Video: Ikeys-speler rand glo vrou aan

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Student van Potch Akademie beweer ʼn Ikeys-rugbyspeler het haar Maandagaand na die Varsitybeker in ʼn restaurant aangerand.

The Citizen berig dat Irini Agathagelou (21) op Facebook beweer dat sy na Maandagaand se Varsitybeker-finaal in Potchefstroom in Noordwes aangerand is. Die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) het die Varsitybeker gewen deur die Noordwes Universiteit (Pukke) met 36-33 te klop. Agathagelou beweer dat ʼn Ikeys-speler en ʼn Puk-speler na die wedstryd in ʼn Wimpy-restaurant handgemeen geraak het. Agathagelou beweer sy het die bakleiery probeer stopsit waarna sy met ʼn vuis deur die gesig geslaan is.

Gerda Kruger, woordvoerder van die Universiteit van Kaapstad, sê hulle is geskok deur die voorval. Sy sê dr. Max Price, vise-kanselier, het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur. “Ons sal verseker dat die voorval deeglik ondersoek word en sal nie huiwer om op te tree indien enige van ons studente hulself skuldig gemaak het aan onbehoorlike of kriminele gedrag nie.”

Die video is intussen van The Citizen se Youtube verwyder. Klik hier vir meer inligting en ‘n skakel na dieselfde video wat deur ‘n ander gebruiker opgelaai is. 

http://youtu.be/TNSoZ_1evuI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elmarie ·

Jammer maar ek kan dalk nie daar gewees het nie, maar vir my lyk dit NIE of sy dit probeer stop het NIE. Sy kom ingehardloop en slaan hom teen die kop terwyl hy vasgedruk word deur ander mans. Sodra hulle hom los gaan sy aan om hom te slaan. Wat moes hy doen? Hy was aangeval deur `n groep en toe hy los is het hy hom net self probeer verdedig deur `n hou uit te deel en omrede sy toe al een was wat nog houe uitdeel toe word sy deur hom geklap. Ek dink nie eers hy het op daardie staduim gedink dat sy `n vrou is nie. Dalk moes hy net harder geklap het sodat sy kan besef dat as jy kan uit deel kan jy ontvang ook. Sy is GLAD NIE onskuldig nie. Sal haar leer om haar nie in te meng met mans sake nie en nie saam te baklei nie want dan kry sy saam pakslae!

Karen ·

Ekskuus, so as 7 mans iemand wat jy voor omgee aanrand dan staan jy doodstil en toe kyk?

Johann ·

Ekskuus Karen, sy het die fight gejoin. Hy moes haar meer gewerk het.

Nadine ·

Ek stem 100 % Elmarie. Sy het dit uit en uit verdien. Dankie tog daar is video anders sou die jong man homself moes verdedig en niemand sou hom glo

Ou-puk ·

Ja-nee wragtig waar! Sy het opsetlik ingekom en hom aanhoudend met ‘n skoen teen die kop geslaan. Hy’t homself net probeer verdedig teen ‘n klomp mense op een slag en sy’t ook in die slag ‘n hou gekry. Meisie, enige iemand met selfrespek sou nie gedoen het wat jy gedoen het nie. Hou op om die slagoffer te speel. As jy jouself vir ‘n toffie uitsit gaan jy gekou word.

Elize ·

Wat soek sy tussen die manne as hul veg, manne is blind in so n situasie, en wil net verdedig, sy het nie daar gehoort nie! Daar was genoeg ander manne om te help. In my lewe sal ek nie inmeng in n geveg nie, om slae te kry is seer man :)

Marinda ·

Sy het gesoek daarvoor! As jy kan uitdeel moet jy kan ontvang ook!

Suzette ·

Laat dit vir haar ‘n les wees. Potch dames studente moet hulle gedra soos dit hoort. Indien hulle hulself nie skuldig maak aan so iets nie steek hulle die manlike studente op om onskuldige mense aan te rand en vir dood agter te laat. Het persoonlike ondervinding van so 7 jaar gelede waar my kind vir dood agter gelaat is. Die vroumens wat daarvoor verantwoordelik was gaan met haar lewe aan EN is glad nie van stryk gebring oor dit wat sy aangevang het nie. Mag sy daai hou vir ewig onthou. Goed so!!!!

Venesa ·

Nou wat verwag sy, sy het die ou met wat lyk soos n skoen aanhoudend op die kop geslaan.nee wat suster jy het daai hou verdien.

Linda ·

Tannie as jy dit wil uitdeel soos ‘n man – moet jy dit kan vat soos ‘n man – jy is glad nie so onskuldig nie – die slaner moet sy gatvelle dank vir hierdie ‘footage’

Martie ·

Dit was nie haar plek as dame om in te meng nie, MAAR gaan kyk mooi na die video (0:42). Hy het haar netjies opgelyn en tóé gemoker en selfs ń tweede hou probeer inkry!! Siestog dat só groot lummel voel hy moet homself verdedig teen ń meisie DIE HELFTE sy grootte met ń hou wat Mike Tyson sou laat sterretjies sien het!? Feit is, albei is aanspreeklik maar hoe jy optree in enige situasie (véral waar jy ń probleem moet oplos) spreek boekdele van jou integriteit en opvoeding!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.