[Video’s] Inwoners ontruim ná hoofwaterpyp bars

'n Skermskoot uit een van die video's. Die video's volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit een van die video’s. Die video’s volg onderaan die berig.

Inwoners van twee veiligheidskomplekse in die suide van Johannesburg moes hul wonings Sondagoggend ontruim nadat ʼn hoofstroomwaterpyp gebars en ʼn fratsvloed veroorsaak het.

Volgens die Glenvista-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) moes sommige inwoners van Tiffany Gardens en Bassonia Rock in Bassonia hul huise ontruim nadat die waterpyp omstreeks 04:00 gebars en vloede veroorsaak het.

“Sommige mense was in hul eenhede vasgekeer en moes deur beamptes van die brandweer gered word,” het die GPF gesê.

Ingenieurs van Joburg Water is op die toneel om die gebarste pyp te herstel.

Beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid is na toneel ontbied om seker te maak rekenskap kan van alle inwoners gegee word.

Sover vasgestel kan word, is geen ernstige beserings aangemeld nie.

Opvolg: [Video] Skade ná gebarste hoofwaterpyp fratsvloed veroorsaak

Residents in Tiffany Gardens Complex and Bassonia Rock in Bassonia unfortunately kick the year off with unexpected flooding caused we belive by a mainline water pipe burst.Some people were trapped in their units and the fire department had to rescue them. Fire Department, CPF and D&D are on scene. The water has been running since about 4am. Joburg Water engineers on route to scene.Update: water still flowing search and rescue called to scene to make sure all residents are accounted for. We went door to door with them to make sure everyone was accounted for and assess if any medical treatment was required.Stay dry – GV3

Posted by Glenvista Community Policing Forum on Saturday, December 31, 2016

More video of the flooding in Bassonia, refer to previous post.

Posted by Glenvista Community Policing Forum on Saturday, December 31, 2016

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

Al die water wat almal so bespaar het in n oogwink weer vermors

John ·

En ons dink hier in die binneland geen tsoenami sal ons nooit ooit tref nie.

Brie-brie ·

Weereens geen onderhoud op die bestaande pype. Almal word dan onder een hamerkop geplaas om water te bespaar sodat ons genoeg water in die vaaldam kan hê deur die departement water, dan gebeur dit en hulle kom nie hulle deel van die kontrak na nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.