Video: Jansen verduidelik Afrikaans-uitlatings

Prof. Jonathan Jansen

Prof. Jonathan Jansen

‘n Storm het  losgebars om die kop van dr. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

Jansen het hom in ‘n onlangse lesing op dié kampus uitgespreek teen wat hy bestempel as wit, eksklusief-Afrikaanse skole. Die Afrikaanse Taalraad, Afrikanerbond, Afriforum én die VF+ het te velde getrek teen sy opmerkings. Jansen sê egter hy val nie Afrikaans as voertaal aan nie, maar wil wél sien dat Afrikaanse skole meer divers word.

Intussen is ‘n nuwe mediaverklaring van die Percy Baneshik-gedenklesing wat prof. Jonathan Jansen, Kovsierektor, onlangs gelewer het, is op die universiteit se webwerf geplaas.

Die nuwe mediaverklaring is gestroop van die omstrede stellings wat Afrikaanssprekendes op hol het,soos dat uitsluitlik Afrikaanse skole of selfs oorheersend blanke Afrikaanse skole ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou. Die nuwe verklaring gee ook duidelikheid oor sy standpunt oor moedertaalonderrig – dat dit handel oor die gehalte van onderrig wat sukses waarborg. Lees meer hier.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
wragtig

Ag man hy wil tog net verder lieg en mense opsweep. Verwyder die man van die toneel af

Vas Vat

Die wagwoord is, dink voor jy praat.

H J Bester

Prof Jansen het nog altyd baie respek afgedwing vir sy nugtere en goeddeurdagte sieninge en het ook daarin geslaag om die UV steeds die bakermat te maak vir baie blanke Afrikaners. Hy sal altyd hiervoor onthou word. Tog blyk dit dat Prof Jansen iets van die strewes, versugtinge, vrese en diep innerlike gevoelens van die Afrikaners nie begryp nie. Dis juis om hierdie rede dat Prof Jansen dit “normaal” vind om sy uitlatings te maak en om dieselfde rede dat die Afrikaners onthuts voel oor dieselfde uitlatings. En is dit juis hierdie greintjie onbekendheid wat daar bestaan van een volk,… Lees meer »

Ernie

As kinders wat in oorwegend wit skole is dan, volgens prof Jansen, wanaangepas is in die multikulturele samelewing, wat dan van swart kinders wat in oorwegend swart skole is?

Fanie

Die enigste rede vir die sogenaamde sukkle in die werksplek het niks te doen met die taal waarin onderig plaas vind nie maar wel agv van die poitieke doelwitte wat sterk in die werks plek gedryf word. Ek het n ruk laas so n “stupid” uitlaating van ons top academics gehoor.

Show me the empirical study that has been conducted that shows that afrikaans people are struggling in the work place!