Die video volg onderaan die berig.
Die bekende Afrikaanse en operasanger Jannie Moolman is steeds in ‘n koma in ‘n Johannesburgse hospitaal. Dít ná hy die naweek erg beseer is tydens ‘n rampartytjie by ‘n kuierplek in Hartbeespoortdam. Weens die aard van sy beserings, word die moontlikheid nou ondersoek dat Moolman aangerand is.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Lees ook:
Jannie Moolman kritiek ná val
Ek hou eerlikwaar niks van rampartytjies nie. Voornemende bruidegomme word dikwels oormaat alkohol gevoer wat verreikende gevolge kan he. Dit gebeur ook dat bakleiery uitbreek, en die hele party is in sy dinges in. Wil enige bruidegom sy party so onthou? My swaer wat uitsluitlik met ‘n besonderse geleentheid ‘n drankie neem, het by die dood omgedraai na hy alkohol-vergiftiging opgedoen het en hospitaal toe gehaas moes word.
Mag jy volkome herstel Jannie, en sou dit waar wees dat jy aangerand is, hoop die skuldige sal geidentifiseer word en dienooreenkomstig gestraf word.