ‘poging tot moord nie?’
‘n Mens wonder of sy dit al vantevore gedoen het. Miskien het sy ‘n geskiedenis van een of ander sielkundige afwyking.
Ek stem saam, ek het 3 huishulpe voorheen gehad in SA en almal het gelieg en gesteel. Kom eerder klaar sonder n huishulp. Ons bly nou in North Carolina en hier doen mense hulle eie huiswerk en tuin werk. As ek net my ouma en oupa vertrou het toe hulle jare terug vir my gese het: jy kan hulle nie vertrou nie en hulle was reg.
Ons woon reeds vyf jaar in Kanada en werk albei voltyds. Ons huis en tuin verg baie aandag maar ons doen dit met plesier self. Ongelukkig is huiswerk ‘n werksgeleentheid vir so baie in SA en dis jammer dat dinge in ons land altyd so verkeerd loop.
.