Video: Jag dra miljarde by tot ekonomie

Rooibok (Argieffoto)

Jag dra nie net miljarde rande by tot die ekonomie nie, maar verseker ook die bewaring van wild. Só sê die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters).

Daarby dra die sogenaamde verbruiksjagters die meeste tot die ekonomie by. Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê daar is na raming 200 000 verbruiksjagters in Suid-Afrika –mense wat spesifiek jag om die vleis te gebruik.

ʼn Studie deur die Noordwes-Universiteit dui daarop dat internasionale en plaaslike jagters R13,6-miljard in Suid-Afrika bestee het in die 2016/2017-boekjaar.

“[Luidens hierdie studie] bestee elkeen van hulle so R58 000 per jaar aan jag. Dit gee vir jou ʼn somtotaal van ʼn bydrae van R11,6 miljard tot die ekonomie,” sê Camphor.

Intussen het beroepsjagters en trofeejagters se besteding in Suid-Afrika van R1,2 miljard tot R2 miljard toegeneem. Camphor meen jag se bydrae tot die ekonomie is van onskatbare waarde. “As jy ook dink aan dít wat bestee word om die wild beskikbaar te stel om te jag, sit jy nog ʼn massiewe klomp geld by. Dit is ʼn bydrae wat ʼn mens nie kan ignoreer nie. As jy jag sou stop, sal jy waarskynlik die beste deel van R20 miljard per jaar uit die ekonomie uithaal,” sê hy.

Boonop dra jag ook by tot die bevordering van wildbewaring, sê hy. “In die middel vyftigerjare was daar na raming, die parke ingesluit, altesaam ʼn halfmiljoen wilde diere binne die grense van Suid-Afrika. Die beraming is nou 19 miljoen stuks wild.”

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
M'Lady

Mnr Fred Camphor kan gerus die verslag (The Lions’ share? on the economic benefits of trophy hunting) lees. n Baie meer akkurate siening oor hoe min jag eintlik bydra to die ekonomie.

Hansgat

Net nog ‘n bedryf wat swaar gaan kry as die narre ons grond gaan vat.

Die waarheid

M’Lady sommiges hou nie van die waarheid nie en dit laat hulle ongemaklik. Die verslag wat jy noem ontbloot die jagbedryf.

Gauteng jagter

Graag wil ek bydra tot kommentare. Ek jag. Ek jag nou al vir 7 jaar op dieselfde plaas. Ek is n vleis jagter nie trofees nie. Ek skiet jaarliks genoeg om my yskaste vol te hou vir n jaar. Ek spaar groot om dit so te doen. Laat ek diegene verseker dat ek geen ” moord instink” koester nie. Inteendeel my hart breek elke keer as ek die sneller trek. Verder weet ek vir n feit dat die gelde spandeer word op die plaas vir verdere bewaring . Wat ek wel nie verstaan nie is dat mense jag afmaak as… Lees meer »

Oop oge

Genesis 9 1 God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde. 2 Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel. 3 Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. 4 Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie. 5 Wanneer julle eie bloed vergiet word,… Lees meer »