Video: Jeremy Clarkson maak glo ‘grappie’ oor Oscar Pistorius

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, is opgeneem waar hy glo tydens die Clarkson, Hammond and May Live-motorvertoning in Johannesburg ʼn ‘grappie’ gemaak het oor Oscar Pistorius.

The Mirror berig Clarkson het vroeër die maand by die motorvertoning by die Coca-Cola Dome in Johannesburg glo gemaak of hy ʼn lid van die gehoor met ʼn verfbalgeweer skiet. Clarkson verwys dan vermoedelik na die saak van Oscar Pistorius, wat sy vriendin Reeva Steenkamp doodgeskiet het, deur te sê: “Ek het gedink hy is ʼn inbreker.”

James May, Clarkson se mede-aanbieder, vra dan: “Was dit ʼn lid van die gehoor wat jy pas in die badkamer geskiet het?”

Die video is deur die gebruiker Justin Bekker op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Colette ·

Ek was self daar gewees en gedurende d show het hulle al drie skersend na SA se politiek, Zuma se huis, ons krag of d tekort daaraan en vele ander dinge verwys.

Almal het lekker gelag en het nie sy opmerkings in swak smaak beleef nie. Ek glo werklik dus omdat hy Jeremy Clarkson is …. oor reageer mense bietjie.

Ek dink sy opmerkings behoort in konteks gesien word. Mense is vinnig om te oordeel maar het terselftertyd net so lekker saam gelag.

Francois ·

Hy is ‘n totale IDIOOT!! Hy was seker deel van die wat SA gedwing het om van apartheid ontslae te raak….NIEMAND maar ONS sit met die gebakte pere nie…hulle wat dit op ons afgewing het kyk nou lekker anderkant toe!

Lenee Malan ·

Francois jy is die IDIOOT. Hy het nooit Oscar se naam eers genoem nie…. en glo my ek is in Oscar se kant….. hy het na die feit verwys dat in die land almal die hele tyd alles moet toesluit en verseker en ons leef in vrees, want ons wonderlike regering het die land laat val tot op ‘n punt waar ons elke dag met inbrake leef, IN VREEEEEESS,.
so dit hang af wat in jou mind is, en daaraan sal jy die konteks link. Moet nie iemand sommer net so beledig sonder dat jy heeltemal die prentjie het nie. Dit se meer van jou as van hom.

Francois ·

Lenee-Tjie…..Het ek iears Osacr se naam genoem. Jy maak gevolgtrekkings wat nie niks van weet nie. JY is die idioot!

Hestie ·

Glad nie snaaks nie. Ons land is in sy maai in …… ek kan wragtig nie sien hoe iemand enige humor sien in die omstandighede waarin ons ons bevind nie….

Lenee Malan ·

Al die komediante wat ons land besoek grap oor ons land se swak toestand….. wat in my oë ‘n manier is om die wereld bewus te maak van die gemors wat Zuma en sy gesante aanvang. Hulle praat al tot oor hom in die oorsese hoë kringe. So ek dink dis fine. Wat moet ons doen … noet hy in trane uitbars en met ons simpatiseer???

Piet ·

Ja wragtag, dit gaan my verstand te bowe dat iemand dit kan snaaks vind dat ons land in sy maai is, of Oscar agv. die misdaad ook in n tragedie beland het. Dis die klomp Libtards wat ons elke dag nog meer skade berokken. Geen gevoel, geen begrip, geen verstand, en hulle standaarde daal elke dag meer tot die vlak van die barbaar.

Malinda ·

Wys jou wat dink die oorsese lande van ons eens lieflike land. So Jeremy het maar net gevoel hoe dit voel om deel te weez van die sirkus

Hestie ·

My kommentaar word nie geplaas nie….hiep hiep hoera…..dis dalk beter so….

Piet Spies ·

En? Wat daarvan as hy so gesê het? Is dit nuuswaardig?

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Ek is, ook Suid-Afrikaans en gekleurd, praat Engels. Maar ook vlot in Afrikaans en bly in Texas, in die Verenigde State van Amerika, en dink steeds dat ons, ‘n lieflike land het en verskil hemelsbreed vanaf die “gek” met baie eerbied en liefde hestel wat ons land so afkraak net omdat my mense nou die land bestuur. Kom tog net reg asseblief.

Lenee Malan ·

Captain Retired…… as jy nie in die land bly nie hou jou mond. ONs wat hier bly,,,,, en glo my ongeag ons kleur…. is gatvol vir hierdie regering wat ons bankrot steel….lees jou koerant en dan sal jy sien tot die buiteland dink Zuma is ‘n gek en ‘n joke. So bly hier en praat,,,,,, anders hou jou mond.
Hy het die waarheid oor ALLES gepraat….

Vic ·

En wie het jou die baas gemaak, Lenee? Jy het geen reg om iemand te beveel om stil te bly nie, of hy nou in of buite die land bly nie. Hy het n reg op sy opinie. Jou taalgebruik dui nie op goeie opvoeding nie. Jy verdedig n Engelsman, wat niks weet van Suid Afrika nie, maar n tragedie misbruik vir eie gewin. Dink jy regtig dis vanpas om a grap oor n vermoorde meisie te maak? Hoe dink jy voel haar ouers daaroor?

Dave ·

En jy het my ondersteuning Lenee. Ek hou van wat jy sê en hoe jy dit sê.

ig ·

Nou waaroor die bohaai.Daar is min mense wat nog nie een of ander grappie oor Oscar vertel het nie.

Marie de Kletk ·

Baie grappies oor Oscar MAAR ek is dankbaar ReevaSteenkamp was nie swart nie want dn het Oscar 100 jaar in tronk gesit.

snip ·

Niks tyd vir Jeremy Clarkson, dis nou n gutter kat wat status gekry het en wat dink almal wat asemhaal lag vir sy vrot en stink grappe. Sal Top Gear kyk as hulle hom verwyder.

Lenee Malan ·

Snip hy is nie ‘n gutter kat ……. is jy jaloers? Klink defnitief vir my so…..
Ek dink jy is heeltemal onregverdig met jou uitlating…. het hy iets oor jou gesê?

nig ·

Lenee wat se dof opmerking maak jy? Waarom sou snip nou jaloers wees? ‘n Regte laerskoolkind opmerking. Ai tog man. Ou Jeremy het maar geen sin vir smaak as dit by humor kom nie….

zelda ·

Hoekom so bohaai maak. Dis tog nie as of hy alles uit sy duim suig nie. Of is dit omdat hy bekend is?

zelda ·

Hoekom so bohaai maak. Dis tog nie as of hy alles uit sy duim suig nie. Of is dit omdat hy bekend is? SNIP hy is lank al versyder van top gear af.

Weskaper ·

Jeremy sal sy dag kry, die Here laat spot nie met sy maaksels nie, maak nie saak wat hy gedoen het nie, ons weet nie hoekom hy dit gedoen het nie.

rsa burger ·

Kaptein, jy bly in Texas en bly nog steeds n nie blanke rassis. Jeremy het niks met rassisme te doen nie. Kom by. Stop jou rassistiese opmerkings.

Lenee Malan ·

Ek stem vir daai een rsa burger. Laat hy sy Texan burgers eet en hom besig hou met sy ranching. laat ons die land se gemors self deurleef…..

nig ·

…en ou kaptein se kammige “vlot in Afrikaans..” nonsens! Hy kan nie spel om sy lewe te red nie. Nie in Afrikaans en nog minder in Engels.

Sollie ·

Jeremy is nou die en wat eenkeer hier was en gesê het hy het geen misdaad belewe en het heeltemal veilig gevoel, mense oorreageer oor misdaad in SA! Hy spoel sy mond maklik uit en is ‘n moeilikheidmaker wat sy humeur nie in toom kan hou as dinge nie na SY wil gaan nie – die wat hulle hom nie meer op Top Gear wil hê nie.

HENNA ·

VERDUIDELIK asb want ek verstaan nie – hoekom
kyk of luister die lenee’s en snippe en francois’s na
Jeremy as jul so oor hom voel ??

Elfie ·

Henna, ja! Maar veral hoekom MEKAAR persoonlik aanval, dis net so swak. Noem mekaar goed soos idioot ens – regtig mense. Persoonlik hou ek niks van Jeremy want hy het ‘n “chip on his shoulder” en min respek vir meeste mense. Maar nou-ja dis my menign oor hom, die ou waaroor die berig eintlik gaan en die swak smaak wat hy betoon met sy “humor”

Jaco Grobler ·

Dis so wonderlik om saam met julle klomp hier op Maroela te kuier, volmaakte wesens wat geen foute het nie en die oppergesag aanvaar het om op hoe stoele te sit en oordeel te fel. Goeie aarde, hoe kan ‘n mens jou siel so versindig oor ‘Clarkson’, Zuma, Pistorius of die toestand van die land ? As jy die grappie nie kan hanteer nie loop uit of weg, of sit die toestel af en vergeet daarvan. Dis ‘n goed gebalanseerde mens wat oor homself, sy eie nasie of sy omstandighede kan lag, soveel te meer as die sarkasme verdien word. Gal braak op ons foontjies raak SA se antwoord op alles, eerder as om deur ons optrede en aksies te bewys watter tipe mense ons is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.