Video: Jag dra miljarde by tot ekonomie

Rooibok (Argieffoto)

Jag dra nie net miljarde rande by tot die ekonomie nie, maar verseker ook die bewaring van wild. Só sê die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters).

Daarby dra die sogenaamde verbruiksjagters die meeste tot die ekonomie by. Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê daar is na raming 200 000 verbruiksjagters in Suid-Afrika –mense wat spesifiek jag om die vleis te gebruik.

ʼn Studie deur die Noordwes-Universiteit dui daarop dat internasionale en plaaslike jagters R13,6-miljard in Suid-Afrika bestee het in die 2016/2017-boekjaar.

“[Luidens hierdie studie] bestee elkeen van hulle so R58 000 per jaar aan jag. Dit gee vir jou ʼn somtotaal van ʼn bydrae van R11,6 miljard tot die ekonomie,” sê Camphor.

Intussen het beroepsjagters en trofeejagters se besteding in Suid-Afrika van R1,2 miljard tot R2 miljard toegeneem. Camphor meen jag se bydrae tot die ekonomie is van onskatbare waarde. “As jy ook dink aan dít wat bestee word om die wild beskikbaar te stel om te jag, sit jy nog ʼn massiewe klomp geld by. Dit is ʼn bydrae wat ʼn mens nie kan ignoreer nie. As jy jag sou stop, sal jy waarskynlik die beste deel van R20 miljard per jaar uit die ekonomie uithaal,” sê hy.

Boonop dra jag ook by tot die bevordering van wildbewaring, sê hy. “In die middel vyftigerjare was daar na raming, die parke ingesluit, altesaam ʼn halfmiljoen wilde diere binne die grense van Suid-Afrika. Die beraming is nou 19 miljoen stuks wild.”

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

M'Lady ·

Mnr Fred Camphor kan gerus die verslag (The Lions’ share? on the economic benefits of trophy hunting) lees. n Baie meer akkurate siening oor hoe min jag eintlik bydra to die ekonomie.

Daan Erasmus ·

Hierdie is ‘n studie deur Noord Wes Universiteit. Deur watter gerekende instansie is jou studie gedoen. Dit is darm in die top 5% van die wêreld se Universiteite

Baardbek ·

Aan M’Lay: Is u self betrokke in die wildbedryf? Indien nie, moet u asseblief BAIE versigtig wees vir aallerlei bogstories en vals sogenaamde “feite”!
Gaan kuier, en gesels in diepte met ware. voltydse wildboere, en maak dan ‘n ingeligte afleiding.
Geniet u dag!

Andrew ·

Ek het nie enige besonderhede nie, maar trofee-jag moet ‘n aardige inkomste wees. Daarby het jagplase sekerlik ook baie meer personeel, oftewel “job creation” opsies as baie boerderye.

Anoniem ·

Deur wie is dit opgestel M’Lady? Dalk deur die klomp groenes wat net wil groentesop eet? Gee asb net 1 goeie rede hoekom jy dink wildgetalle sedert die vyftigerjare tot vandag soveel toegeneem het. Definitief nie omdat daar ‘n skielike aanvraag na wild fotos op poskaarte en almanakke was nie. Eerbare jagters benut die vleis en laat dit vir seker nie in die veld agter vir die jakkalse nie.

Ellisras ·

SA Jagters se verslag is ‘n wetenskaplike verantwoordbare verslag deur ‘n gerekende Universiteit. Watter geloofwaardigheid het die “ander” verslag.

Kobus ·

Aan M’Lady, aangesien ek my honeurs laas jaar klaar gemaak het onder die Tourisme Fakulteit by die NWU PUKKE en ons betrokke was by die data versameling van hierdie studies kan ek nou sê; hierdie statistiek is waar, ek is seker dit gaan sleg met party wildsboere daar buite. Hierdie statistiek staaf wat die bedryf as ‘n geheel klaar offer, dink net wat die bedryf in totaal reg kan kry as daar meer geinvesteer word in ons privaat wildsboere. Ons het met baie wildsboere reg oor Suid-Afrika gaan praat en die statistiek ingesamel. Ongelukkig kan ons jag bedryf nie voortbestaan sonder “Trophy hunting” nie, mense dink die wild bedryf is swart en wit, ons privaat boere kry niks ondersteuning en hulp van die staat af nie, die meerderheid van die wild in SA is op privaat grond. Hoekom gaan jy as ‘n wildsboer diere op jou grond hou wat die dra kapasitieit van die grond verminder as jy geen waarde aan hulle kan koppel nie. Dit is die sad truth van conservation, gaan kyk na lande soos Kenya en Botswana hoe hulle wild syfers in die rooi in geval het, het jy jouself ooit gevra hoekom dit dalk so kan wees? Maskien omdat hulle jag verban het? So die privaat sektor het geen rede om meer sulke duur bates op hulle grond te laat loop nie. In Afrika kan mens nie meer staat maak op regering instansies nie, dit is hoekom boere dit moet doen,

Hansgat ·

Net nog ‘n bedryf wat swaar gaan kry as die narre ons grond gaan vat.

Die waarheid ·

M’Lady sommiges hou nie van die waarheid nie en dit laat hulle ongemaklik. Die verslag wat jy noem ontbloot die jagbedryf.

Gauteng jagter ·

Graag wil ek bydra tot kommentare. Ek jag. Ek jag nou al vir 7 jaar op dieselfde plaas. Ek is n vleis jagter nie trofees nie. Ek skiet jaarliks genoeg om my yskaste vol te hou vir n jaar. Ek spaar groot om dit so te doen. Laat ek diegene verseker dat ek geen ” moord instink” koester nie. Inteendeel my hart breek elke keer as ek die sneller trek. Verder weet ek vir n feit dat die gelde spandeer word op die plaas vir verdere bewaring . Wat ek wel nie verstaan nie is dat mense jag afmaak as iets boos. Dink mense dat die hantering en slag van diere op slagpale beter is? Ten minste moet ek die bok soek ek moet hom uitoorle in sy eie omgewing.

Oop oge ·

Genesis 9
1 God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.
2 Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel.
3 Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.
4 Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.
5 Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe: van ‘n dier sal Ek rekenskap eis oor die lewe van ‘n mens, en van ‘n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens.
6 “Wie die bloed van ‘n mens vergiet, deur ‘n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
7 Maar júlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie!”

Nêrens het God ENIGE voorskrifte neergelê van watter wapen gebruik mag word, aldan nie …
God self het die eerste LAM geslag deur ADAM en dit sonder `n moderne mes… waarskynlik met `n skerp klip ….

ALLE diere sluit in – honde, katte, muise, ens …asook allerande voëls en visse en insekte… ALLES is vleis op voete…

Mens wonder somtyds waar die “greenies” hulle heiligheid vandaan kry ….

tamboti ·

Laaste punt, net die mensdom het probleem met moord, in die natuur is dit die enigste wet: Eet of word ge-eet! Dit is juis die verskil tussen mens en dier, dat mens volgens sy oordeel en dier volgens sy instink leef en dood. En let wel, net soos mense sterf alle dier ook, natuurlik of onnatuurlik.
So wat is die verskil as die leeu jag, of gejag word?

Ek wonder.. ·

Ek het al geleer om nie met n dwaas te redeneer nie. Hulle sal jou na hulle vlak aftrek en wen met onkunde. Dit is vir my baie interresant om te sien dat trofee jag volgens die studie so n klein deel van die jag inkomste uitmaak. As jy werklik wil sien hoe ons diere uitsterf, stop dan jag. Dit is al oor en oor bewys. Dankie vir n goed nagevorsde artikel sonder enige emosionele invloed.

DC ·

Liefde vir die natuur, bewaring en jag gaan hand aan hand. Die grondeienaars (boere) het deur verantwoordelike optrede, beplanning en investering die bedryf ontwikkel. Dis tans n integrale deel v toerisme en gee kos aan duisende. Lank lewe die jagbedryf .

Piet ·

……………………………….en almal wag in spanning M’Lady antwoord, maar die antwoord sal nie kom nie, want raai wie se “feite” val uit die bus uit dat die nerwe so trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.