[Video] Inwoners bekommerd oor rioolvuil

‘n Skermskoot uit die video.

Inwoners sê ‘n rioolvuilkrisis dreig in die Mogale City-munisipaliteit aan die Wes-Rand.

Die munispaliteit sê egter hy sukkel om sy begroting te rek om ou infrastruktuur te vervang terwyl die bevolking ook vinnig groei.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakkalas ·

Hoeveel het die Burgermeester se Chinese toer gekos saam al sy kronies???

ELIZABETH ·

Mogale City moet wakker skrik. Praat van geen instandhouding , kyk hoe lyk Bob van Reenen
Stadion alsoluut in in vervalle toestand. Die Krugersdorp Wildtuin was n lieflike plek nou het dit agteruit gegaan. 10 Miljoen Rand was bewillig vir opgradering en onderhoud, niks het gebeur nie. Nee Mogale City die behoeftes van julle belasting betalers word definitief nie eerste gestel nie. Daar was probleme met die inwoners se rekeninge vir maande lank. Straatname word verkeerd gespel en die dorp is vuil. Dankie maar nee dankie ek wil nie daar bly nie.

CHRISTA ·

Haai, moenie OU infrastruktuur blameer nie!! Julle is al 23 JAAR in beheer en julle kon nie jaar na jaar infrastruktuur wat uitgedien was vervang nie? Julle het 23 JAAR kans gehad om dit te doen!! Moet iemand eers vir julle ‘n prentjie kom teken en mooi verduidelik WAT sal gebeur as julle dit nie doen nie? Doen hierdie burgermeester NOOIT enige onderhoud aan SY huis of motorvoertuig nie? WAT ‘N GRAP!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.